Аннотация

’n Verbeeldingryke speurroman of ’n swart komedie; hoe mens dit ook al lees, hierdie verhaal met sy fantasmagoriese oomblikke beweeg teen ’n vaart wat lesers sal meesleur en vermaak. Die eksentrieke hoofkarakter met die haakneus, Agathe Gruber, het uitsonderlike psigiese opspoorgawes maar sy is nogal menssku. Gelukkig word die dinamiese, charismatiese eks-sanger Jesse haar bondgenoot. Die ontrafeling van die moord op Aga se ma, Rosalie Schwarzbraun, en op die olfaktoriese wetenskaplike Boas Birkenbaum, haar biologiese pa, geskied boonop met die hulp van Claude, die rowwejack mechanic-buurman wat nooit op sy mond geval is nie. Die intrige spin vinnig ‘n web wat selfs die Chinese Mafia insluit en beweeg van ’n klein Vrystaatse dorpie na Pretoria. Ongewoon en boeiend. ‘n Vaardige skrywer met ‘n goeie oog, ‘n heerlike sin vir humor en fyn taalhantering. Die karakters is interessant en die storie is verleidelik.– Hettie Scholtz ’n Vars bries tussen die hedendaagse misdaadverhale en rillers. Hier is ’n uitstekende storieverteller aan die woord. Dis ’n “annerlike” roman wat in menige opsig ’n leesplesier is en ten spyte van sy ligte aanslag nie sonder diepte is nie, versteek soos dit mag lyk.– Linda RodeDit is die soort boek wat lesers gaan boei vanweë ’n hele spektrum van kleurvolle karakters en ’n interessante intrige. Die vertelstyl is lewendig, oorspronklik en veral onderhoudend.– Louise Viljoen

Аннотация

Boek III in die Abel-trilogie maak ’n draai in Johannesburg, Brugge en Pakistan.In ’n motelkamer in Bez Valley dui bloed en hare in ’n bad op ’n slagting, maar daar is geen lyk nie. Wanneer ’n gelooide vel in formalien gevind word, weet Ella egter sy is weer op die spoor van die reeksmoordenaar Abel Lotz.Abel bevind hom in Brugge, by sy kubervriend Ignaz Bouts. Kort voor lank sit hy sy soektog voort na velle met tatoes vir die omslae van die tien volumes van sy Kosmiese Reise, nou met Ignaz se hulp.Intussen word ’n Suid-Afrikaanse paspoort gevind aan die liggaam van ’n meesterbrein van Al-Kaïda. Kort daarna word ’n amptenaar van Binnelandse Sake kaal en bevrore langs ’n dam gevind, sy keel grusaam afgesny. Silas Sauls se moord-en-roofspan het hul hande vol. Iemand wou die man duidelik stilmaak, maar wie en waarom?

Аннотация

Boek twee in die Abel-trilogie.Ella Neser is met verpligte siekverlof na haar noue ontkoming aan Abel Lotz se skalpel. Tussen beradingsessies en harplesse, peins sy oor die foto’s van Abel se vier slagoffers, vasberade om hom te vang voor hy weer moor. Wanneer ’n inbraak uitloop op ’n sterfgeval, keer Ella terug om die skuldiges aan die pen te laat ry. Sy is egter nie die enigste een op hulle spoor nie. Is Abel Lotz terug, of is daar ’n nuwe moordenaar in Doradopark?

Аннотация

Die vierde (en laaste) aflewering in die reeks oor Mark Steyn, die Luiperd, een van Die Fabriek se topagente. Mark Steyn en sy mede-agent Lana Dubois is steeds aangetrokke tot mekaar, maar het onoplosbare verskille. Nou moet hulle noodgedwonge weer saamwerk aan ’n nuwe saak en word nie slegs fisieke nie, maar ook groot sielkundige eise aan hulle gestel. Wie vertrou jy? Wie is vriend en wie is vyand? Die spioenasiebedryf is immers bekend vir sy verskuiwende alliansies: Gister se vyand is vandag se “vriend”, maar dalk ook net vir vandag. En dalk ook net as julle ’n gemeenskaplike nuwe vyand het. Maar wát ’n vyand! Een van die wêreld se berugste huurmoordenaars, kodenaam Schorpioen, is in Suid-Afrika om ’n hooggeplaaste persoon dood te maak. Daardie persoon moet ten alle koste beskerm word. En as ’n agent – of meer as een – in die slag bly? Wel, niemand het gesê hulle het ’n maklike lewe gekies nie! Dit is ’n losstaande verhaal, maar knoop ook verskeie drade uit die vorige drie saam. Helse manier van koebaai sê is propvol intrige, spanning, aksie en gevaar – en selfs sake van die hart!

Аннотация

A dead soldier is discovered next to a waterhole in the Kruger National Park, and Captain Russell Kemp is called in to investigate. Kemp has problems of his own – he was transferred to this backwater for insubordination and is addicted to painkillers – but his gut still tells him something is wrong. Colonel de Lange of Millitary Intellegence insists that Johan Coetzee commited suicide and Kemp runs into trouble when he tries to continue his investigation. Johan’s sister, Erin, is certain that her brother was killed because he was asking too many questions. Erin and Kemp uncover a smuggling ring run by high-ranking officials in the military out of war-torn Angola for years. When Kemp is caught by De Lange’s men, it is up to Erin to get the news out.

Аннотация

Abel Lotz bewerk die velle van diertjies om te verruil vir die maskers en tsantsas uit Afrika en Suid-Amerika wat hy in sy galery in Johannesburg verkoop. Vir sy vyftigste verjaarsdag soek Abel ontwerpe vir die omslae van sy Kosmiese Joernale. En ’n nuwe gesig.

