Скачать книгу

Voorbeelde van sy opregte omgee teenoor die wêreld se vals beeld van omgee.

      Natuurlik is dit makliker om Jesus se voorbeeld op papier uit te leef as in die praktyk. Dis soveel makliker om daaroor te filosofeer of dit as ’n goeie idee in jou kop te romantiseer as om dit werklik hands on in ’n ingewikkelde situasie uit te leef.

      Ek self sukkel hiermee. Sekere mense is vir my ’n groter uitdaging om met genade en goedgesindheid te hanteer as ander. My kniereaksie in sulke high-maintenance gevalle is om ’n vuurvreter eerder as ’n vuurblusser te wees.

      Daarom bid ek elke dag dat die Here sy Gees van liefde en genade in oorvloed in my hart sal uitstort. Dan sal ek ’n navolgenswaardige voorbeeld vir ander kan wees.

      Bruisgebed vir voorbeeldigheid: Here Jesus, maak my oë en ore oop vir die voorbeeld van sagmoedigheid en liefde wat U op aarde kom stel het. Help my om u voorbeeld van ware genade en omgeeliefde elke dag uit te leef. Tot eer van u Naam.

      Vitamien S

      Sag

      ’n Sagte antwoord laat woede bedaar; ’n krenkende woord laat woede ontvlam.

      – Spreuke 15:1

      Hoe praat jy met mense wanneer jy woedend is? Klink jy dalk soos ’n pot boontjiesop wat onder te veel druk in ’n drukkoker is en ontplof?

      Ek raak skoon verleë wanneer ek terugdink aan my taalgebruik en woordkeuses in die verlede – veral in witwarm situasies. Daar was nie ’n wyse waghond voor my mond nie. My oerbrein kon kwetsende woorde soos hase uit ’n towerhoed ruk, sonder om te dink aan die nagevolge.

      Intussen het ek my woordgebruik in die Meestersklas begin deurdink en Hom gevra om dit te redigeer sodat dit sy goedkeuring sal wegdra – voordat ek dit gebruik. Ek seën baie mense met my tong, want dit bedroef die Here wanneer dieselfde tong wat Hom loof ook mense afbreek met wrede woorde. Selfs dié mense wat na jou mening ’n paar kwaai woorde verdien.

      Deesdae wag ek voor ek dit waag om te praat – veral in ’n hittige situasie. Ek neem time out om af te koel by die Here en op sy leiding te wag, eerder as om my oerbrein te laat oorneem.

      Ons leef in ’n land vol spanning en aggressie. Ek sien elke dag hoe baie reptielgevegte voor my afspeel – selfs op sosiale media, waar mense mekaar gereeld met woordswepe papslaan.

      Wil jy aggressie aanblaas, of wil jy vrede help vestig in ons land? ’n Sagte antwoord met ’n pienk strikkie keer die grimmigheid af. ’n Sagte woord is ’n bruistablet vir die hoorder én die spreker. Dit het ek geleer.

      Bruisgebed vir beter taalgebruik: Vader, help my om meer sensitief te wees vir my taalgebruik sodat my woorde U nie sal bedroef nie. Ek vra dat U my woorde sal redigeer en alle dorings vir my sal uitwys sodat ek opbouende taal in die wêreld sal uitstuur. Tot eer van u Naam.

      Vitamien V

      Verseker

      “Dit verseker Ek julle: Wie in My glo, het die ewige lewe.”

      – Johannes 6:47

      Ons leef in baie onseker tye. Die ekonomie is op ’n laagtepunt. Die rand se waarde is onstabiel. Die politieke klimaat is stormagtig. Korrupsie vier hoogty. Daar is bitter min dinge waarvan ons elke dag seker kan wees. Selfs die weervoorspelling is dikwels verkeerd. Wanneer hulle sonskyn voorspel, reën jy dalk nat.

      Die nuus waarna ons kyk, is ook nie noodwendig altyd die waarheid nie. Soms is al die feite nie korrek nie, maar gegrond op mense se woorde, wat beslis nie altyd seker en waar is nie.

      Selfs ons plekkie by die werk is nie verseker nie. Soveel mense word onverwags afgedank of met ander vervang. Maatskappye gaan bankrot. Huwelike wat ons gedink het in sement gegiet is, verkrummel. Mense wat ’n gesonde leefstyl handhaaf, raak dodelik siek. Vriende wat ons jare lank ken en vertrou, verraai ons.

