Аннотация

Ella Neser is terug van haar Karibiese skeepsvaart, en soort van terug in Lou se arms. Haar nuwe opdrag, as private speurder, is 'n bisarre een. Donna Maas, eggenoot van die sielkundige Thomas Maas, is oortuig haar man het 'n skelmpie. En dit is Ella se taak om dit te bewys.  Die roman begin egter by die einde, waar Ella haar verslag optik. Daar is 'n moord gepleeg, maar wie is die slagoffer en wie die skurk? 'n Verbysterende roman deur een van die top- spanningsromanskrywers in Afrikaans.

Аннотация

“Daar is spore doodgevee. Iemand het die opdrag gegee vir wat met daai vyf moet gebeur. En ek wil weet wie.” Daar is raaisels wat spook by Wim Kellerman, twee jaar ná die dood van Jack Niemand. Hy en Portis praat min daaroor waar hulle woel in die kweekhuis van Wim se skoenlapperboerdery op Wildernis. Maar dit bly sluimer tussen hulle. Want wat het geword van Portis se vyf jeugvriende wat in daai verskriklike jare van die tagtigs vermis geraak het? En hoekom is die lyke van Simon Pope, die destydse hoof van Bon Accord, en sy vrou, Rachel, nooit geïdentifiseer nie? Al manier is om terug te loop op die spoor, voetjie vir voetjie. In sy beendere weet Wim sy ou aartsvyand Simon Pope lewe nog. Dis maklik om twee en twee bymekaar te sit, so hy koop ’n kaartjie Kanada toe, kwansuis vir skoenlappersoektogte. En gaan soek die meesterbrein agter die verdwyning van vyf kinders van die Kaapse Vlakte. Kry, sal hy hom kry. Dis ’n lewenstaak – vir Portis, en vir Wim.

Аннотация

Elf jaar gelede is Ella Neser se pa amper noodlottig gewond. En nou, jare later, word die skuldige, Arthur Wilky, weens goeie gedrag op parool vrygelaat. Binne weke is daar egter nuwe moorde – en van die slagoffers is voormalige tronkmaats van Wilky. Ella kan nie begryp hoekom haar speurderkollegas nie die verbintenisse tussen die verskillende moorde raaksien nie. Wat van die motlyke wat telkens by die moordtonele figureer? Selfs kaptein Silas wil nie ag slaan op haar vermoedens nie . . . In dié slotroman in die jongste Ella Neser-trilogie speel Karsten weer eens kat en muis met die leser. Wie ís die moordenaar, en waarom huiwer die Nommers-bendemitologie deurgaans soos ’n skaduwee op die rand van die verhaal? Chris Karsten, meesterverteller aan die woord, soos altyd.

Аннотация

Ella Neser, befaamde speurder uit die Abel-trilogie en meer onlangs, Die verdwyning van Billy Katz, is weer op die spoor van ’n raaiselagtige moord. In ’n voorstad van Johannesburg word Clara Heyns, voorbeeldige moeder van twee en weldoener van die gemeenskap, dood gevind met engelvlerke aan. Haar man is die hoofverdagte maar dan forseer die polisiehoof haar om elders oplossings te vind. Hoekom? Te midde van kantoorpolitiek vind Ella boonop uit daar is ’n rooikop wat by haar geliefde Lou uithang. Haar ou vrese borrel na bo: wie kan sy vertrou en wie nie? En hoekom op aarde word Fred Lange skielik as ’n beter speurder as sy beskou? Die dood van ’n goeie vrou het ’n storielyn wat die slimste leser sal fnuik. Chris Karsten op sy beste.

Аннотация

Moordspeurder Ella Neser is terug. Erg hees en met ’n bewing in haar hande wat sy nie vir kolonel Silas Sauls kan wegsteek nie. Maar sy is verbete om haar ou self te herwin. Wanneer sy aangesê word om die spoor te vat van vier geamputeerde voete, ontmoet sy die onkonvensionele oud-speurder Lou Pepler, wat twee dekades gelede die verdwyning van Billy Katz moes probeer oplos. Wat het ’n begrafnisondernemer gemeen met Billy se verdwyning soveel jaar gelede? En is stink Attie regtig verantwoordelik vir die vier linkervoete wat in ’n Checkers-sak in die Botaniese Tuin gevind is? Lou is bereid om Ella met haar voetesaak te help. Maar, soos sy alte goed weet, is niks in die lewe verniet nie . . . En aantreklike Lou Pepler, met ’n voorliefde vir beetsap en sampioene (nie net die gewone eetbare soort nie), is ook ’n man vol geheime.

