Скачать книгу

te kies ‘uyt vrese van de Turcken, en dat ider zijn best mag doen om spoedig de Caep de goede Hoop te bereyken’, en as prototipe van hulle almal, het ook Van Riebeeck se uitseilende vlootjie hierdie bedreiging ervaar. Tien dae ná hul vertrek van Texel het hulle ’n seil gewaar ‘dat ons inwachteden, maer ons verkent hebbende, stack het by de wint van ons aff, waeromme wy ’t selve gisten te wesen een Turk off ander rover’.

      Afvaartorders van die Kamer Amsterdam van die VOC aan drie uitseilende skepe, Oktober 1660. Om saam te bly tot julle die Kanariese Eilande verbygesteek het en die bergpiek op Teneriffa nie meer kan sien nie. Aangesien julle nie weet watter gevaar julle bedreig van die kant van Turkse of Portugese kapers teen wie julle jul moontlik nie sal kan weer nie, moet julle noukeurig aandag aan die seine in die seinbrief skenk.

      Wanneer julle die Kanariese Eilande agtergelaat het, moet julle die fluitskippie Hilversum, wat ’n vinnige seiler is, vooruitstuur om ons opdragte so vinnig moontlik na die Kaap te bring. As al die skepe ewe goed seil, moet hulle hul reis egter gesamentlik voortsit na die Kaap.96

      Meerdere eietydse reisverslae beskryf die angs wat die verskyning van ’n vreemde skip op die oop see kon veroorsaak, en die daadwerklike voorbereidings tot selfbeskerming wat deur die paniekbevange opseilendes gemaak is. ‘Ons geskut is dadelik skerp met dubbelkoeëls belaai,’ berig G.B. Schwarz byvoorbeeld, ‘en by elke stuk is 6 matrose geplaas om die konstabels by te staan. Óns soldate het ons gewere en patrone gekry en moes bo in die skip gaan staan.’

      Soms het ’n werklike konfrontasie op see plaasgevind, waarin daar op lewe en dood geveg is voordat ’n aanval van hierdie aard afgedryf kon word, met dooies, gewondes en ernstige skade aan die betrokke skepe. Johan Nieuhof gee ’n uitgebreide beskrywing van ’n aanval deur twee Turkse skepe op ’n skip van die Wes-Indiese Kompanjie: muskette, pieke en sabels is uitgedeel, en die trompet het almal aan boord opgeroep om die skip te verdedig. ‘De lucht scheen in vuur, vlam en rook te staan,’ het hy dramaties bygevoeg; ‘de kogels van ’t kanon en musketten lagen als op ons schip, en het schreeuwen der Turken en gekerm onzer gequetsten gaf een skrikkelyk en naer geluit.’

      In ander gevalle kon die aanval egter nie afgeweer word nie, en het die rowers hul gevangenes as slawe na Noord-Afrika weggevoer. Daar word geskat dat meer as ’n miljoen Christene gedurende die sestiende, sewentiende en agttiende eeu op hierdie manier in slawerny beland het, sommige van wie deur hul familie of gemeenskap losgekoop is. Onder andere is ook die voormalige Kaapse Sekunde Cornelis de Cretser, wie se skip omstreeks 1674 deur seerowers buitgemaak is toe hy op pad terug was na die Kaap, ’n paar jaar later ‘tot Algiers in slavernije’ oorlede.

      Teen die einde van die sewentiende eeu was ervarings soos hierdie egter niks besonders nie. Soos ’n matroosliedjie uit hierdie tyd dit stel:

      Oock groot gewelt en tegenspoet

      Lijdt de zee-man vailjant [dapper];

      Van Turck en Roovers seer verwoet

      Worden sy aengerant …97

      Laat ons egter volstaan met die besonder lewendige stuk prosa waarin eerwaarde Den Heussen van die eiland Vlieland aandag aan die ‘arbeydt ende moeyte, sorge ende gevaarlijckheydt’ van die seemanslewe bestee het in ’n stigtelike werk wat in 1636 vir die eerste keer verskyn het en meer spesifiek vir vissermanne bedoel was:

