Аннотация

SAP Captain Kassie Kasselman is a crack detective, in spite of appearances. When he starts investigating the disappearance of an ex-colleague, it becomes clear that more is going on than a simple drug-related missing person case. Somehow it seems linked to the kidnapping that has struck the curio shop where his colleague Rooi Els’s wife has started work. From the Cape ganglands to Kruger’s rhino poachers, Kassie must unravel the mystery quickly but with care – or Rooi’s wife is fish food.

Аннотация

Hans van Kraaienburg, verlosser van Huis Madeliefie se oumense, se vriend Vasie nooi hom vir ’n vakansie op Hermanus, as gaste van dié se neef Herklaas. Daar gekom, vind hulle Herklaas in die sop: die Overstrand se rykste skobbejak, Grond Graaffwater, wil sy blyplek koop en herontwikkel – maar Herklaas wil nié trek nie. Toe Grond se kriminele handlangers hardhandig raak, besluit Hans dat Herklaas ’n stel horings moet kry om Grond trompop te loop.

Аннотация

In Rudie van Rensburg se eerste Kassie Kasselman-roman, Slagyster, ontmoet ons vir Carl Bester, gevalle oudspeurder. Slagyster eindig waar hy op vlug gaan ná hy geld gesteel het waarop in ’n dwelmsaak beslag gelê is. In Vloek is Carl terug. Ná ’n dekade word hy skielik gevrywaar van vervolging. Hy kan terugkom na SA – sy bannelingstatus uitgewis, maar teen ’n prys. “Ons vergeet van jou sondes in ruil vir ’n teenprestasie,” sê sy nuwe werkgewer. Hy moet ’n saak van internasionale belang help ontrafel – een wat met lyke besaai lê. Carl se polisiedae lê ver in die verlede. Nou sal hy sy skadukant finaal moet afskud en weer soos ’n volbloedspeurder redeneer om dié saak saam met ’n spul rookies op te los. Sal dié berugte rokjagter ook die versoeking weerstaan om betrokke te raak by ’n beeldskone kollega? En dan is daar die neo-Nazi uit Carl se verre verlede. Gevul met die “heilige krag van die Führer” is hy vasbeslote om wraak te neem op die man wat hom agter tralies laat beland het.

Аннотация

’n Ongekende vuur brand in Kassie Kasselman se binneste. Hy en Rooi Els het nog nooit só ’n saak hanteer nie. Die sterk emosies wat hy ervaar, stem hom onrustig. Reeds as groentjiespeurder het Kassie geleer dat jy te alle tye afsydig moet staan van ’n saak sodat dit jou nie emosioneel oorweldig nie. Anders maak jy oordeelsfoute. Maar hierdie saak laat dit nie toe nie. Dit krioel in sy binneste soos ’n bondel giftige slange. Die gedagte aan die kinders, aan wat hulle moet meemaak . . . Boonop voel dit of elke leidraad soos ’n geelwortel voor hulle neuse geswaai word, maar sodra hulle dit waag om daarna te hap, is daar niks. Die saak seil onder hom en Rooi uit. Hulle kan die glibberige spoor net-net in die verte sien kronkel. En die slagoffers gil desperaat om hulp . . . In Medusa boor Rudie van Rensburg ’n nuwe, donkerder aar oop vir ons geliefde speurder kaptein Kassie Kasselman. Daar’s mensehandel en psigopatie om mee handgemeen te raak – en kinderlewens op die spel.

Аннотация

Kassie Kasselman en Rooi Els bevind hulle in die Spesiale Spookeenheid – ’n elite groep van die SAPD. Maar as oud-stasiespeurders word hul vaardighede ernstig bevraagteken deur hul nuwe bevelvoerder. Wanneer ’n Amerikaanse wetenskaplike in ’n Waterfront-hotel vermoor word, is dit ’n gulde geleentheid om hul staal te wys, tussendeur ’n Washington-gekonkel, ’n oud-Pollsmoor-gevangene op vrye voet in Kaapstad en duisterhede in hul bevelvoerder se persoonlike lewe. En dan is daar die man met Die Drang . . . en sy kettingsaag. Ysingwekkende oomblikke wag op Kassie en Rooi.

