Скачать книгу

maar daai twintigjarige brein van hom is vrot van die evil. Zach se grootste vrees is dat sy broer die plot heeltemal verloor en hulle core business bedonner.

      Hulle is juis nou lekker ingegrawe. En Medusa betaal bleddie goed.

      * * *

      Johnny het altyd sympathy met die nuwes wat hie’ aankom.

      Dit moet ’n moerse shock op hulle se systems wies. En hulle kom yt goeie huise, nie soes hy vannie straat af’ie. Hy kon nog die knocks vat, want hy was die bad life gewoond.

      Ma’ hierie nuwe intakes suffer. Hie’s nie caring en loving parents nie. Die meisietjie huil die jille tyd en klou aan haar boetie vas. Dié probeer braaf lyk, ma’ Johnny kan die banggeit in sy oë sien.

      Hy gaan sit langs hulle by die lang etenstafel.

      “Julle twee moet iet. Ons kry net two meals a day, brunch en early supper,” sê hy vir die seun.

      Ma’ die laaitie kyk nie eers virrie bord kos nie. “Hoekom is ons hier?”

      Johnny sluk. Hy kannie vi’ hom vertel’ie. As die members vanaand kom, gaan hulle tweetjies ytvind hoekom hulle hie’ is.

      “Iet net jou kos.”

      Hy draai weg, sien hoe die anner hom met guilty oë ytcheck. Hulle’t ok nie die guts om virrie laaitie te sê wat vi’ hom en sy sustertjie wag’ie.

      Die bitch kom tafel toe en streel die meisietjie se kop. Praat sag mettie kind in haar soothing voice. Fokken two-faced shithead, dink Johnny.

      As hy hie’ weg is, wil hy ha’ gevriet nooit weer sien’ie. Nog minder daai big baboon s’n. For sure hettie bitch hom gebrainwash met drugs of iets. Hy loop soese zombie hie’ rond. Doen al ha’ dirty work soes ’n programmed robot. En dan moer hy nog’ie kinners as hulle nie wil maak soos’ie members request nie. Regte robbies, daai big baboon.

      Johnny wiet hy moet nou net die patience game speel.

      Die jong farmer sal weer hie’ oprock. Hy’s nie ’n regular visitor nie, ma’ sy soort kom altyd terug.

      En dan gaan Johnny sy chances vat.

      Al issit donners risky.

      Tussen daai en ’n certain execution het hy nie veel options nie.

      * * *

      Hy het vandag net halfdag gewerk. Hy’t gesê hy moet tandarts toe.

      Toe het hy reguit woonstel toe gery. Met elke nuwe besending kry hy ’n verskoning om vroeër by die werk te loop. Hy wil vanmiddag halfses daar wees as die hekke oopmaak.

      Maar nou het hy eers alleentyd nodig om hom voor te berei op die ontmoeting met die nuwe besending. Hy’s bly die huishulp kom nie Maandae nie, want hy’t algehele stilte nodig.

      Hy trek sy werksklere uit en hang dit in die kas op.

      Dan trek hy die gordyne toe en gaan lê kaal in die halfskemer op sy bed.

      Hy sluit sy oë. Soms is sy fantasieë oor wat op hom wag, net so bevredigend soos wanneer hy daar tussen die kinders is.

      * * *

      Boon bespied die omgewing.

      Dis die huis waar die seun grootgeword het. Volgens die koerantberigte van destyds het hy die eerste agt jaar van sy lewe hier in Rondebosch gebly. Toe is sy ouers in die motorongeluk dood. Hulle was op pad na ’n dinee in die stad toe die kar se band op die snelweg bars en hulle in ’n bus vasjaag. Daarna het die seun drie jaar lank by sy oupa-hulle in Tamboerskloof gebly, voordat hy verdwyn het.

      Boon besef hy moet baie beter navorsing doen as die ou op die TV-program. Daai ou het ’n lang kans gevat. Dis hoekom sy plan aanvanklik afgekom het, maar toe later sleg gebackfire het.

      Hy gaan nie dieselfde fout maak nie.

      Daarom dat hy vandag hier is om die omgewing te verken. Hy’t vroeër die pad laerskool toe gestap soos die seun in sy eerste skooljare moes gedoen het. Aantekeninge gemaak en by mense navraag gedoen.

