Скачать книгу

het) gedoen het. Die psalmskrywer se dankbaarheid gaan dan oor in die verheerliking van God.

      Psalm 40: Welgeluksalig (gelukkig) is hy wat op die Here vertrou

      Psalm 40:1-11: ’n Todah wat by aardse stryd begin en oorgaan in lofsang

      1.Vir die musiekleier. ’n Psalm van Dawid.

      Die psalmskrywer het God se bystand in ’n groot krisis beleef

      2.Ek het die HERE lank verwag [lank op die Here se hulp gewag], en Hy het Hom na my toe neergebuig en my hulpgeroep gehoor;

      3.en Hy het my uit die kuil van vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek en my voete op ’n rots gestel; Hy het my gange vasgemaak [ek kon weer met vaste treë voortgaan].

      Dawid se ervaring met God word ’n lofsang tot eer van God

      4.En Hy het ’n nuwe lied in my mond gegee, ’n lofsang tot eer van onse God. Baie sal dit sien en vrees en op die HERE vertrou.

      Gelukkig is elke mens wat hul vertroue op God alleen stel

      5.Welgeluksalig [gelukkig] is die man wat sy vertroue in die HERE stel en hom nie wend tot [sy toevlug neem tot] hoogmoediges en leuendienaars nie.

      Dawid aanbid God as die onvergelykbare

      6.Groot dinge het U gedoen, HERE my God – u wonders en gedagtes vir ons [U dink aan ons]; niemand kan met U vergelyk word nie. Wil ek dit verkondig en uitspreek, dan is dit te veel om te vertel.

      God gee vir Dawid insig om te verstaan wat ware toewyding is

      7.U het geen behae in slagoffer of spysoffer nie; ore het U vir my gegrawe [U het my in staat gestel om U opdragte te kan hoor]; brandoffer en sondoffer het U nie geëis nie.

      8.Toe het ek gesê: Kyk, ek kom; in die boekrol is dit my voorgeskrywe [so staan dit aangaande my in die boekrol geskryf].

      Dawid wy hom aan God. Ons wy ons aan God deur Jesus (Rom 12:1)

      9.Ek het lus, o my God, om u welbehae [wil] te doen, en u wet is binne-in my ingewande [U wil is deel van my].

      Dawid se getuienis: groot is die Here!

      10.Ek het ’n blye boodskap van geregtigheid [reg en geregtigheid] in die groot vergadering verkondig; kyk, my lippe bedwing ek nie [ek bly nie daaroor stil nie]. HERE, U weet dit.

      11.U geregtigheid bedek ek nie binne-in my hart nie; van u trou en u heil [die verlossing wat van U kom] spreek ek; u goedertierenheid [onveranderlike liefde] en u trou [absolute betroubaarheid] verberg ek nie vir die groot vergadering nie.

      NÁ BAIE KRISISSE OP PAD

      Die voertuig het al oor rotse en struike teen ’n helling afgerol. Dit is al in ’n botsing met ’n tientonvragmotor opgefrommel. Dit is al in die middel van die nag asof deur magtige engele weggeruk uit die pad van aankomende verkeer. Dit is al telkens uit die hoogte gestuit, net voordat dit stilstaande voertuie sou tref. Ook ons hulpgeroep het God gehoor. Ook vir ons as Nuwe-Testamentiese gelowiges het die God van die Ou en Nuwe Testament uit die kuil van vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek. Ook ons het met ons voete op rots uit motorwrakke geklim. Ook ons gange het Hy op nagdonker paaie in onbekende landskappe vasgemaak.

      Dankgebede kom soms net tot by dankie-sê vir wat op die aarde is: “Dankie, Here, dat ek nog leef. U het vir my nog ’n stukkie lewe hier op die aarde gegee. Dankie, Here, dat U dit beskik het dat die lorrie ons voertuig juis op daardie kant en op daardie deur getref het. U het aan ons kind nog ’n stukkie lewe op aarde gegee. Dankie, Here, dat ons gesin vanaand, ná die ongeluk, nog almal saam is, hier op die aarde.” Hierdie deel van die gebed gaan oor jou bestaan in God.

      Die todahs van die Ou Testament begin ook by sulke aardse insidente. Die psalmskrywer sê ook vir God uit sy siel uit dankie vir uitkoms, hulp en genade in ’n spesifieke situasie hier op die aarde.

      Danksegging word lof. Ná danksegging laat die psalmskrywer die aardse insident en die detail daarvan agter en besing hy God se onveranderlike eienskappe. Sy ervaring in ’n spesifieke insident was een van duisende insidente in die verhouding tussen God en die gelowige. Nou is die psalmskrywer se fokus net op God, op hoe Hy is. Die fokus verskuif na die vreugde wat die psalmskrywer in sy verhouding met God beleef.

