ТОП просматриваемых книг сайта:
Skepelinge. Karel Schoeman
Читать онлайн.Название Skepelinge
Год выпуска 0
isbn 9780798176118
Автор произведения Karel Schoeman
Издательство Ingram
Eer dat wy hier op de kust
Van het Eyland Java kwamen,
Zijnde t’zamen,
Afgemat en sonder lust …
—‘Brief van een Vrouw aan haar Man, zijnde in Oost-Indiën’
Stem: O Paris wreet.
De groote Godt
Wil u voortaan behoeden
Voor alle ongeval:
Hy geef u tot
Convooy mee op de vloeden
Der engelen groot getal
Die overal
U reys voorspoedig maken;
Opdat gy
Eens weer by my
Haast met vreugd moogt geraken.
ZEILAGE
Zeilage. 1. Het bedrijf van met zeilschepen te varen; scheepvaart,
zeevaart, zeilvaart.
2. Het zich met behulp van zeilen voortbewegen.
3. Afvaart, vertrek, afzeiling.
4. Richting waarin een zeilschip zich voortbeweegt; koers.
5. Vaste vaarroute, reisroute; zeeweg.
6. Tocht, reis per zeilschip.
7. Het vermogen om goed en snel te kunnen zeilen; zeilvermogen,
zeilsnelheid.
8. Al de zeilen van een schip; zeilwerk. Inzonderheid samen genoemd
met en daardoor onderscheiden van de andere onderdelen van het tuig, zoals de rondhouten (masten, stengen, raas), het staande want, en het lopend tuig (touwen, blokken enz.).
9. Ook: de zeilen met het bijbehorende lopend tuig.
10. Ook in den zin van: de hoeveelheid zeil, het zeiloppervlak dat
een schip op een bepaald moment heeft bijstaan.99
’n Skip bestaan uit kiel, roer, spil, stuur, maste, stenge, ra’s, seile, staande en lopende want, verdek, halfdek, kampanjedek, oorloopdek, koebrug, galei, kajuit, hutte, die konstabels-, brood- en kruitkamer, ook die bottelary en kombuis, kabelgat, hel en ruim.100
Seil: hierdie woord is in letterlike en figuurlike sin vir vele dinge gebruik, en die spreekwoorde wat daaraan ontleen is, is ongebruiklik talryk en interessant. Die eintlike betekenis (soos ons weet) is ’n maaksel uit linne vervaardig met behulp waarvan skepe, groot sowel as klein, sonder roeispaan of haak deur die wind alleen voortgedryf kan word.101
So ver in elk geval die teorie of beginsels van skeepvaart. Die bloedende praktyk van seemanskap word lewendig weergegee deur die anonieme ‘Amsterdammer’ waar hy beskryf hoe hy as onervare jong seeman tydens ’n storm die tuigasie of want moes uitklim om die seile aan die ra’s of dwarslatte van die maste vas te maak.
Wy liepen dan in de maand van October 1757 in zee, ik schreef aan my ouders een uitloop brief, en dat ik het zo goed had als ik wenschen konde, want klaagen kon my dog niet helpen.
Het ging met ons heel voorspoedig tot dat wy in de Spaanse Zee kwamen, daar kregen wy een vliegende storm, het was overal, ider moest na boven om de zeilen vast te maaken, ik was zo benauwt dat ik lilde als een juffrouws hontje in de kouw, maar wat zouw ik doen, ik moest. Ik kwam zo ver dat ik in de raa kwam, daar had ik genoeg te doen om my maar vast te houden, om niet van boven neer te vallen, het schip dat slingerde dan aan stuur en bakboord zyde, ik dagt dat er weer een zondvloed op aarde was. Ik dagt, had ik dat geweten, ik had gemaakt dat ik by myn moeders pot gebleven had, maar nu was ik er in, ik moest er ook door.
Wy kregen de zeilen vast en kwamen weer beneden.102
Met ‘het was overal’ bedoel hy dat die gebruiklike skeepsbevel ‘Overal!’ gegee is om álle matrose op te roep vir diens.
