Скачать книгу

vroeg by die werk opgedaag het?

      Ndlovu sug, duidelik gefrustreerd. “Hy’t nie geweet hoe oud die seun is nie.”

      Ek gee nie om nie. “Wat is ek veronderstel om te doen terwyl ek by die huis sit?”

      Ek hoor papiere ritsel aan die ander kant van die verbinding.

      “Ek wil hê jy moet iets vir my doen,” antwoord Ndlovu. “Iemand het ’n guns gevra en ek wil dit jou probleem maak.” Weer die papiere. “Ek sal die dokumente vir jou kom afgee. Kry my tienuur by Tribeca in Brooklyn? Ek wil hê jy moet die storie opvolg en my laat weet wat gebeur.”

      Hy groet en lui af.

      Ek gooi die foon langs die Savlon in. As daar tyd was, was ek wragtig nou weer teen die koppie op en af. Dalk sal moegheid die woede doodsmoor.

      ADRIANA

      1

      “Wat gaan ons met hom maak?” Zenani wys na die man wat steeds op die stoel in die yskas sit asof hy daar aan die slaap geraak het.

      “Wat van sop?”

      Sy kyk na my asof sy die gedagte oorweeg.

      “Ek terg net,” keer ek vinnig.

      Sy frons asof sy spyt is om ’n goeie idee summier eenkant toe te skuif, maar ek sien die vonkeling in haar oë.

      “Ons kan hom toedraai. ’n Gat grawe. Die tuin is groot.”

      Soos altyd praat sy staccato-sinne. Ek is omtrent die enigste mens met wie sy gesels – behalwe vir die bevele wat sy in die kombuis uitdeel.

      “Kan seker werk. Waar?”

      “Onder die bome. Dis ’n goeie plek om te rus.”

      Die empatie in haar stem verbaas my steeds, al ken ek haar goed. Dit bly vreemd vir ’n vrou wat op straat grootgeword het, tweedehandse klere verkoop het voor sy tien was.

      “Jy klink amper asof jy hom dit gun. Hy wou ons doodmaak.”

      “Dit het geklink asof hy eerder agter Naomi aan was.”

      “Ons het in die pad gestaan. Ons sou seerkry.”

      “Seker.”

      “Ek sal uitvind wat hy hier kom soek het, of hy regtig hier was vir Naomi. Dalk het hy gelieg. Dalk is dit eerder ou spoke wat ons inhaal.”

      Zenani knik nadenkend. “Die luiperdboom. Agter in die hoek,” sê sy dan. “Ek sal vanaand ’n gat maak.”

      “Ek sal help.”

      Sy pen my vas met haar oë. “Wat as iemand na hom kom soek? As hy die vuilwerk gedoen het, gaan mense hom mis. Die verkeerde tipe mense.”

      “Dis hoekom ek Ranna se hulp gevra het. Sy moet vinnig uitvind wat aangaan, voor sy maatjies hier opdaag.”

      “Vir wat het jy haar gevra? Daar’s tog beter mense. Mense wat ons ken.”

      “Ek ken Ranna goed genoeg. Sy sal alles verloor as sy my verraai. Haar hele lewe sal daarmee heen wees.”

      “Sy moet diep in die skuld wees by jou.”

      “Nie soveel soos wat sy dink nie, maar sy hoef dit nie te weet nie.”

      2

      Ek hoor die gekraak van die voordeur wat versigtig oopgaan. Middagete is gekanselleer, en dis veels te vroeg vir die eerste gaste vir aandete. Ek het nog altyd slegs besprekings aanvaar, met volle name en telefoonnommers; dis feilbaar, maar die beste manier om ongenooide gaste by Crow’s weg te hou. Zenani se hand vries bo die eend, die mes ’n uitroepteken. Sy beduie ek moet gaan kyk. Sy sal in die kombuis bly en die yskas oppas.

      Ek loop tot by die swaaideur en kyk deur die ronde glasvenster. ’n Ouerige man staan langs Pius, die hoofkelner. Hy lyk verdwaald. Langs hom stoei ’n jong labrador aan ’n rooi leiband.

      Onmoontlik. Wat soek Jaap Reyneke hier? Het hy uitgevind dat dit ek was wat in September die aanval op hom gereël het? Ek moet erken, ek voel sleg daaroor dat hy in die hospitaal beland het, maar ek was oortuig daarvan dat hy ’n bedreiging vir Sarah inhou. En dat hy en sy oudkollega Alex ontvoer het.

