Аннотация

Sarah Fourie kry halfvier op ’n koue wintersoggend ’n oproep van Mosela Mosholi, ’n ou vriendin uit haar tronkdae. Sarah moet nóú kom, Kaapstad toe. Datameester Mosi se rekenaars voorspel ’n vierde moord op ’n toeris binne die volgende paar dae en Sarah met haar kuberkrakerkennis moet kom help. Sarah kan nie nee sê nie. Sy ken Mosi al jare lank, en haar skuld is groot. Sy sleep haarself uit die bed, gryp ’n oornagsak, en bel vir Jaap. Want Jaap Reyneke moet saam – sy jare as polisieman is al raad wat sy het indien ’n moordenaar in die moederstad skuil. Dit is ’n onvoorspelbare, donker Kaapstad wat op Jaap en Sarah wag. ’n Stad waarin misdadigers die toutjies trek, waar hommeltuie bokant jou stilweg tred hou van goeie én minder goeie dade, en toeriste salig onbewus is van dit wat in Clifton en Kampsbaai broei. Nog ’n verbluffende roman deur die meester-krimiskrywer Irma Venter.

Аннотация

Sondag. Oukersaand. Ná ’n inbraak by die Stables Estate in Pretoria-Oos word bekende sakeman Lafras van Zyl vir dood agtergelaat. Die res van die Van Zyl-gesin verdwyn spoorloos: Katerien van Zyl, vryduiker met ’n Amerikaanse paspoort, en ook haar kinders Willem en Cath. Ná ses weke is daar nog geen leidrade nie, en kaptein AJ Williams van die Brooklyn-speurtak moet inspring om te help. Joernalis Alex Derksen en fotograaf Ranna Abramson is op die spoor van die sewentienjarige Martina Buitendag, van Stilfontein. Sy het in Johannesburg vermis geraak en die enigste leidrade oor waar sy haar bevind is ’n verslete tas met R20 000 kontant en ’n handvol foto’s. Twee misdade. Talle sondes. Meer vrae as antwoorde.

Аннотация

It’s the eighties in Johannesburg. Adriana van der Hoon is eighteen years old. Her father, an anti-apartheid activist and Dutch citizen, smuggles money for the ANC using a non-profit trust as a front. But then things change . . . and South Africa’s notorious security police blackmails Adriana into following the money trail from Berlin to Johannesburg. As political change sweeps across Europe and South Africa, Adriana acquires a new skills set, a lover and an enemy. More than 25 years later, Adriana is safe and sound, back in Johannesburg. Together with her friend Zenani they run a restaurant called Crow’s Feet. But the past is finally catching up with her, and this time round there is no place to hide. Circus is the first of Venter’s series to be translated into English. However, each book is a stand-alone novel. The series shares a character cast, with a different character becoming the central storyline in each book. “Irma Venter is world class.” – Deon Meyer

Аннотация

Sunday. Christmas Eve. There is a break-in at the Stables Estate in Pretoria East. Well-known businessman Lafras van Zyl is left for dead and his family has disappeared without a trace: Katerien van Zyl, acclaimed scuba diver with an American passport, and their children Willem and Cath. After six long weeks there are still no clues, and Captain AJ Williams has been summoned to solve the case, ASAP. Journalist Alex Derksen and photographer Ranna Abramson are on the trail of the seventeen-year-old Martina Buitendag. She went missing in Yeoville and all that’s left behind is a threadbare case with R20 000 in cash and a handful of family photographs. Two crimes. Too many secrets. Nowhere to hide.

Аннотация

Dis die laat tagtigs in Johannesburg. Adriana van der Hoon is agtien jaar oud. Haar aktivis-pa het jare lank oorsee geld vir die Education Trust ingesamel maar op ’n dag verander alles, en nou staan die veiligheidspolisie op haar drumpel met ’n ultimatum. As sy hulle nie help om die ANC se geldspoor van Duitsland na Suid-Afrika te volg nie, sit sy en haar chronies siek ma sonder heenkome. En sy sonder haar studiebeurs. Dis hoe Adriana in Berlyn beland. Dis hier waar sy haar talent om messe te gooi vervolmaak, en waar sy Yasen Todorov ontmoet. Ver weg van alles wat bekend en veilig is, leer Adriana waartoe sy in staat is. Bowenal leer sy dat niemand, ook nie sý nie, ooit heeltemal onskuldig is nie.