Аннотация

Voinjama Johnson, 28, is an ambitious investigative journalist at the Cape Town magazine Urban. Her life is messy, and to top it all, Vee’s been seeing things: a teenage girl in a red hat, more specifically, an unsettling hallucination that goes hand-in-hand with debilitating episodes which Vee is loath to call “panic attacks”. When Vee spots a photograph of the girl from her visions at a local hospital, she quickly launches an investigation, under the pretext of an article about missing children in Cape Town. She’s soon delving into the secretsof the fractured Fourie and Paulsen families, with the help of her assistant Chlöe Bishop. Why can’t anyone answer their questions? What happened to Jacqui Paulsen, who left home two years ago and hasn’t been seen since? The Lazarus Effect is a gripping new addition to the Cape Town crime genre from a very talented debut author. Deon Meyer calls it a «wonderful debut» that is «brimming with intelligence, wit, and real heart. Enormously entertaining».

Аннотация

Grondeise tref die gemeenskap van Nieu-Skotland in Mpumalanga. Dit, en die ou seer van die uitwissing van ’n gesin, het almal op hol: Daar’s stadskind Erin wat nou haar familie moet kom ondersteun, oud-soldaat Andrew Buchanan, wie se gesin jare gelede uitsonderlik wreed uitgemoor is, die plaasadel-MacFarlanes met hul spogplase, wrokkige werkers met verbintenisse in hoë plekke en die plaaslike polisiediens – nie aldag ewe bedrewe of eerlik nie, maar sersant Elsie Redelinghuys vat nie nonsens nie.Dan word ’n bekende boer vermoor. Is dit ’n “gewone plaasmoord”, verbind aan die smagting na land, ’n plekkie van jou eie – of skuil hier iets anders? Waarom is die grond van Nieu-Skotland so deurdrenk van bloed?

Аннотация

Wanneer Sonja Daneel ná ’n motorongeluk bykom, ly sy aan geheueverlies. Sy onthou net die wolf voor haar in die pad. Sonder ’n idee van wie sy is of waar sy vandaan kom, ontmoet sy die mense van Hotel Njala op die plaas Wolwedans in die Hazyview-distrik en besef dat sy ’n ruk gelede aansoek gedoen het vir werk hier. Maar hoekom spesifiek by dié hotel waar die tyd gaan stilstaan het? Gou kom sy agter dat sy tevore, op die een of ander duister manier, by die hotel en sy mense betrokke was. Dan volg daar aanslae op haar lewe deur ’n geheimsinnige Rooikappie-figuur wat die hotel met ’n byl terroriseer. Sy raak terselfdertyd verlief op die loslit-toergids Ryno Lategan. Maar gou besef sy dat niemand in die hotel is wat hy of sy voorgee om te wees nie. Hazyview word boonop geteister deur buitengewoon hoë misdaad. Dit is hoe luitenant Conrad Nolte by Wolwedans betrokke raak. Hy besef dat, indien hy hierdie saak nie vinnig oplos nie, meer mense as net Sonja kan sterf. Wolwedans in die skemer het in die vroeë jare tagtig ’n miljoen luisteraars op Springbok Radio betower. En nou is dit terug, gegrond op Leon van Nierop se rolprentdraaiboek en herskrewe radioverhaal op RSG wat die storie in ’n moderne gedaante klee – met dieselfde skokkende geheime wat opnuut vra om ontrafel te word, dié slag met ’n nuwe, makabere kinkel . . .

Аннотация

Sy is van die Valke, die polisie se afdeling vir prioriteitsmisdaad. Lydia Stander. Luitenant Lydia Stander. Toegewyd, gedrewe, slim en, ja, mooi ook. Nie dat enigeen van hierdie eienskappe dit vir haar maklik maak by die werk nie – dis ’n mannewêreld. Sy het egter ook deursettingsvermoë, en dit is deurslaggewend wanneer sy te make kry met ’n reeks moorde wat dalk iets gemeen het: ’n polisieman wat voor sy woonstel in Wonderboom-Suid geskiet is; die lyk van ’n gesiene sakeman in die parkeergarage van ’n kantoorkompleks; ’n weermagman tussen die klippe langs Fort Klapperkop . . . Een van die spore lei Lydia en haar span na ’n kleinhoewe buite Pretoria. Die eienaar is ene Kalvyn Botha, ’n oudsoldaat wat nou ’n veiligheidskonsultant is. ’n Geheimsinnige man, wat boonop op die mees onverwagse tye in Lydia se lewe opdaag. Lydia se ontwikkelde intuïsie het al so dikwels oplossings gebied, maar waardeur word dit dié keer gevoed? Deur Kalvyn se ruwe charisma, deur haar huweliksprobleme, of deur haar jeugherinneringe aan ’n plaaswerf met ’n stil liggaam in die bloederige stof? Dirk Jordaan se verhaal is ’n verstrengeling van vele herkenbare fasette van die Suid-Afrikaanse werklikheid: die blywende invloed van ’n gewelddadige en polities verdeelde verlede, die spanning tussen ’n vergeldingsdrang en ’n sin vir geregtigheid, en ’n regstelsel wat swaar gebuk gaan onder die gewig van baie ou wrokke. Met sy debuut, Die Jakkalssomer, het Dirk Jordaan gewys hy kán misdaadfiksie skryf; Arendsnes bring hierdie feit doodsekuur tuis. Dit is spannend, aktueel, ’n verhaal van die hoogste kaliber.