      Ek draai om en wys met ’n regop duim vir Zenani dat dit nie ’n tweede Ruan is nie. Al weet ek nie of die oudpolisieman veel beter is nie.

      Ek stap die restaurant binne. Hou niks van die herkenning op Jaap se gesig nie. Dis asof hy my dadelik in die legkaart van sy geheue inpas.

      Hy het gewig verloor sedert ek hom laas gesien het. Hy het so drie maande gelede een aand aan my woonstel se deur kom klop, kamstig omdat my tjello hom wakker gemaak het. Ons het al twee geweet hy lieg; hy bly nie in my woonstelgebou in Sandton nie. Hy wou weet wie ek is, en hoe ek lyk.

      Jaap Reyneke. Ook die man wat Hendrik Kroon, Ranna se pa, se kamstige selfmoord ondersoek het.

      “Kan ek help?”

      Hy glimlag. Dit laat lyntjies om sy oë kreukel, so asof hy dit gereeld doen. Die glimlag verlig die onsekerheid op sy gesig, die effense spanning in sy benerige, breë skouers.

      Mooi glimlag.

      “Ek het gehoop jy sou hier wees,” sê hy.

      Ek kyk na hom met wat ek hoop ’n verwarde uitdrukking is. “Jammer, maar het ons mekaar al voorheen ontmoet?”

      “Ja, vroeër hierdie jaar, seker so rondom September. Maar dit was vlugtig.” Hy glimlag weer, nou meer verleë. “Maak nie saak nie. Jy ontmoet seker baie mense.”

      “Jammer. Regtig.” My glimlag word ’n spieëlbeeld van syne. Sag, effens onseker, ’n vleiende nabootsing bedoel om te ontwapen.

      “Kan ek help?” vra ek weer. Ek fladder ’n hulpelose, oorweldigde hand na iewers agter my. “Verskoon my haas. My eerste gaste gaan netnou hier wees …?”

      “Jammer, ja.” Hy kyk na die labrador by sy voete. Dié kou verbete aan die leiband. “Ek’s op soek na Frankie … Frankie Beekman?”

      Dis die naam op Ranna se nuwe paspoort, die een wat ek vir haar gekry het. Hoe ken Jaap Reyneke dié naam?

      Woede kriewel in my bors. Hoe gereeld het Ranna vir hom in die hospitaal gaan kuier? Ek het gedink dit was net een keer, maar duidelik ken ek nie die hele storie nie. Hoe ver het haar misplaaste boetedoening gestrek? Ék het gereël dat Jaap aangeval word, nie sy nie. Sy hoef nie die skuld op haar te neem nie. Ek het vir sy rehabilitasie betaal, die elektriese rolstoel wat hy nodig gehad het tot sy knie reg was en hy weer kon loop. Dis genoeg om die meeste skuld te betaal.

      Wat weet hy nog? Weet hy hoe Ranna Frankie geword het? Dat ek vir haar die nuwe paspoort en identiteitsdokument gemaak het?

      Ek skud my kop. Praat doelbewus verkeerd. “Ek ken nie ’n Frankie Barnard nie. Is jy by die regte restaurant?”

      “Beekman. Frankie Beekman.”

      Die labrador hap weer na die leiband, trek ongeduldig daaraan.

      Sy baas met die grysblonde hare, effens lank om die ore, frons skerp. “Ek’s seker dis hier. Dis mos Crow’s Feet? Ek het vroeër vir Alex gebel en hy’t gesê sy sal dalk vanoggend hier wees.”

      So hy weet van Alex ook.

      Ek kyk op my horlosie. Halftwaalf. “Kan nie wees nie. Ons bedien nie ontbyt nie.”

      Jaap glimlag weer, wyer, asof hy vir my lag. Voor my oë word die skraal gesig aantreklik, sy bleekblou oë jonger.

      “Ek is seker hy’t gesê Crow’s Feet. Ek wou sommer net ’n koppie koffie saam met Frankie kom drink.”

      “Ek’s jammer. Ek weet nie wat om te sê nie.” My glimlag is net so gul soos syne.

      “Ek ook nie. Ek voel skielik ’n bietjie stupid.”

      Hy

Скачать книгу