Скачать книгу

foto’s. By die venster staan die wit teleskoop op ’n driepoot.

      Hy kyk om, sien Nxesi hou hom met groot aandag dop. “Kan ek na die sleutel kyk, Tommy?”

      Die Xhosa-speurder hou dit na hom uit. “Dié een is vir die voordeur.” Hy wys die silwer Yale-sleutel. “Dis vir haar kar, die ander is vir van die kaste daar bo.” Die bossie is aan ’n metaalringetjie.

      “Was daar spaarsleutels iewers?”

      “Net vir die kaste, en vir haar kar. Sy’t dit in die laai langs haar bed gehou.”

      “In haar kantoor?”

      Nxesi skud sy kop.

      “En sekuriteit? Het hulle ’n sleutel?”

      “Hayi. Net die caretaker het ’n loper, maar hy het nie ’n lift card nie. Security moet hom bring, but only if the owner has given permission.”

      “Haar kar?”

      “Dit staan nog hier onder in die parking garage. Mini Cooper S Convertible. Forensies is daardeur. Nothing.”

      “Dankie.” Griessel gee die sleutels terug.

      Hy kyk af na die bloed.

      Op die blink, grys marmerteëls, drie tree van die ingang af, is die eerste fyn waaier van bruin, droë bloedspatsels, in swart omkring deur forensies. Omtrent ’n meter verder is die wye, versteende plas waar sy gelê het.

      Griessel staan terug, tot in die voordeurkosyn, loop dan twee treë vorentoe. Nog ’n skuifelpas. Hier sou die moordenaar gestaan het. Hier is die enkele wond toegedien. Sy het teruggeval, sekerlik van die geweld daarvan. Daar inmekaargesak.

      Griessel buk af, kyk na die voorste, delikate spatsels. Dit is perfek bewaar, geen voetspoor, geen smering nie.

      Hy loop agter die pilaar verby, na die kombuisie toe. Die wasbak is leeg. Die werksoppervlak is skoon, net soos op die foto’s.

      “Tommy, hier was niks in die wasbak nie?”

      Nxesi kom staan by hom. “Niks. Sy’t by die werk geëet. Thai take-away ge-order, so by six forty die aand. Van ’n delivery service wat dit onder by Silberstein House se reception gelos het, five past seven. Toe bel hulle haar, toe gaan kry sy dit. Die bokse was in haar trash. That’s why the pathologist was so certain about the time of death. He says that last meal had barely left the stomach, there was very little in the small intestine. As sy net voor sewe geëet het, was die time of death baie naby aan tienuur.”

      “Jy’s ’n goeie speurder, Tommy,” sê Griessel nadenkend.

      “I try …”

      “Toe ek … Hulle het dit met my ook al gedoen, Tommy. My saak vir iemand anders gegee. Ek weet hoe dit voel.”

      “Kaptein, dis O.K.” Hy skuif weer met sy vingers aan sy bril.

      “Dis makliker as jy die hele dossier eers kan lees. As al die voetwerk klaar gedoen is.”

      “Maak nie saak nie. Kom ons vang net die een wat dié ding gedoen het.”

      Griessel sien die erns op Nxesi se gesig. “Dankie, Tommy.” Hy beduie na die boonste verdieping. “Daar was ’n wynglas, langs haar rekenaar. Maar nie ’n bottel nie …”

      Nxesi trek ’n deurtjie oop van die losstaande kombuis-werksbank, en wys met sy vinger. “Die wyn het hier gestaan, forensics het die bottel saamgevat. Red wine, oopgemaak, die bottel was so half.”

      Sloet moes die wyn kom ingooi het, die bottel gebêre het. “Sy was netjies.”

      “Jy moet die kaste sien. Dis soos ’n winkel.”

      “In watter laai is haar messe?”

      Nxesi wys na ’n stel laaie. “Die cutlery is bo, die utensils in die derde een,” sê hy.

      Griessel trek die boonste laai oop. Silwer eetgerei, vurke, messe, lepels, teelepels. Niks wat naastenby die moordwapen se afmetings kon wees nie.

