Скачать книгу

praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek ’n stuk klinkende metaal, ’n galmende simbaal geword.

      – 1 Korintiërs 13:1

      As ek die kernboodskap van die evangelie in ’n paar woorde moes opsom, sou ek sê dis liefde in beweging. Maar liefde het nie dieselfde betekenis vir ons almal nie.

      Toe ek jonger was, was liefde vir my sinoniem met ’n vinnige hartklop, vlinders in my maag, ’n soen in die maanlig en ’n bos rooi rose op Valentynsdag. Of om die laaste toffie in die pakkie vir my geliefde te gee.

      Op my geloofspad het ek ontdek ware, goddelike liefde is baie meer as my onvolwasse en selfgerigte romantiese idees. Ware liefde is om jou kritiese bril af te haal en deur die Here se sagte oë van genade, deernis en omgee na ander te kyk – en tot aksie oor te gaan om liefde meer te maak in hierdie gebroke wêreld. Selfs al verdien iemand dit nie volgens jou nie.

      Dink net hoe lief het die Here jou – net soos jy is, warts and all. Hy kyk verby jou nors gesig, jou kritiese frons, jou vierletterwoorde, jou skindertong, jou hoogmoed, jou ysige hart, jou verslonste klere, jou pretensie, jou leuens en jou brandewynasem. Hy kyk verby die krake in die kunswerk. Hy kyk verby die onkruid in die tuin en rig sy oë op die perfekte Godsaadjie, vol potensiaal, wat Hy daar geplant het.

      Liefde laat hierdie saadjie ontkiem. Jy kan God se medetuinier raak deur omgeeliefde in mense se lewe te saai. Raak kreatief. Daar is ’n legio praktiese maniere om die gospel – liefde in beweging – as bruistablet uit te deel om ’n positiewe verskil in hierdie wêreld te maak.

      Bruisgebed vir almal: Here Jesus, help my om elke dag bewustelik te kies om u omgeeliefde oral op my pad in praktiese dade om te sit – tot eer van u Naam.

      Vitamien A

      Alleen

      Hy het Hom altyd weer in eensame plekke afgesonder om daar te bid.

      – Lukas 5:16

      Hoe voel jy daaroor om alleen te wees? Stoksielalleen vir ’n onbepaalde tyd? Vir die meeste van ons klink dit maar baie droewig. Ons voel ongemaklik wanneer ons te lank in ons eie geselskap is.

      Ná my egskeiding in 2012 was dit vir my ’n groot aanpassing om alleen te woon, om nie meer deel van ’n huweliksverhouding en sakevennootskap te wees nie. Ek het baie nagte angstig, eensaam en rigtingloos gevoel. Totdat ek die waarde van alleen ontdek het.

      Om deur klanke van geliefdes omring te word, is wonderlike bruistablette. Maar om vir tye alleen te wees het net soveel waarde en voordele – veral wat geestelike verdieping, selfontdekking en selfaanvaarding betref.

      In hierdie alleen-ruimte het ek nuwe fasette van myself ontdek en ou, bruikbare fasette, wat ek gedink het ek verloor het, teruggevind. Ek kon besin oor teleurstellings in die verlede en my gedagtes begin rig op die potensiaal van die hede en die toekoms. Om gereeld alleen te wees het my gelei tot ’n dieper en liefdevoller verbinding met myself en die Here.

      Jesus het Hom gereeld afgesonder om te bid. Moeder Teresa het dieselfde gedoen. Sy het na die mensdom uitgereik, maar sy was ook gereeld alleen om te bid, haar geestelike lewe te verdiep en haarself innerlik vol te maak vir die taak wat sy wou aanpak.

      Moenie jou alleentyd omwens met ’n boks tjoklits voor die TV nie. Sien dit as ’n wonderlike geleentheid om te groei – nie in kilogramme nie, maar in geestelike krag en emosionele volwassenheid.

      Bruisgebed vir eensames: Vader, help my om my alleentyd nie te verkwis of om te wens nie, maar om myself te ontwikkel en my verhouding met U te verdiep. Tot eer van u Naam.

      Vitamien V

      Vrug

      Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.

      – Galasiërs 5:22-23

      Soveel van ons forward of post gereeld Bybelverse. Ons scan dit vlugtig met ons oë. Dan gaan ons aan met ons werk en dink nie weer daaroor nie.

