Скачать книгу

nie, ek laai jou by die Mall af as ons klaar is,” sê Pa. “Dit sal goeie ondervinding vir jou wees. Toe ek so oud soos jy was, kon ek al jobs op my eie doen.”

      “Pa …” Oh, wow. Dis wat mens noem smelt-in-die-mond aartappel, ek kreun amper van plesier.

      “Jy moet oppas by die games arcade,” sê Marlie. “Daai ouens uit jou klas hang daar rond, ek en Suzanne het hulle nou al ’n paar keer gesien as ons daar verbyloop.”

      “Watter ouens uit my klas?”

      “Daai groot ouens. En daai een wat soos Usain Bolt lyk.” Sy haak haar hare agter haar oor in. “Hulle sukkel partykeer met die kleintjies daar. Ek is obviously nie bang vir hulle nie, hulle sal niks waag met my nie. Maar van jou maak hulle maalvleis.”

      O ja? Ek lig my ken. “Ek skrik nie vir groot ouens nie.”

      Ouma trek die slaaibak nader. “If you think you’re too small to make a difference, you’ve never been to bed with a mosquito,” sê sy.

      “Ja, wel, die mosquito moet ook maar oppas of hy word pap geklap,” sê Marlie.

      Ek sug gelukkig. Hierdie kos is perfek. Smaaklik. Sappig. As ek ’n bord hiervan voor Suzanne kan neersit …

      “Het julle geweet,” sê ek, “Chuck Norris kan sop eet met ’n vurk.”

      Toe die klok lui, vat ek die drukstuk van die e-pos na Pottie se lessenaar. Pottie is nie sleg vir ’n onnie nie. En EBW is nie sleg vir ’n vak nie. Pottie sê altyd die toekoms behoort aan die ouens wat geleenthede raaksien. Daar is plakkate van Richard Branson, Steve Jobs en Bill Gates in sy klaskamer.

      “Meneer wou hierdie gehad het,” sê ek en hou die papier na hom uit.

      Daar’s ’n groen koki-streep op sy hemp. Hy vat die papier en kyk daarna. “A, die e-pos, dankie! Die kanse is nul dat hy sal antwoord, natuurlik, maar julle moet leer om die ding behoorlik te doen.” Hy sit die papier op sy tafel neer. “Interessante konsep van julle, hoor.”

      “Die taak?” maak ek seker.

      “Ja. Ek dink mens kan dit laat loop, ek gaan kyk of ek iets daarmee kan doen.” Hy stoot sy bril op teen sy neus. “Maar hou dit eers stil tot ek als agtermekaar gekry het.”

      “Dit sal cool wees, Meneer!” grinnik ek.

      “Die idee is goed,” sê Pottie. “Kom ons kyk wat gebeur.”

      Ek is so in my skik dat ek amper weer op my plek gaan sit voor ek besef dis matrieks wat raserig die klas begin instroom.

      Ek draf uit in die gang toe ek onthou ons volgende klas is LO. Ek verminder dadelik spoed. Vir die tweede dag na mekaar, dis wat mens noem swak beplanning.

      Ek stryk rustig aan deur die westegang toe ek Suzanne sien, naby die hoek voor ’n kennisgewingbord. Sy het ’n paar papiere by haar en is besig om een met drukspykers vas te steek toe sy opkyk.

      “Haai!” sê sy.

      Ek het nie geweet sulke kort rompies is toelaatbaar nie.

      Ek voel ’n bietjie soos Dompeldorius as hy sukkel om al twee oë in dieselfde rigting te kry. Soos op Suzanne se gesig.

      “Haai!” kwaak ek.

      “Die graadtiens hou Maandag koekverkoping!” Haar glimlag verlig die hele gang. “In die middelste quad. Bring baie geld saam, nè.”

      Is dit maar al wat sy wil hê? Sy kan ’n arm ook kry, of ’n oor, of …

      “Mngk,” sê ek intelligent, en begin om agter haar verby te kruip.

      Wag!

      Suzanne en Marlie is vriendinne. Hulle is meisies. Meisies praat die hele tyd met mekaar.