Аннотация

’n Spesiale uitgawe van Abel se ontwaking, met ’n omslag wat aansluit by die film. Die ontwaking se premiere vind op 28 Augustus by die Silwerskermfees plaas en sal in Oktober 2014 in teaters begin vertoon. Rolverdeling: Gys de Villiers as Abel Lotz, Juanita de Villiers as Ella Neser, Paul Eilers as Silas Sauls. Vervaardiger en regisseur: Johnny Breedt. Afrikaans met Engelse onderskrifte. Abel bly op ’n burgerregerf buite Johannesburg waar hy die grootste deel van sy lewe saam met sy versteurde moeder deurgebring het. Daar bewerk hy die velle van klein diertjies wat hy verruil vir die maskers uit Afrika en Suid-Amerika wat hy in sy galery in die stad verkoop. Vir sy vyftigste verjaarsdag het Abel spesiale planne. Hy wil vir hom ’n nuwe gesig uitsoek: dié van ’n mooi jong vrou. Ella Neser gryp die kans aan om haar eerste moord as ondersoekbeampte te hanteer. Hierdie moord is egter ongewoon. Die liggaam is byna sagkens agtergelaat, behalwe vir ’n vreemde wond op die skouer.

Аннотация

Wanneer ’n nagklubbaas die katelknaap van sy minnares laat vermoor deur ’n eksentrieke huurmoordenaar, loop hy hom vas in die vermoorde se familie, die Hartslief-clan van Brixton. Elie Hartslief is die brein; Antie Engel met haar sopkombuis en sesde sintuig die hart; neef Boela met die slaghuis, die spiere; en die verfynde Moks met sy helderkleurige mohican en daggakoekies die bek. Elie is deesdae amper respektabel en mnr. Morkel van Morkel Wealth se regterhand, maar sy broer se moord noodsaak dat die Hartsliefs laer trek. Maar hulle teenstanders is die berugte Bogdan Petrescu en sy huurmoordenaar Lood – ’n man met ’n voorliefde vir saksofoonmusiek en ’n aanleg om mense op kreatiewe maniere dood te maak. Dink Coen-broers en Westerns in Brixton en Sandton. Karsten-noir uit die boonste rakke!

Аннотация

Abel finds himself in Bruges, with his friend and mentor Ignaz Bouts. Soon he is on the prowl again for skins with tattoos for his Cosmic Travels, now with Ignaz’s help. In a Sleep Inn in Bez Valley, Ella Neser finds his tracks. But she also has her hands full with the murder of a corrupt official from Home Affairs, found frozen and naked, with his throat cut. A journalist suspects that he supplied South African documents to Muslim militants and other customers willing to pay.

Аннотация

Hierdie boeiende en ontroerende roman is gebaseer op die lewensverhaal van Saartje Baartman en verken ’n pynlike moment in ons koloniale geskiedenis. Dit vertel die verhaal van Khoena, ’n vrou van Khoi-afkoms, wat vroeg in die 19de eeu onder valse voorwendsels van die Kaap na Londen toe geneem word om daar as ’n “frats” ten toon gestel te word. Hierdie is ook die verhaal van ’n Engelse vrou, Dolly en haar vriend Simon, ’n Londense joernalis, wat hulle beywer vir die vrystelling van mense wat uitgebuit word in die sg “freak shows”. Dolly maak tydens hierdie proses vriende met Khoena en ontferm haar oor Khoena se welstand. Later, ten spyte van al Dolly se pogings, beland Khoena egter in Parys, waar sy uiteindelik die bisarre fokus is van anatomiste se wetenskaplike studies.
Die skrywer roep ’n uiters geloofwaardige, tasbare en kleurryke wêreld op en die besonderse detail trek die leser onweerstaanbaar in. Sy roman word ’n kragtige appèl oor onreg en die brose vermoëns van die mens om daaroor te triomfeer.

Аннотация

Nerve-tingling suspense – I couldn’t put it down – Michele Magwood
The second book in the Abel trilogy: Ella Neser is on compulsory sick leave after her close encounter with Abel Lotz’s scalpel. Between therapy sessions and harp lessons, she ponders over the photographs of Abel’s four victims, dead set on catching him before he kills again. When a burglary results in the death of one of the victims, Ella returns to duty to catch the culprits. But she isn’t the only one on their trail. Has Abel Lotz returned, or is there a new killer in Dorado Park?