Аннотация

Haar pa het buite gaan asemskep toe hy haar gesien het. Die boonste laag van die pan was gevries ná die vorige nag. Dit het onder sy voete gekraak en fyn spinnerakke gemaak soos hy geloop het. Versigtig al nader aan die rooi fiets en die vrou wat op haar sy, halflyf – presies halflyf – in die modderige ys vasgevang was. Die fiets was nie hare nie, maar die trourok wel. Afgetrede polisieman Jaap Reyneke vra Sarah Fourie, ʼn rekenaargenie met ʼn kriminele rekord, om die raaisel rondom die dood van sy peetdogter, Janien Steyn, op te los. Janien was op die oog af geliefd, ʼn suksesvolle kunstenaar met ʼn slag vir besigheid, en op die punt om met haar universiteitsliefde te trou. Was dit selfdood of moord? Waarom is die toneel om haar liggaam so sorgvuldig, amper kunstig, gerangskik? En hoekom is haar rekenaar se geheue voor die tyd so sorgvuldig skoongevee?

Аннотация

Adriana vra Ranna en Alex om onder die dekmantel van joernalistiek die storie van ’n jong vrou onder haar beskerming te ondersoek. Dit bring hulle op die spoor van ’n ou misdaad – die verdwyning van ’n talentvolle jong kunstenaar wat in haar matriekjaar spoorloos verdwyn het. Die meisie se destydse kêrel en haar kunsonderwyser is verdink, maar die saak is nooit opgelos nie. ’n Foto van die meisie naby ’n aborsiekliniek in Johannesburg speel ’n kardinale rol. In die foto kyk sy oor haar skouer, asof sy bang is sy word agtervolg. Alex dek ook ’n storie oor ’n jong onwettige immigrant wat van vervolging in sy eie land gevlug het om ’n nuwe lewe in Suid-Afrika te maak. Maar xenofobie dreig om sy drome te verwoes. AJ Williams is op dertig kaptein in die polisie, maar sy veg om die stereotipering te oorkom wat haar bruin vel en geslag ontlok. ’n Foto van Ranna in Pretoria sit AJ op dié se spoor.

Аннотация

Die opvolg van die gewilde Skoenlapper. Joernalis Alex Derksen verdwyn terwyl hy ’n storie oor ’n mynsindikaat dek. Sarah, Alex se kuberkraker-vriendin, volg Ranna Abramson se spoor na Indië, waar sy skuil van die gereg. Volgens Sarah is Ranna die enigste een wat Alex kan help. Maar hoe hou die dood van Ranna se pa jare gelede verband met Alex se verdwyning? Iewers in Ranna se herinneringe lê die leidraad om ’n lank vergete misdaad op te los, maar sal sy dit herken as sy nie eens weet waarna sy soek nie?

Аннотация

Alex het ’n teorie oor chaos. Waar hy ook al gaan, volg dit hom. Dis hoekom hy joernalis geword het en hom nou in Tanzanië bevind. By ’n troue iewers tussen Dar es Salaam en Arusha ontmoet Alex vir Ranna, ’n vryskutfotograaf met ’n bos swart krulhare, ’n t-hemp wat sê Dr. Seuss is altyd reg, en ’n verlede waaroor sy nie praat nie. Alex wat lankal nie meer in Die Liefde glo nie, weet: dit is hoe dit voel. Maar dan haal die chaos hom in. Eers begin dit onophoudelik reën en paaie en dorpies spoel weg. En dan, wanneer die lyk van ’n Amerikaanse IT-biljoenêr op ’n strand uitspoel, word dit duidelik dat Ranna met rede haar verlede probeer begrawe. Waarom anders stel die polisie skielik in haar belang?