      ONS WEET ALMAL DAT GOD VERDIEN OM SÓ VERHEERLIK TE WORD. DOEN DIT

      Begin só: Neem een insident in jou lewe waarin jy die beskerming en bewaring van God beleef het, en dank Hom vir die detail, vir elke faset van sy bystand wat jy raaksien en onthou.

      Sela. Word stil en dink nou net oor God na. Skuif die detail van die aardse insident na agter. Dink nou net aan God.

      Maak soos die psalmskrywer. Gee eer aan God, besing (praat aanbiddend met God oor) sy onveranderlike, Goddelike eienskappe. As jy God se liefde ervaar het, praat aanbiddend met Hom oor sy liefde, soos wat jy dit uit die Skrif leer ken het. As jy sy krag ervaar het, praat aanbiddend met Hom oor sy krag, soos wat Hy dit aan jou in die Skrif openbaar. Erken en eer Hom as die God wat nou, ná die opstanding van sy Seun, sy Goddelike mag en majesteit deur sy Heilige Gees betoon (openbaar en toon) aan elkeen wat in Jesus Christus glo.

      EN KYK WAT GEBEUR NOU

      Om die onveranderlike eienskappe van God te besing, het altyd gevolge. Die slotgedeelte van Psalm 40 is die heerlike resultaat van lof aan God. Dawid se fokus was op die eienskappe van God. Hy het die lof van God besing. Nou moet hy die realiteite van sy lewe gaan hanteer: sy probleme, die gevare van sy bestaan en die gevolge van sy foute en oortredings. Die stuk lewe vorentoe gaan net so moeilik wees as die tyd toe hy God se hulp ervaar het. Nou, volledig gevul met blye Godsvertroue en ontsag vir die Here, noem hy sy voortgaande probleme vir God. Maar hy kan ook méér doen. Hy kan teenoor “die vyand” getuig hoe groot sy God is:

      Psalm 40: 12-18: Groot is die Here!

      12-16. U, o HERE, sal u barmhartighede [ontferming] van my nie terughou nie; laat u goedertierenheid [onveranderlike liefde] en u trou my altyddeur behoed. Want onheile sonder getal het my omring; my ongeregtighede [sonde] het my ingehaal, en ek kan nie sien nie; hulle [my ongeregtighede] is meer as die hare van my hoof, en my hart het my verlaat [ek leef byna nie meer nie]. Laat dit U behaag [laat dit tog u wil wees], HERE, om my te red; HERE, maak tog gou om my te help! Laat hulle wat my lewe soek, om dit weg te ruk, tesame beskaamd staan en rooi van skaamte word; laat hulle wat behae het in my onheil [hulle wat bly is omdat dit sleg met my gaan], agteruitwyk [terugdeins] en in die skande kom. Laat hulle wat vir my sê: Ha, ha! [hulle wat my bespot] vanweë hul beskaming verskrik wees [verbysterd wees omdat hulle self in die skande kom]!

      17.Laat almal wat U soek, in U vrolik en bly wees; laat die liefhebbers van u heil [dié wat hulle verheug in die redding wat U gee] altyddeur [onophoudelik] sê: Groot is die HERE!

      18.Al is ek ellendig en behoeftig – die Here dink aan my; U is my hulp en my redder; my God, vertoef [talm] tog nie!

      WAT SÊ ONS NOU VAN GOD?

      Die teologiese tema van Psalm 40 is: Groot is die HERE! Dawid se getuienis is: “Groot is die Here!” Ons getuienis is: “[Jesus Christus] is die Eerste, die Een wat uit die dood opgestaan het […] God het besluit om met sy volle wese in Hom te woon en om deur Hom alles met Homself te versoen. Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy die vrede herstel, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen” (Kol 1:18-20, 1983-vertaling).

      God het met sy volle wese in Jesus Christus na ons gekom om sy onverdiende goedheid op ons uit te stort. Saam met Dawid, maar ook saam met die hele Christendom, sê ons: “Groot is die HERE!”

Besprekingsvrae

      1.Wat het jy gehoop om in dié psalm te kry?

      2.Wat het jy verwag om in dié psalm te vind?

      3.Hoe is die Ou-Testamentiese mens volgens dié psalm? Waarom sê jy so? Is ons nog so?

      4.Wat (kan) verander wanneer ons in Christus is? Hoe verander dit? Hoekom sê jy so?

      5.Wat het God nou vir jou deur sy Woord aangaande Homself

Скачать книгу