      Altijt hobbelende ende tobbelende in het midden van de hollende ende rollende zee-baren: gestadig in perijckel om ofte buyten boordt gespoelt ende van de golven in-geswolgen te werden, ofte van vyanden beset, van het hare berooft ende gevanckelijcken wech-gevoert te werden, ofte door een leck of aen een sandt of door overstolpinge van een zeewaters of andersins schip-breuck te lijden en het leven te verliesen. Ende in allen gevalle eenen ongelooffelijcken arbeydt, vermoeytheydt, angste ende verschrikkinge uytstaende die haer het leven suer maeckt.98

      Beeldend soos wat dit is, is eerwaarde Den Heussen se berig waarskynlik egter nie besonder toeganklik vir die moderne Afrikaanse leser nie. In vertaalde vorm, beroof van heelwat van sy indrukwekkende ritme en melodie, lui dit ongeveer soos volg:

      Altyd hobbelend en tobbelend te midde van die hollende en rollende golwe, gedurig in gevaar om oorboord gespoel en deur die golwe verswelg te word, of deur vyande beset, van hul besittings beroof en as gevangenes weggevoer te word, of deur lekkasie of teen ’n sandbank of deur die oorstelping van seewaters of andersins skipbreuk te ly en hul lewens te verloor. En in elk geval moet hulle ’n ongelooflike arbeid, vermoeienis, angste en verskrikking deurstaan wat die lewe vir hulle versuur.

      Dit is nie nodig om verdere besonderhede van hierdie gevare en rampe te verstrek nie, alhoewel dit volop is, gesien die alomaanwesigheid van die bedreigings, werklik en potensieel. Hiér gaan dit in eerste instansie om die onsekerheid en angs waaraan die opseilendes onderhewig was bloot omrede hulle hul aan boord skip begewe het, en alles wat deurstaan of in elk geval verwág moes word wanneer mens na die Kaap of na die Ooste uitseil.

      Diegene wat in skeepsrampe omgekom het of weggevoer is in slawerny hoort egter by diegene wat die reis nie voltooi het en hier dus vir geen verdere aandag in aanmerking kom nie; nes die gestorwenes wat onderweg oorboord gesit is. Die skip seil verder, sónder hulle.

      DE STIGTELYKE ZEE-MAN

      STIGTELYKE ZEE-MAN, LEZENDE EN ZINGENDE VERSCHEYDEN NOODZAKELIJKE

      EN VERMAKELIJKE NIEUWE LIEDEREN OP DE ZEE-VAART PASSENDE;

      T’ZAMEN-GESTELT DOOR ADRIANUS STELLINGWERFF,

      VOORSANGER EN MEDE SCHOOLDIENAAR TE BLOKZYL, 1708

      —‘Belydenis en boet-gezang van een zee-varend man’

      —‘Een recommendatie van een Vader aan sijn Soon, sullende varen

      na Indiën’

      Op de wijse van den 6. Psalm. Of, Schoon Lief, wilt my trooste geven.

      —‘Affscheids-lied van een bootsgezel’

      Stem: O! schoon Europia.

      Adieu, Amsterdam schoon,

      Parel aan Neerlands kroon,

      Alwaar ik in perzoon

      Nu meenig jaar

      Heb door-gebragt mijn jeugd

      Met aangename vreugd

      En (och!) met weynig deugd

      Voor ende naer …

      —‘Missive van een Man aan sijn Vrouw uyt Texel geschreven’

      Voys [wysie]: Verwildert mensch van sinnen.

      Myn Lief die ik beminne

      Boven het geen

      Dat mijn hert kan verzinnen

      Of Zon bescheen …

      —‘Brief van een Vrouw aan haar Man in Texel’

      Stem: Ps. 24. Of, o Dag seer groot van heerlijkheit.

      Myn Wederhelft, mijns herten lust,

      Die al myn druk en smert uytblust;

      Mijn Troost (naast God) in al ’t benouwen.

      Och! had ik dog mijn waarde Lief

      Uzelf, in plaats van dezen Brief

      Voor ’t lest nog mogen eens aanschouwen …

      —‘Missive van een Man aan sijn Vrouw, geschreven van de Caap de

      Bon Esperance’

      Voys: Ps. 100. Of, Onse Vader.

      De wind wierd goed, de voortgang fraay

      Wy passeerden Ile de May;

      Daar zeylden wy heel digt by langs,

      Al na de Caap de Bon Esprans …

      —‘Brief uyt Oost-Indiën, van een Bootsgezel aan sijn Ouders’

      Op de wijze van den 38, en 61 Psalm. Of, Polyphemus aan de strande.

      Zeven

Скачать книгу