Аннотация

Om 05:36 hardloop die vrou teen die hang van Leeukop. Sy is jonk, beeldskoon, Amerikaans – en beangs. Sy word soos ʼn dier gejag deur mans wat net ure gelede haar beste vriendin se keel afgesny het. Om 05:43 bel hulle vir speurder-inspekteur Bennie Griessel wakker. Hy moet kom, ʼn jong meisie se lyk lê langs St. Martini, die Lutherse kerk bo in Langstraat. Die vorige aand nog het hy gedink dit gaan vir hom ʼn spesiale dag wees: Die begin van ʼn nuwe era in sy loopbaan, as mentor van ʼn groep jong swart en bruin speurders. En hy verwag nuus oor sy bevordering. ‘Kaptein Bennie Griessel’. Dit klink vir hom reg. Behoort ʼn redelik normale dag te wees. Tot sy jong span polisiemense begin stry, baklei, struikel. Met die kerkmoord. Met die middeljarige, alkoholis-vrou wat haar man, ʼn groot gees in die Afrikaanse musiekbedryf, twee keer met sy eie pistool deur die hart geboor het. Met die soektog na die Amerikaanse toeris. Terwyl die diplomatieke telefoonlyne vuurwarm gebel word en selfs die Minister begin druk toepas, sodat die hele mentor-ding soos mis voor die son verdwyn en Griessel self moet inklim om die gemors te probeer red. Om nie eens te praat van sy persoonlike probleme nie. Sy bankrekening lyk sleg, hy stoei nog met die dranklus, sy vervreemde vrou Anna bel uit die bloute en sê vanaand is die aand dat hulle oor die toekoms moet gesels. Weet sy van die 26-jarige rekenaartegnikus met die aansienlike borste wat hy gisteraand, in ʼn oomblik van swakheid, op sy sitkamerbank beetgekry het? Boonop kondig sy vriend en kollega Mat Joubert aan dat hy die SAPS gaan verlaat, en dan bel sy seun Fritz met die nuus dat hy klaar is met skool, hy gaan kitaarspeler word in ʼn rock-groep met die naam van ‘Wet & Orde’. En dan, net wanneer hy op die punt staan om die Amerikaanse meisie te red, skiet hulle vir Bennie Griessel. Reg in die hart. Redelik normale dag, jou tipiese dertien uur van Suid-Afrikaanse wetstoepassing.

Аннотация

Die joernalis Tertia Viviers word vermoor kort ná sy ’n geheim uitvind wat die gewilde sanger Carel Strydom se loopbaan kan verwoes.
Maar dié geheim is nie die enigste ding wat sy lewe moeilik maak nie. Daar is ’n sangeres wat enigiets sal doen om Carel se aandag te trek, nog ’n sangeres wat gehoop het Idols is haar pad uit armoede, ’n obsessiewe aanhanger wat alles dophou wat hy doen, ’n bitter akteur wat ’n nuwe lewe probeer maak en die baas van sy platemaatskappy wat sy eie geheim het. Boonop is dit ’n musiekbedryf wat glad nie meer is wat dit was nie . . .
Noot vir dood is ’n heerlike roman, geskryf deur ’n gesoute joernalis wat die Afrikaanse musiekbedryf intiem ken.

Аннотация

In hierdie roman betree die leser weer saam met die eksentrieke Aga en Jesse (met wie ons in Die Neus kennis gemaak het) ’n vreemde wêreld, dié van die amper Amish-agtige sekte in die Oos-Vrystaat. Wanneer Jesse verneem dat die kleinseun van moeder Motle, hoof van die Susters en lewenslange vriendin van haar ouma, vermis en vermoedelik vermoor is, besluit sy en Aga om daar te gaan ondersoek instel. Hulle maak kennis met die groep nonne en die patriargale Volgelinge wat leef volgens die ouderwetse geskrifte van hul menslike Herder. En, soos mens kan verwag by hierdie skrywer se unieke, heerlike vorm van speurverhaal, is dit nie lank voor hulle ’n rits rare, fantastiese ervarings beleef nie. Hulle word weer eens bygestaan deur deur die rowwejack dude, Claude. Dié slag met die verdere hulp van sy nuwe vriendin, die wit sangoma Stasi Soldatos. Satiries, lig, vars