      “Daar’s drie kitchen knives in die ander een,” sê Nxesi. “But nothing that comes close.”

      Bennie maak die derde laai oop. Dit is nie baie vol nie. ’n Paar opskep- en slaailepels, ’n klein verskeidenheid kookinstrumente. En drie messe met swart hewwe, verskillende groottes, die langste een is ’n vleismes, maar die afmetings is steeds te klein om die moordwapen te kon gewees het.

      “Even if there was a bigger one in that set, sou hy steeds te maer gewees het,” sê Nxesi. “Ek het dié flat deurgesoek, kaptein. As sy ’n dagger of ’n assegaai gehad het … No trace. Ek weet nie …”

      Griessel stoot die laai toe, loop na die yskas, maak dit oop. Daar is nie veel in nie. Twee houers gegeurde jogurt van Woolworths, en een met fetakaas. Twee soorte geel kaas, elk in sy eie plastieksakkie verseël, ’n tweeliterbottel lemoensap, een derde leeg. ’n Bottel witwyn, onoopgemaak, ’n houer margarien, ’n Tupperware-bakkie met wat lyk na beetslaai daarin.

      Hy trek die vriesgedeelte se deur oop. ’n Bak roomys, ’n paar sakkies bevrore groente, ’n enkele pak hoenderdye.

      Hy stoot die deur weer toe.

      * * *

      Bo kyk hy eers na die tweede slaapkamer, die een met die verseëlde kartonne in. Die bokse is netjies op die enkelbed gepak, haaks met die hoeke. Die twee opgerolde Persiese tapyte is teen die leë wit boekrak gestoot, sodat jy maklik na die bed toe kan stap.

      Griessel loop tot by die bed, inspekteer die bokse. Hulle is nog verseël met die breë kleefband wat vervoermaatskappye gebruik.

      Nxesi volg hom met die uitloop, dan in die kort gang af na die hoofslaapkamer. Aan die punt van die gang, net voor die kamerdeur links, is ’n groot venster met ’n uitsig oor die stad.

      Die slaapkamer is groot. Ingeboude kaste teen ’n lang muur af. Sloet se werkstafel oorkant, tussen die twee groot vensters, die roomkleurige gordyne toegetrek, net soos op die foto’s. Teenoor die deur staan die groot, minimalistiese dubbelbed, links daarvan die ingang na die badkamer. Op die vloer is ’n groot Oosterse tapyt, ook roomkleurig, met fyn bruin patrone.

      “Die lamp was aan,” sê hy.

      “Hy was.”

      Die werkstafel is nou leeg, die rekenaar en lêers verwyder. Hy trek sy asem in om te vra oor die rekenaar, maar sy selfoon lui. Hy trek dit uit sy hempsak. ALEXA, sê die skerm.

      “Hallo.”

      “Bennie, ek kan dit nie doen nie.” Daar is absolute angs in haar stem.

      Hy loop uit na die gang toe voor hy vra: “Hoe bedoel jy?”

      “Ek kan nie die konsert doen nie, Bennie. Ek kán nie.”

      8

      “Alexa, nee, moenie jou nou bekommer nie, ek is netnou …”

      “Dit gaan my verwoes, Bennie.”

      Hy weet nie wat om vir haar te sê nie, skielik bewus van sy onvermoë om die regte woorde, die regte aanslag te kry. “Dit sal nie,” is die beste wat hy kan doen. “Jy’s Xandra Barnard.”

      “Ek is niks, Bennie.” Die huil is vlak in haar stem.

      “Ek … Alexa, gee my net ’n uur. Het jy al koffie gehad?”

      “Nee,” sê sy in ’n klein stem.

      “Gaan maak vir jou koffie. Eet iets. Bad … Ek kom so gou as wat ek kan. Ek is by die werk …”

      Stilte.

      “Alexa …?”

      “Ek weet nie wat om te doen nie, Bennie.”

      “Sal jy solank gaan koffie maak?”

      “Ek sal.”

      “Ek belowe ek kom so gou as

Скачать книгу