      Gewildheid en aansien sal beslis ook nie vir ewig bestaan nie. Jy kan vandag op die voorblad wees en môre op die agterblad. Nie eens jou versekering is verseker nie. Daar is al derduisende rande se skade aan my eiendom aangerig en my versekering het nie uitbetaal nie – weens die fynskrif in die ooreenkoms.

      Waarvan kán ons dan seker wees?

      Slegs van die Here se liefde en trou. Daar is geen fynskrif in sy Woord nie. Geen onsekerheid nie. “Dit verseker Ek julle: Wie in My glo, het die ewige lewe.”

      Maak seker jy maak elke dag hierdie belofte jou eie as ’n ewige versekering in ’n onseker lewe.

      Bruisgebed vir sekerheid: Hemelse Vader, dankie dat ek en elkeen wat in u Seun, Jesus Christus, as ons Verlosser glo, seker kan wees van die ewige lewe.

      Vitamien K

      Krag

      Maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.

      – Jesaja 40:31

      Is jy al deur ’n seisoen van kragteloosheid? Hoe meer jy krag probeer bou, hoe meer gebeur daar dinge wat die krag uit jou laat dreineer.

      Ek is die afgelope jaar deur so ’n seisoen. My huis se pype, wat diep onder die grond begrawe lê, het ’n paar keer gebars. Groot waterskade. Daarna het my rioolstelsel opgepak en my erf is omgedolwe om by die blokkasie uit te kom. Uiteindelik het hulle vasgestel dat daar ’n blokkasie in die munisipaliteit se rioolstelsel in die straat was. Omdat my erf die laagste geleë is, het al die huise se riool tot onder by my een huurder se kothuis gespoel.

      Intussen het die pype wat reggemaak is weer begin lek as gevolg van swak vakmanskap. Dus was daar nog meer waterverlies en waterskade. Die loodgieter wat my erf omgedolwe het om die rioolstelsel te herstel, het boonop my erf in chaos agtergelaat en met al my swaarverdiende geld weggeloop. Ek moes ’n nuwe span loodgieters aanstel. En terwyl dit alles gebeur het, moes ek aangaan met my optredes en die sperdatum vir my roman en hierdie dagstukkies het dreigend oor my kop gehang.

      Ek het na die Here uitgeroep. Ek was so kwaad oor die uitbuitery, swak vakmanskap en gevoellose mense. Maar toe besluit ek om elke oggend musiek op te sit en stil op die Here te bly wag. ’n Rustigheid het my gees gevul te midde van die chaos. Hy het my opgerig met nuwe krag en vir my sterk vlerke gegee soos dié van die arend.

      Bruisgebed vir krag: My Vader in die hemel, dankie dat ek op U kan wag en op U kan vertrou vir nuwe krag wanneer my vlerke hang.

      Vitamien G

      Gedagtes

      Alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is … daarop moet julle julle gedagtes rig.

      – Filippense 4:8

      Waaraan dink jy en wat dink jy? Waarmee hou jy jou gedagtes besig? As jy nou sou pause en ’n fotograaf kon ’n foto van jou gedagtewêreld neem, hoe sou dit lyk? Alles maanskyn en rose? Of is daar baie dorings en onderdrukte vierletterwoorde?

      My gedagtes is nie altyd silwerskoon nie, moet ek dadelik bely. Maar omdat ek ’n hegte verhouding met die Here het en in touch met my sondige natuur is, is ek dadelik bewus wanneer daar giftige prentjies deur my kop en hart beweeg en my aandag van die goeie stryd weglok.

      Soms vent ek by ’n vertroueling oor hierdie negatiewe gedagtes. Maar uiteindelik gaan sit ek dit soos vuil wasgoed voor die Here neer en vra dat Hy die donker kolle met sy liefde en genade uit my hart sal tippex.

      Wat vergiftig jou? Hoe lyk daardie gif? Kan jy dit identifiseer? Is dit issues uit jou verlede? Jaloesie? Pyn? ’n Negatiewe gevoel teenoor of irritasie met mense wat anders as jy is? Woede oor jou omstandighede?

      Ek het opgelet dat die meeste van my onedel gedagtes die gevolg is van mense wie se woorde so soet soos stroop is, maar dan is hulle optrede heeltemal teenstrydig met hulle woorde en soos arseen vir my gemoed.

      Dit mag egter nie my gedagtewêreld besoedel nie. Daarom ruil

Скачать книгу