Аннотация

Daar’s ’n moorddossier op inspekteur Kassie Kasselman se lessenaar . . .
In die woude van die Niger-delta word Ryan Deetlefs, ’n Suid-Afrikaanse werknemer van die geldgierige Star Petro, gevange gehou deur ’n rebellegroep wat reeds verantwoordelik was vir die dood van etlike oliewerkers.
Haarhoff, Malan en Van Dyk Transport in Kaapstad is ’n baie suksesvolle onderneming, en eersdaags sal die drie kollegas nóg dieper rol in die geld. Hulle het ’n uiters lonende byverdienste, in samewerking met SAPD-hoëlui en die Nigeriese sluikhandel. Maar hoe gemaak met Brink van Dyk en sy Taliban-kwellinge?
Carl het afgetree op sy splinternuwe olyfplaas in die Karoo. Hy’s klaar met polisiemol-dwelmhandel en die skadulewe . . . totdat sy voormalige bevelvoerder daar opdaag met ’n versoek wat Carl eenvoudig nie kan weier nie – een wat hom in kontak gaan bring met Afrika se mees gewetenlose skurke. En hy’t self nie ’n silwerskoon verlede nie . . .
Van dit alles moet inspekteur Kassie Kasselman – posseël- en boeremusiekliefhebber, alleenloper-speurder met ’n ernstige waarskuwing op sy diensrekord – sin maak. Iemand het sleg geknoei, maar hoe hoog op strek die kwaad?
Slagyster is ’n debuut-spanningsverhaal deur ’n opwindende nuwe stem in die genre, en vir inspekteur Kasselman sal ons vorentoe weer ontmoet.

Аннотация

’n Spanningsvolle roman oor ’n man in wie ’n onbekende mag stadig die oorhand kry. Die verhaal wentel rondom Samuel wat as seun reeds kennis maak met die donker sy van die lewe. Sy inisiasies in die grootmenswêreld (liefde, seks, die “reëls” van die ou Suid-Afrika, joernalistiek), van die 1970’s tot die 1990’s, is vervleg met sy obsessie met die skêrmoordenares Marlene Lehnberg. ’n Boeiende, intrigerende roman – die skrywer kry dit goed reg om die tydsgees en die manier waarop onskuld geleidelik verdwyn oor te dra.