Aangesien niks sonderling voorgeval het nie, slegs gewone gebeure en alledaagse skeepsdinge wat nie verdien om aan die lig gebring en in druk versprei te word nie, daar dit deur die veelvoudig gedrukte reisverhale reeds tot vervelens toe bekend is, sal ons hier niks voor die dag bring behalwe dit wat gedenkwaardig is nie.103
OOP SEE
Die kajuit was ’n groot vertrek wat op ’n seilskip die volle breedte van die agterskip beslaan het en was die normale woon- en werkplek van die Kommandeur van die vloot, die Onderkoopman en die skipper. Diegene wat ’n passaat op ’n Oosindiëvaarder bespreek, kon betaal om in de Cajuijt gelogeert en getracteerd te werden, alhoewel die konstabelskamer in ander gevalle gespesifiseer is.
Predikante en sieketroosters het gewoonlik die voorreg van ’n klein kamertjie geniet wat hulle vir studiedoeleindes kon gebruik, en toe die Duitser Peter Kolb op die Unie uitseil, voorsien van aanbevelings en introduksiebriewe, was een van sy vele versoeke aan die VOC ‘dat ik een klein kamertje op het schip voor mij alleen mocht hebben, tot mijne studie, en dat ik in de kajuit met den Kapitein en andere Officieren mocht eten’. Hiervoor is hy aanvanklik 285 gulden gevra, alhoewel hy 50 gulden afslag gekry het.
As voorbeeld van die gebruiklike kajuitgaste noem Nicolaus de Graaff mans met die rang van Koopman, Onderkoopman, Boekhouer, Assistent, Skipper, Opperstuurman, kommandant van die soldate, sieketrooster, ‘en soms ook die onderstuurmanne en derdewaak, as daar genoeg plek of ruimte is’.
Die kajuit is dienooreenkomstig uitgerus, met ’n tafel waar 24 persone kon aansit en wat oordag skynbaar met ’n ‘groen gebloemd tafeelkleed’ bedek was, maar vir maaltye van ’n tafellaken voorsien was. By hierdie geleentheid kon dit gedek word met die tinware wat teen die agttiende eeu ouderwets begin raak het, maar waarskynlik as meer duursaam vir skeepsgebruik beskou is, naas borde en skottels van wit erdewerk; onder die tingerei val soutvate en mosterdpotte steeds op.
Weerskante van die kajuit was daar langs die skip ’n uitbousel wat as die galery bekend was en soms ook rondom die agterkant van die skip geloop het. Hier was die ‘sekrete’ (gemakke of latrines) van die kajuitgaste, en ’n eietydse handleiding vir skeepsbou verwys na ‘2 secreten met haare deksels’.
Geen film en geen foto’s bestaan van dit alles nie, en die moderne verbeelding is vir sy stimulusse afhanklik van die skilderkuns van die Nederlandse Goue Eeu met sy gestileerde realisme. Dog vir hierdie era, en op hierdie spesifieke gebied, is daar ook die aanvullende stimulus van meerdere handleidings by die skeepsboukuns, so belaai met sorgsame en noukeurige detail dat die sinne feitlik lewe kry, orent staan op die bladsy en driedimensioneel raak terwyl jy hulle lees, heeltemal los van enige illustrasies of diagramme wat moontlik ook aanwesig is.
So byvoorbeeld die Nederlandsche scheepsbouw-konst open gestelt van die skeepstimmerman Cornelis van Yk, ’n publikasie uit 1697, ‘vertoonende naar wat regel of evenredenheyd in Nederland meest alle scheepen worden gebouwd, mitsgaders masten, zeylen, ankers en touwen daar aan gepast’.
Inderdaad word iets hier onthul, geopenbaar, blootgelê en ten toon gestel: die toneel staan leeg in die skynsel van die voetligte, agterdoek, coulisse en rekwisiete almal glansend uit die hand van hul vervaardigers, wagtend op die spelers om hul verskyning te maak van waar hulle nog besig is om hulle te grimeer. Die pruike, aangeplakte baarde en snorre, aangehegte lokke, vals neuse, gewatteerde baadjies en koturne.
Het beschot voor de hut, 2 opslaande deuren en 7 tralien daarin, 2 banken daarvoor, aan ieder zyde 2 kamertjes, ieder met een venster en een kribbe, mitsgaders 4 kooyen in de voorhut, een gang om in de Schippers kamer te komen, aldaar een ledekant met een tafel te stellen; een luik om in de kajuit te treden, en aldaar al de ramen en blinden te maken; racken om tin en glasen op te setten, mitsgaders om geweer op te leggen; racken om pistolen op te hangen; nog 2 kasjes met schuiven daarvoor; 2 ledekanten in de kajuit. Alle de deuren te hangen, en met slot en grendel wel te sluiten.104
Daar staan dit dan gereed, die hut met sy afskortings,