      Die kafee op die hoek was destyds al daar. Die bejaarde kafee-eienaar het hom vertel hoe die skoolkinders vroeër jare by hom tou gestaan het om lekkers te koop voordat hulle skool toe is. Deesdae gebeur dit nie meer nie. “Ouers gaan laai hulle kinders by die skool af, want jy kan nie meer ’n kleintjie alleen skool toe laat stap nie.”

      Boon beskou die huis weer. Dit lyk soos ’n ouerige plek, maar hy kan sien daar’s deur die jare aangebou. Dit het ’n groot stoep, die een kant toegerank deur ’n klimplant met ’n enorme dik stam. Agter die huis troon ’n reusagtige denneboom uit.

      Die stoep en die boom sou beslis al in die seun se tyd hier gewees het.

      Boon is tevrede dat hy vir eers genoeg agtergrond oor die seun se vroeë jare het. Gelukkig bly die oupa-hulle nog in dieselfde plek in Tamboerskloof.

      Hy weet goed daar lê nog ’n klomp werk voor. Hy sal baie diep moet delf voor hy sy plan kan uitvoer.

      Dít het daai TV-program hom geleer.

      4

      Kassie hou voor die huis in Durbanville stil. Dis ’n indrukwekkende dubbelverdieping, spierwit mure met ’n grasdak en twee groot balkonne op die boonste verdieping.

      “Hier’s genoeg bome vir iemand om ongesiens in die oprit te park,” sê Rooi.

      Kassie knik. “Lyk soos ’n baie stil straat ook.”

      Nelis van Tonder wag hulle by die voordeur in. Kassie skat hom iets in die veertig, ’n lang kêrel met ’n bos swart krulhare wat lanklaas ’n kam gesien het en ’n bedonnerde uitdrukking op sy gesig.

      “Is julle die speurders?” vra hy sonder om blad te skud. “Ek’s nie baie beïndruk met julle nie, hoor! Gisteraand was hier ’n paar manne van die Durbanville-stasie en ná ’n oproep of twee sê hulle die Valke gaan die saak ondersoek. Ek’t tot middernag tevergeefs vir dié donners gewag. Toe kry ek vanoggend laat eers ’n oproep dat ’n sekere SGU-eenheid die saak oorvat.”

      “Ja, ons is van die SGU,” sê Kassie. “Op Afrikaans die Spesiale Spookeenheid. Ons het dadelik gekom toe ons hoor die saak is nou ons verantwoordelikheid.”

      Van Tonder kyk op sy horlosie. “Dis al tweeuur.”

      Kassie antwoord nie. Hy verstaan die man se frustrasie goed. Hy moet angsbevange wees oor sy vrou en kinders.

      Hulle volg Van Tonder die huis in en gaan sit in ’n ruim sitkamer met ’n klomp kleurvolle skilderye ingeryg teen die muur. Alles blomme en in dieselfde styl gedoen, merk Kassie. Moet seker dieselfde kunstenaar wees.

      “Ons is net vinnig ingelig oor wat gebeur het,” sê hy. “So ons sal graag by die begin wil begin. Wanneer het jy verneem jou vrou en kinders is … weg?”

      “Ek’t eers laat gistermiddag die boodskap op my sel gesien.”

      “Soos ons verstaan, het ’n vriendin gisteroggend hier aangekom en toe agtergekom jou vrou en kinders is weg. Het sy jou nie dadelik laat weet nie?”

      “Ek was op die gholfbaan in Langebaan toe Sharon my bel. My foon was op silent en in my gholfsak. Sy’t toe ’n SMS gestuur.”

      Van Tonder kyk af na sy hande. “Ek en my vriende het gister ses-en-dertig putjies gespeel. Ek’t eers ná die tyd op my sel gekyk. En toe was ek ook nie regtig bekommerd nie, want Moira en die kinders gaan stap baiekeer op Sondae hier langs die dam en hou soms piekniek daar.”

      Hy sluk, skud sy kop. “Toe bel ek, maar Moira het nie haar selfoon óf die huisfoon geantwoord nie. En Danie en Altatjie … my kinders … ook nie hulle selfone nie. Toe weet ek iets is fout, want die kinders gaan selde sonder hulle fone iewers heen.”

      Sy oë is nat toe hy opkyk. “Hulle selfone lê bo in hulle kamers.”

      “En jou vrou se foon?”

      “Ek

Скачать книгу