Аннотация

Polisievrou Erica van der Linde het die perfekte manier gevind om te verseker dat getuies onder haar bewaring in die getuiebeskermingsprogram in Kaapstad versteek bly. In plaas daarvan om hulle die beloofde nuwe identiteit, die skoon begin en nuwe lewe op ’n nuwe plek te gee, vermoor sy hulle bloot. Vir ’n tyd lank lyk dit na die perfekte plan: Dit spaar haar tyd, moeite en geld en verlos die wêreld van boosdoeners, een op ’n slag. En wie gaan dié versteekte staatsgetuies, tog in elk geval voormalige kriminele, mis? Gaan enigeen hulle soek? Maar dan kry sy opdrag om Daniël Enslin te versteek, en so ’n getuie het sy nog nooit teëgekom nie. Daniël bewoon, veral danksy die ongure, gewetenlose maar paranoïese Frank, ’n donkerder deel van Kaapstad as enigeen in die stadsbeplanningskantoor waar hy werk. Frank Redelinghuys en sy kriminele aktiwiteite bied Daniël iets om die verveling van sy saai alleenloperbestaan teen te werk. Dit begin, soos alle dinge, klein, en, soos dikwels, met ’n geheimsinnige pakkie. Kort voor lank het Frank ’n geweldige houvas op Daniël. Maar die aand wanneer Daniël sien hoe Frank ’n prostituut vermoor, begin sy gewete aan hom knaag. Wanneer die koerante daaroor berig, begin hy verder te twyfel. Wat sal gebeur as Daniël sy vriend aan die polisie probeer uitlewer? En het Acker Frank, ervare speurder wat hy is, wat dit vat om Frank te uitoorlê? Wanneer Daniël Acker kontak is Acker buite homself van opwinding, want hier is die goue kans waarvoor hy al lankal wag. Maar hy is dadelik op sy hoede, en skielik besef Daniël dat hy hom in veel groter gevaar begewe as wat hy ooit verwag het. Ná Daniël se wenk, trek Acker Frank vas, maar wanneer Frank se trawante Daniël byna noodlottig aanrand, blyk dit dat Frank die speurder steeds ’n paar treë vooruit is. Hulle probeer om Frank te laat glo dat hy daarin geslaag het om Daniël om die lewe te laat bring, maar wanneer hy agterkom dat hy wel nog lewe, is Frank vasberade: Die man moet dood. Niemand kom daarmee weg om Frank Redelinghuys in die rug te steek nie. Daar is geen manier dat Daniël na sy lewe kan terugkeer nie, want dan is hy so goed as dood. Dis wanneer Acker die getuiebeskermingsprogram voorstel. Dit lyk na Daniël se enigste opsie. Hardekwas, bekwaam, prikkelbaar en geheimsinnig. Erica van der Linde is die dogter van ’n speurder, en ’n poliesievrou met, so lyk dit, ’n rekord van eenhonderd persent sukses. Erica neem vir Daniël na ’n afgeleë plaas waar sy vir hulle ’n afgesonderde kothuis gehuur het. Hier sal sy kwansuis vir Daniël in ’n ander mens, met ’n nuwe identiteit, omskep. Hulle stamp koppe. Daniël het lastige vrae. En hy’s anders. Nie so haatlik soos die ander nie. Nie jou uitgeknipte krimineel nie. Maar dan kom die dag van teregstelling, soos Erica dit verkies, en dinge loop vir haar skeef. In plaas daarvan dat sy hom verras, en haar skoot hom sekuur tref, daar tussen die rotse en die niet waarheen sy hom gelei het, kry hy dit reg om te ontsnap. Erica vat die trekpas terug na die kothuis toe, waar sy Daniël inwag, omdat sy weet hy sal móét terugkeer: na kos en water, en die enigste skuiling wat hy het. Daar sal sy hom inwag en die taak afhandel. En skielik is dit vir haar ook ’n taak van lewe en dood, want nou ken Daniël haar geheim, en Daniël kan maklik, baie maklik, haar kollega Acker laat weet . . .

Аннотация

Аннотация

"Каждый шаг имеет последствия…Уверен ли ты в своём направлении?" Эдик вполне успешный сценарист, вот только вдохновение куда-то отлучилось. Светлана настаивает на смене обстановки, ведь ей нужны новые творческие победы Эдика. Она убеждает его уехать подальше от городской суеты – туда, где ничего не происходит, и можно собраться с мыслями. Все начинается как история про молодую пару, заблудившуюся в зимнем лесу. А дальше – домик в глуши, его странный хозяин и загадочные рукописи. И еще голоса и образы, населяющие дом… Но это только начало путешествия в глубины тайны, связавшей их прошлые поступки с тем местом, где они оказались. Гаснет свет, представление начинается! Мы все актеры в театре Судьбы, но кто пишет сценарий нашей пьесы? Прозар: Станислав Стрелков Светлана: Екатерина Сакалавичюс Эдик: Андрей Ланд Водитель: Алексей Сафонов В Эпизодах: Илона Владовская, Владимир Демченко, Александр Лучинин и др.

Аннотация

Никогда не знаешь, кого можно встретить в обычной пригородной электричке. Никогда не угадаешь, чем закончится эта встреча. И кто знает, кем является добрый ангел, подаривший красивый кулон после того, как зайдёт солнце… Рассказ-финалист международного конкурса "Весенний Пролёт Фантазии 2020". Получил очень спорные и эмоциональные отзывы критиков, стал форумной достопримечательностью. Содержит нецензурную брань.

Аннотация

Студент-художник Слава находит дом, где на фасаде нарисовано крыло мёртвой птицы. С тех пор Слава теряет покой. Его разум рождает чудовищ, и демоны следуют за ним по пятам, превращая размеренную жизнь в настоящий ад. Слава почти готов сдаться… но что если в своём аду он сам – главный демон? Книга – финалист X сезона конкурса "Новая книга" (НДК). Содержит нецензурную брань.