ТОП просматриваемых книг сайта:
Op die toneel. Dana Snyman
Читать онлайн.Название Op die toneel
Год выпуска 0
isbn 9780798153706
Автор произведения Dana Snyman
Жанр Публицистика: прочее
Издательство Ingram
Ek is bang ons vergeet, Pa, omdat ons te bang of te skaam is om te onthou.
’n Jaar of wat na daardie vergadering by die pastorie het Pa een Sondag ná kerk na Taki se kafee gery en die Engelse Sondagkoerant gaan koop. Onthou Pa dit? Dit was vreemd, want Pa het nooit ’n Engelse Sondagkoerant gekoop nie. Pa het wel die Afrikaanse Sondagkoerant gekoop, maar eers op ’n Maandag. Om die Sondagkoerant op Sondag te koop, was toe nog ’n sonde.
Op die Engelse koerant se voorblad was ’n foto van ’n klomp karre wat voor ’n gebou geparkeer staan. Dit is by ’n ontspan-ningsoord naby die Hartbeespoortdam geneem, en bokant dit het iets gestaan soos: “Broeders exposed”.
Pa het die koerant heel bo-op Pa se boekrak gebêre, maar die Maandagmiddag toe niemand by die huis was nie, het ek op ’n stoel geklim en dit afgehaal.
Dit is waar ek die eerste keer die woord gesien het: Afrikaner Broederbond.
Maar ek het Pa nie gevra of Pa aan die Broederbond behoort nie. Onthou Pa?
Dit het deel geword van die woordelose gaping tussen ons.
Ek het eers vir seker geweet Pa behoort aan die Broeder-bond toe ek in 1976 een middag in Pretoria in die CNA in Schoemanstraat kom en daar lê ’n boek: The Super Afrikaners deur Hans Strijdom en Ivor Wilkens. Agterin die boek, soos Pa seker weet, is mos ’n lang lys met die name van Broederbond-lede.
Toe sien ek, toe weet ek.
Ek het die boek daardie dag gekoop, en weet Pa wat? Ek het dit na al die jare nog steeds nie gelees nie. Ek wonder hoeveel ongeleeste eksemplare van daardie boek staan op boekrakke in hierdie land.
Ek is weer eens jammer oor my uitbarsting nou die aand by die kombuistafel. Ek hoop ons kan mekaar vergewe.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.