Аннотация

Hans loop op 90 nié met ’n loopring nie. Sy orige kinders maneuvreer hom vanuit hul tuistes oorsee in Huis Madeliefie in, maar Hans skop nog kliphard, en gou lei hy ’n ouetehuisopstand teen die onhoudbaar drakoniese matrone. Dis daggakoekies, ontkleedansers en vet sports net waar jy kyk in hierdie hoogs komiese roman oor oudword op eie terme.

Аннотация

Kassie Kasselman is kriewelrig. Sy lewe lank poeliesman gewees, maar wragtag, wat hy nóú alles in die media oor sy geliefde SAPD lees. En met sy eie oë sién ook, in kolonel Daniels se kantoor by die Nuweland-stasie. Kassie het juis ’n ander werksaanbod gehad . . . En dan moet dit natuurlik só kom dat hy in die middel van sy loopbaankrisis teen die grieseligste moordenaar nóg te staan kom. Die Pion se moordloopbaan het tentakels wat terugstrek na die Apartheidsera, met moderner euwels soos die Afrika-handel in vervalste medikasie wat ook Kassie se aandag verg. Slim skuiwe, dis wat Kassie moet maak, en gou ook . . . Spioenasie en parlementêre wapenhandel-korrupsie, die ontkleeklub-skemerwêreld en ’n kil moordenaar uit jou nagmerries – Kamikaze is Van Rensburg se spannendste roman nóg!

Аннотация

KASSIE SE VYANDE IS TOT DIE TANDE GEWAPEN … Wanneer Kassie Kasselman die saak van ’n vermiste oudkollega begin ondersoek, is dit duidelik hier skuil meer as net ’n dwelmverwante verdwyning. Hoe lyk dit dan vir Kassie of dit verband hou met twee ander sake − ’n ontvoering én ’n moord − op sy lessenaar? Van die Kaapse ganglands tot die Krugerwildtuin met sy renosterstropers; tussen ’n verslonsde Bolandse hoewe met ’n grieselige visdam en die glans-en-skanswêreld van diplomasie moet Kassie sy pad voel-voel vind – of Rooi Els se vrou is visvoer.

Аннотация

Iemand se beendere word gevind op ’n stortingsterrein . . . Skielik moet kaptein Kassie Kasselman nuut dink oor moordsake van jare gelede, en die moorde kom vinnig opmekaar. Tussendeur die aantreklike nuwe buurvrou wat Kassie aan die swymel het, en sy enorme posseël-meevaller weens nóg ’n sterfte, moet hy uitwerk waarom ’n geheimsinnige witboordjie-bende van binne uitgeroei word. Is dit dalk nié doodgewone bende-oorlog soos Kassie se kollegas glo nie? Wie kan die verraaier in hul midde wees − die een met die vlymskerp broodmes? Elke warm leidraad lewer ’n koue lyk op, en Kassie en Rooi kan nie voorbly nie . . .

Аннотация

Reeksmoordenaar, of wraak?
Toe iemand Kaapstad se ses en vyftigjarige mans begin afmaai, is dít kaptein Kassie Kasselman se dilemma. Dit wil darem baie na ’n reeksmoordenaar lyk – almal dieselfde modus operandi, almal dieselfde ouderdom − maar Kassie is net nie oortuig nie . . . Boonop word hy aangesê om ’n skouspelagtige skilderyvervalsing te ondersoek, asof hy nie genoeg regte werk het nie.
En dan’s daar die glibberige aktuaris met die voorliefde vir prostitute – en hy’s óók ses en vyftig − wat die leisels van ’n groot maatskappy gaan neem, as sy afperser nie die oorhand kry nie. Sal Kassie sy aaklige nuwe gesondheidsdieet oorleef om te kan ondersoek hoe dit alles inmekaar steek?