      “Is dit nie ongelooflik van Marlie en my ma nie?” sê ek ongeërg oor my skouer.

      “Ja!” Suzanne kyk verras na my. “Ek het nie geweet jy weet nie. Dis net so amazing.” Sy druk die laaste spyker netjies in.

      “Amazing!” Ek knik my kop ernstig.

      “En ek was by toe sy die e-pos gekry het,” sê Suzanne. “As mens net kon uitvind wie dit gestuur het.”

      “Dis die groot vraag,” beaam ek.

      “Ek moet gou die ander kennisgewings ook gaan opsit.” Suzanne waai papiere. “Sien jou by die koekverkoping!”

      Ek stap stadig aan. E-pos. Raait. Vanmiddag is die middag dat ek en Marlie oor ’n paar dingetjies gesels.

      In die LO-klas is die Yskoningin besig om papiere uit te deel. Dit lawaai nog soos die kinders rondskuif en goed uit hulle boeksakke haal. Ek mik om stilletjies in te sluip.

      Dit werk nie.

      “Whoo-hoo, Chuck Norris is hier!” roep iemand van agter af.

      Ek ignoreer dit en loop na my bank.

      “Nee, Mini-Me!” skree iemand anders. Bulderende gelag. Jis, dis slim, hoor.

      Ashish loer na my toe ek in die bank oorkant hom inskuif.

      Ek bekyk die papier wat voor my lê. Dis ’n werkvel waarop mens goed moet invul.

      Ken jouself:

      Wat is jou drome vir die toekoms? (Noem vyf)

      Oor watter vaardighede beskik jy om hierdie drome waar te maak? (Noem vyf)

      Wat is die stappe …

      Ek kreun. Ek het drome, oukei! Maar hoekom op aarde sal ek dit met die Yskoningin wil deel?

      Ek draai die vel om, daar is nog vrae op die agterkant.

      “Albert?”

      Die lug vries om my ore.

      Ek kyk vinnig op.

      “Probeer tog moeite doen met hierdie een?” sê die Yskoningin.

      Hoe kan mens moeite doen met iets wat simpel is? Ek buk om my pennesakkie en blok rofwerkpapier uit my boeksak te haal. Die buiteblad is bekrap met blou pen, potlood en geel highlighter.

      Droom Nommer Een: Hê ’n meisie oor minder as tien jaar.

      Sug. Liewer nie. Die Yskoningin sal dit dalkies nie waardeer nie.

      Ek rek my nek om te sien wat Ashish besig is om onder Drome te skryf.

      1. Red die gorillas van Rwanda.

      O ja? En wat weet Ashish van die gorillas van Rwanda?

      Ek klik my pen in en uit. Van watter e-pos het Suzanne gepraat? As daar iets vreemds aan die gang is, behoort Marlie ten minste darem vir Pa daarvan te sê?

      Wat is jou drome vir die toekoms?

      Ek teken ’n blou vierkantjie bokant ’n potloodsirkel op die rofwerkboek.

      Droom Nommer Een: Wys die ouens op die agterbanke ’n punt of twee. Vergeet van die gorillas van Rwanda, Mini-Me wil die gorillas van Pretoria Rand regsien.

      As ek net ’n manier kan kry wat sal werk. Spierkrag gaan dit nie doen nie, om vanselfsprekende redes. Maar ek is ook nie een van die top-studente nie, so ek kan hulle nie eens met my wonderlike brein zap nie.

      Ek teken ’n stokmannetjie binne-in die sirkel.

      Ek skuif rond, loer weer na Ashish se lysie.

      5. Leer alles oor sosiale media ingeval dit nodig is om ’n revolusie te begin.

      Ek kyk uit by die vensters. Daar buite is vryheid, die lug blou en oop bokant dakke en boomtoppe. Ek het dit al hoeveel keer gesien, maar tog lyk dit nooit presies dieselfde nie. Dis soos by die huis. Ek het op 1 Januarie begin om elke dag twee foto’s te neem, een van die voordeur af, en een van die agterdeur af, op verskillende tye van die dag. Nie

Скачать книгу