      Op my geloofpad het ek gevind dit vra meer as om die Woord net vinnig te lees as ek in Jesus se voorbeeld van goedheid wil groei. Ek moet die Woord met onverdeelde aandag lees, diep nadink oor wat ek gelees het en dit in my daaglikse lewe inoefen.

      Juis daarom het ek die vrug van die Gees – al nege eienskappe – by my rekenaar opgeplak. Dan kan ek elke dag daaroor nadink en gereeld check of dit wel in my hart is en nie net teen my muur pronk nie.

      Elk van hierdie nege karaktereienskappe is ’n bruistablet op sigself – om self in te neem of weg te gee. Dit maak die lewe beter en jou hart ligter.

      Ek glo ons kan meer van die vrug van die Gees aankweek deur hierdie eienskappe bewustelik en gedissiplineerd in te oefen en dit van die Vader af te bid. Maar net soos wanneer jy ’n six pack in die gim wil bou, moet jy ook ’n ogie oor jou geestelike nine pack se vordering hou – om seker te maak dit raak al meer sigbaar vir ander.

      Kyk na hierdie nege eienskappe wat ’n uitvloeisel van die werking van die Gees in jou lewe is. Skryf dan jou uitdagings neer. Vra die Here om jou te help daar waar jy besonder uitgedaag voel. Kweek dan die vrug van die Gees aan as nege wonderwerkende bruistablette vir jou en ander mense … maar veral tot eer van sy Naam.

      Bruisgebed vir geestelike groei: Vader, dankie dat ek u Woord in stil gebed kan deurdink. Help my om die vrug van die Gees prakties in te oefen en gereeld by U voorraadopname te maak van my persoonlike geestelike groei. Tot eer van u Naam.

      Vitamien O

      Oorwinnaar

      Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees? … Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet.

      – Romeine 8:31, 37

      Suid-Afrika is ’n land wat besonder baie van sport hou, veral rugby. En laat ons nie doekies omdraai nie, ons almal verkies wenners bo losers. Ons juig wanneer die Bokke as oorwinnaars uit die stryd tree. Vir verloorderspanne het ons minder ooghare. Wanneer ons span verloor, hang daar ’n begrafnisatmosfeer in die lug.

      Niemand is egter in elke toets, uitdaging of wedstryd elke keer die aardse oorwinnaar nie. Ons almal verloor soms. En soms verloor ons ’n baie ernstiger stryd as ’n rugbywedstryd – ’n stryd wat ’n baie groot negatiewe invloed op ons lewe kan hê.

      Dalk ly jy aan ’n ernstige siekte en jy verloor jou gesondheid, krag en mobiliteit. Of miskien is jy onlangs afgedank as die enigste broodwinner in die familie. Jy verloor ook die finansiële sekuriteit wat daarmee gepaardgegaan het. Dalk voel jy soos ’n total loser terwyl jy (weer) deur ’n egskeiding gaan.

      Miskien sukkel jy om die opdragte by jou nuwe werk te verstaan en uit te voer. Dalk voel jy nie soos ’n oorwinnaar nie omdat jy 20 kg oorgewig is. Miskien voel jy soos ’n loser wanneer mense aanhoudend jou kreatiewe idees afskiet.

      Tog sê die Here sy kinders is altyd en in alle omstandighede oorwinnaars. Hoekom? Omdat Hy ons altyd en in alle omstandighede liefhet. Hy bekroon ons elke dag as wenners met sy omgeeliefde – ook wanneer ons losers in ander mense se oë is.

      Bruisgebed vir wenners: Hemelse Vader, dankie vir die voorreg om ’n geliefde kind van U, die Allerhoogste, te wees en dat hierdie wete my ’n wenner in alle omstandighede maak.

      Vitamien G

      Guns

      Klink dit nou asof ek die guns van mense soek, of soek ek die guns van God? Probeer ek by mense in die guns kom? As ek nog steeds die guns van mense soek, sou ek geen dienaar van Christus wees nie.

      – Galasiërs 1:10

      Hoe belangrik is mense se goedkeuring en guns vir jou? Wat is jy bereid om te doen om meer punte by die regte mense te score? Om in te wees by dié wat jou posisie in die lewe kan bevoordeel?

      Is jy bereid om te

Скачать книгу