Скачать книгу

Abram nege en negentig jaar oud was, het YAHWEH aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is ‘Êl shaddaî; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees (Gen 17:1).

      DIE ALLERHOOGSTE GOD: ‘ÊL ‛ELYÔN

      So lees ons dit

      En Melgisédek, die koning van Salem, wat ’n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring (Gen 14:18).

      So staan dit geskryf

      En Melgisédek, die koning van Salem, wat ’n priester van ‘Êl ‘elyôn was, het brood en wyn gebring (Gen 14:18).

      Engels: LORD

      Grieks: ΚΎΡΙΟΣ, KURIOS

      In die tweede weergawe van die skeppingsverhaal word ons vir die eerste keer daarvan bewus dat ‘Ĕlôhîym ook die Naam יהוה (YAHWEH) het.

      So lees ons dit

      So is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag. En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het. En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak. Dit is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskape is. Die dag toe die HERE God die aarde en die hemel gemaak het, was daar nog geen struike in die veld op die aarde nie, en geen plante van die veld het nog uitgespruit nie; want die HERE God het nog nie laat reën op die aarde nie, en daar was geen mens om die grond te bewerk nie. Maar ’n mis het opgetrek uit die aarde en die hele aardbodem bevogtig. En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ’n lewende siel geword. Ook het die HERE God ’n tuin geplant in Eden, in die Ooste, en daar aan die mens wat Hy geformeer het, ’n plek gegee. En die HERE God het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad (Gen 2:1-9).

      So staan dit geskryf

      So is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag. En ‘Ĕlôhîym het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het. En ‘Ĕlôhîym het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat ‘Ĕlôhîym geskape het deur dit te maak. Dit is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskape is. Die dag toe YAHWEH ‘Ĕlôhîym die aarde en die hemel gemaak het, was daar nog geen struike in die veld op die aarde nie, en geen plante van die veld het nog uitgespruit nie; want YAHWEH ‘Ĕlôhîym het nog nie laat reën op die aarde nie, en daar was geen mens om die grond te bewerk nie. Maar ’n mis het opgetrek uit die aarde en die hele aardbodem bevogtig. En YAHWEH ‘Ĕlôhîym het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ’n lewende siel geword. Ook het YAHWEH ‘Ĕlôhîym ’n tuin geplant in Eden, in die Ooste, en daar aan die mens wat Hy geformeer het, ’n plek gegee. En YAHWEH ‘Ĕlôhîym het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad (Gen 2:1-9).

      DAAR WAS VYF

      In die Skrif vind ons die name van vyf mense aan wie God sy heilige Naam, YAHWEH, openbaar het voordat Hy Homself op Sinai aan die Israeliete en aan die mensdom as God bekend gemaak het. Met vier van die vyf mense het God persoonlik gepraat. Die vyfde Ou-Testamentiese mens wat die Heilige Naam geken en op sy lippe geneem het, het God se Naam deur sy eienaar leer ken. God het sy Naam bekend gemaak en laat ken deur:

      1. ABRAHAM

      So lees ons dit

      Verder het Hy vir hom gesê: Ek is die HERE wat jou uitgelei het uit Ur van die Chaldeërs om jou hierdie land in besit te gee. En hy sê: Here HERE, waaraan sal ek weet dat ek dit in besit sal neem? (Gen 15:7-8).

      So staan dit geskryf

      Verder het Hy vir hom gesê: Ek is YAHWEH wat jou uitgelei het uit Ur van die Chaldeërs om jou hierdie land in besit te gee. En hy sê: Adonai YAHWEH, waaraan sal ek weet dat ek dit in besit sal neem? (Gen 15:7-8).

      So lees ons dit

      En Abraham het dié plek genoem: Die HERE sal voorsien! Sodat vandag nog gesê word: Op die berg van die HERE sal dit voorsien word. Toe roep die Engel van die HERE vir die tweede keer na Abraham van die hemel af en sê: Ek sweer by Myself, spreek die HERE, omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie, dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem. En in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat jy na my stem geluister het (Gen 22:14-18).

      So staan dit geskryf

      En Abraham het dié plek genoem: YAHWEH yireh! Sodat vandag nog gesê word: Op die berg van YAHWEH sal dit voorsien word. Toe roep die Engel (malâk, boodskapper) van YAHWEH vir die tweede keer na Abraham van die hemel af en sê: Ek sweer by Myself, spreek YAHWEH, omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie, dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem. En in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat jy na my stem geluister het (Gen 22:14-18).

      2. ELIËSER, ABRAHAM SE DIENSKNEG

      So lees ons dit

      Vir Eliëser het Abraham gesê: Lê tog jou hand onder my heup, dat ek jou kan laat sweer by die HERE, die God van die hemel en die God van die aarde, dat jy vir my seun geen vrou sal neem uit die dogters van die Kanaäniete onder wie ek woon nie (Gen 24:2-3).

      So staan dit geskryf

      Vir Eliëser het Abraham gesê: Lê tog jou hand onder my heup, dat ek jou kan laat sweer by YAHWEH, die ‘Ĕlôhîym van die hemel en die God van die aarde, dat jy vir my seun geen vrou sal neem uit die dogters van die Kanaäniete onder wie ek woon nie (Gen 24:2-3).

      So lees ons dit

      Eliëser het gebid:

      HERE, God van Abraham, my heer, laat ek haar tog vandag ontmoet, en bewys guns aan Abraham, my heer. Hier staan ek by die fontein, terwyl die dogters van die manne van die stad uitkom om water te skep (Gen 24:12-13).

      So staan dit geskryf

      YAHWEH, Elohei (‘Ĕlôhîym) van Abraham, my heer, laat ek haar tog vandag ontmoet, en bewys guns aan Abraham, my heer. Hier staan ek by die fontein, terwyl die dogters van die manne van die stad uitkom om water te skep (Gen 24:12-13).

      3. ISAK

      So lees ons dit

      Daarna het hy [Isak] vandaar opgetrek na Berséba. En die HERE het aan hom in dieselfde nag verskyn en gesê: Ek is die God van Abraham, jou vader. Moenie bang wees nie, want Ek is met jou; en Ek sal jou seën en jou nageslag vermeerder ter wille van Abraham, my kneg. Toe bou hy daar ’n altaar, en hy het die Naam van die HERE aangeroep en daar sy tent opgeslaan; en die dienaars van Isak het daar ’n put gegrawe (Gen 26:23-25).

      So staan dit geskryf

      Daarna het hy vandaar opgetrek na Berséba. En YAHWEH het aan hom in dieselfde nag verskyn en gesê: Ek is Elohei (‘Ĕlôhîym) van Abraham, jou vader. Moenie bang wees nie, want Ek is met jou; en Ek sal jou seën en jou nageslag vermeerder ter wille van Abraham, my kneg. Toe bou hy daar ’n altaar, en hy het die Naam van YAHWEH aangeroep en daar sy tent opgeslaan; en die dienaars van Isak het daar ’n put gegrawe (Gen 26:23-25).

      4. JAKOB

      So lees ons dit

      Daarop kom hy by ’n plek waar hy die nag oorgebly het, want die son was al onder. En hy neem een van die klippe

Скачать книгу