Скачать книгу

het Hy gesê: Jy kan my aangesig nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie (Eks 33:18-20, 1953-hersiening).

      So staan dit geskryf

      Daarop vra hy (Moses): Laat my tog u heerlikheid sien.

      Maar Hy antwoord: Ek sal al my majesteit (tûb = goedheid, skoonheid, vreugde, blydskap, majesteit) by jou laat verbygaan en voor jou die Naam van YAHWEH (die HERE) uitroep; maar Ek sal genadig wees vir wie Ek genadig wil wees, en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.

      Verder het Hy gesê: Jy kan my aangesig nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie (Eks 33:18-20, 1953-hersiening).

      EK IS WAT EK IS

      So lees ons dit

      Hierop het Moses tot God gespreek: Maar as ek by die kinders van Israel kom en aan hulle sê: Die God van julle vaders het my na julle gestuur, en hulle my vra: Hoe is sy naam? – wat moet ek hulle antwoord? En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur. Toe sê God verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel: Die HERE, die God van julle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is my Naam vir ewig, en dit is my gedenknaam van geslag tot geslag (Eks 3:13-15).

      So staan dit geskryf

      Hierop het Moses tot God gespreek: Maar as ek by die kinders van Israel kom en aan hulle sê: Die ‘Ĕlôhîym van julle vaders het my na julle gestuur, en hulle my vra: Hoe is sy naam? – wat moet ek hulle antwoord? En ‘Ĕlôhîym sê vir Moses: Hâyâh ‘ăsher hâyâh (EK IS WAT EK IS). Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: Hâyâh (EK IS) het my na julle gestuur. Toe sê ‘Ĕlôhîym verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel: YAHWEH (die HERE), die ‘Ĕlôhîym van julle vaders, die ‘Ĕlôhîym van Abraham, die ‘Ĕlôhîym van Isak en die ‘Ĕlôhîym van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is my Naam (Shêm) vir ewig, en dit is my gedenknaam (zêker zeker, erenaam) van geslag tot geslag (Eks 3:13-15).

      DIE GOD VAN DIE HEMEL

      So lees ons dit

      Maar omdat ons vaders die God van die hemel vertoorn het, het Hy hulle oorgegee in die hand van Nebukadnésar, die koning van Babel, die Chaldeër; hy het hierdie huis verwoes en die volk na Babel weggevoer (Esra 5:12).

      So staan dit geskryf

      ELOÏ, ELOÏ, (ΕΛΩΙ ΕΛΩΙ) LAMA SABAGTÁNI

      So lees ons dit

      En die negende uur het Jesus met ’n groot stem uitgeroep en gesê: Eloï, Eloï, lama sabagtáni? wat, as dit vertaal word, beteken: My God, my God, waarom het U My verlaat? (Mark 15:34).

      En die negende uur het Jesus met ’n groot stem uitgeroep en gesê: ελωι ελωι λαμμα σαβαχθανι wat, as dit vertaal word, beteken: My God, my God, waarom het U My verlaat? (Mark 15: 34).

      Elōi (my God) is Chaldese Aramees.

      Lama (lamma) is Aramees.

      Sabachthani, ’n angsroep, is Chaldese Aramees.

      Wanneer Jesus aan die kruis hang, sê Hy die woorde van Psalm 22:1. Die psalm is dus ’n profesie, en Hy in wie die profesie vervul word, Jesus Christus, is die Seun van God.

      So lees ons dit

      My God, my God, waarom het U my verlaat? (Ps 22:1).

      GOD VAN ABRAHAM, GOD VAN ISAK, GOD VAN JAKOB

      So lees ons dit

      Toe sê God verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel: Die HERE, die God van julle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is my Naam vir ewig, en dit is my gedenknaam van geslag tot geslag (Eks 3:15).

      So staan dit geskryf

      Toe sê ‘Ĕlôhîym verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel: YAHWEH, ‘Ĕlôhîym van julle vaders, ‘Ĕlôhîym ‘abrâhâm, ‘Ĕlôhîym yitschâq en ‘Ĕlôhîym ya’ăqôb, het my na julle gestuur. Dit is my Naam vir ewig, en dit is my gedenknaam van geslag tot geslag (Eks 3:15).

      So lees ons dit

      My Sterkte, tot u eer wil ek psalmsing, want God is my rotsvesting, my genadige God (Ps 59:17).

      So staan dit geskryf

      My Sterkte, tot u eer wil ek psalmsing, want ‘Ĕlôhîym is my rotsvesting, ‘Ĕlôhîym chêsêd (Ps 59:17).

      GOD VAN DIE GODE: ‘ĔLÔHÎYM HÂ ‘ĔLÔHÎYM

      So lees ons dit

      Want die HERE julle God is die God van die gode en die HERE van die here; die grote, magtige en gedugte God wat die persoon nie aansien en geen geskenk aanneem nie; wat reg verskaf aan die wees en die weduwee, en die vreemdeling liefhet, sodat Hy hom brood en klere gee (Deut 10:17-18).

      So staan dit geskryf

      Want YAHWEH julle ‘Ĕlôhîym is die ‘Ĕlôhîym hâ ‘Ĕlôhîym en Âdon âdon; die grote, magtige en gedugte ‘Êl wat die persoon nie aansien en geen geskenk aanneem nie; wat reg verskaf aan die wees en die weduwee, en die vreemdeling liefhet, sodat Hy hom brood en klere gee (Deut 10:17-18).

      GOD DIE ONVERGELYKLIKE, DIE ALMAGTIGE: ‘ÊL SHADDAY

      In en deur hierdie Godsnaam openbaar God Hom as die Een voor wie geen mens of mag, niks in die heelal, staande kan bly nie.

      So lees ons dit

      En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as God, die Almagtige, maar met my Naam HERE het Ek My nie aan hulle bekend gemaak nie (Eks 6:3).

      So staan dit geskryf

      En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as ‘Êl shadday, maar met my Naam (Shêm) YAHWEH het Ek My nie aan hulle bekend gemaak nie (Eks 6:3).

      So lees ons dit

      As jy na die wil van God vra en die Almagtige om genade smeek, as jy vlekkeloos is en reg het, sal Hy jou weer in sy sorg neem en jou gesond in jou huis terugbring (Job 8:5-6, 1983-vertaling).

      So staan dit geskryf

      As jy na die wil van ‘Êl vra en ‘Êl shaddaî om genade smeek, as jy vlekkeloos is en reg het, sal Hy jou weer in sy sorg neem en jou gesond in jou huis terugbring (Job 8:5-6, 1983-vertaling).

      So lees ons dit

      Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het die HERE aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is God, die Almagtige;

Скачать книгу