Аннотация

Dis 1934. Poppie Nienaber is 22 jaar oud, en sy werk in die Haberdashery-afdeling in Mr Cristal se algemene handelaar op Bethlehem. Saam met haar ouer sussie, Anna, woon hulle in tant Nelie se losieshuis in die straat af, en haar broer Jannie kom kuier gereeld op ’n Sondagmiddag, sedeprekies en al. Poppie weet daar is geheime in die familie waarvan sy niks weet nie, en dat Sussie Anna dinge van haar weghou. Party goed onthou sy vaagweg, soos haar ma wat staan en strykwerk doen, die skroeireuk van ’n stryklaken wat hang in die lug. Dis wanneer Poppie besluit om haar eie potjie te gaan krap op Senekal dat dinge stadig in plek begin val. En dis hier waar sy die spoorwegklerk Frikkie Bredenkamp ontmoet . . . Alles begin met Anna is losweg gebaseer op die skrywer se eie familiegeskiedenis. Die roman vertel ’n roerende verhaal oor drie geslagte heen, van voor die Anglo-Boereoorlog tot die aanloop en gebeure van die Tweede Wêreldoorlog. Bowenal vertel dit die verhaal van Coetser se eie ouers Poppie en Frikkie, en waar sý, die skrywer, vandaan kom. Meesleurend én toeganklik – hoogs leesbare historiese roman in dieselfde trant as Vuur op die horizon.

Аннотация

Die Johannesburgers word met nuwe uitdagings gekonfronteer ná afloop van die aanvanklike goudstormloop van die 1880’s. Oornag word die nuus versprei dat die opbrengs van oop myngragte deurspek is met piriet. Kit Malloy besef dat hy ongekende rykdom sal bekom indien sy planne om ’n kontroversiële suiweringsmetode op die been te bring, wel suksesvol is. Deborah Mannheim worstel steeds om te besluit waar sy hoort – by haar hartsverlange, Malloy, of by die Mannheims. Boonop word sy onverwags aangestel as bestuurder van die Mannheim-familie se sakeryk. Op politieke gebied begin onweerswolke saam te pak wanneer die wantroue tussen die Boere en Britte ’n breekpunt bereik. Karl Mannheim se besluit om by die Jameson-rebellie en later by die Anglo-Boereoorlog betrokke te raak, stel sy familie se belange in gevaar. Maar hy is vasbeslote om sy vrou, Deborah, se respek te herwin. En Kit Malloy, steeds lojaal aan rolspelers in beide Britse en Boere-alliansies, word gedwing om kant te kies.

Аннотация

In dié opvolg op Debora en seuns is die fokus weer die lief en leed van die Schlagerfeldts. Dis nou die 1960’s, en die hoofkarakter is Debora se kleindogter, ook ’n Debora. Dié 27-jarige dokter kom terug na die Oos-Vrystaat om by haar pa in sy praktyk aan te sluit. Maar dan ontmoet sy dr Tristan Murray en al haar voorgenome drome stort ineen. Sy volg haar neef na Londen om haar wonde te lek, en vind dat die pad van verlore liefde na geluk deur gevaar en hartseer lei.

Аннотация

“Die mens is ’n verbasende wese, dink hy, om tegelykertyd soveel botsende emosies te kan ervaar en verwerk. Aan die een kant het hy nou met doelgerigtheid ’n man se dood beplan. Dit bevredig hom. Verraad vir verraad.” Dis die goudstormloop van die 1880’s in Johannesburg. Hebsug, verraad en passie is aan die orde van die dag. Die sewentienjarige Deborah von Albein word gedwing om hul familieplaas in die Karoo te verlaat en na die Goudstad te verhuis. Dis hiér, terwyl sy onverwags as hul gesin se broodwinner optree, waar sy boonop moet kies tussen Kit Malloy, ’n ambisieuse dobbelsaloneienaar, en Karl Mannheim, die eksentrieke erfgenaam van die Mannheim-fortuin. Malloy se ambisie kom hom egter duur te staan wanneer sy onderhandelinge met Paul Kruger bots met die ideale van Cecil John Rhodes. En Karl Mannheim se obsessies bereik ’n breekpunt wanneer die vooruitsig van ’n volmaakte toekoms een nag aan skerwe spat. Onvermydelike konfrontasies volg. En só begin die drieluik van Die Mannheim-sage . . . Gebaseer op die gewilde radio- en TV-reeks deur die bekende aktrise en skrywer Lerina Erasmus.

Аннотация

William van Reede van Oudshoorn is ’n goewerneur se seun, met ’n belangrike plek in die Kaapse regering. Sy lewe is ordelik, aangenaam, welgesteld, met sy woning, Saasveld, ’n paar goeie vriende en sy groeiende kosmopolitiese dorpie. Toe bring die see hom iets wat hy lank ontbeer het: die liefde van ’n vrou. Maar in die winter van 1795 breek storms oor die land, waarin William veel verloor wat hy gedink het syne was. Behalwe sy volgehoue verset teen verraad en vreemde oorheersing. Dan Sleigh eindig sy skrywersloopbaan, wat in Eilande met die pionierstyd begin het, in 1795 met die Kaap se laaste maande onder die Kompanjiesvlag – ’n onvergeetlik unieke herskepping van ’n verbygegane era, subtiel relevant vir vandag se uitdagings aan die suidpunt van Afrika.

Аннотация

Did you know the term 'roughing it' comes from the tent city at Algoa Bay? Or that the settlers carried grain rations from Grahamstown on their backs for kilometres? One even called her new home 'the most miserable country in the world'. 1820 descendant Ralph Goldswain retells the tale of the settlers' dramatic first three years in South Africa in lively first-person accounts. Their letters, journals and diaries tell of the dangerous sea voyage, their dismal introduction to their new country, and establishing farms in a difficult environment plagued by drought, floods and locusts. In this engaging read with a delightful narrative touch, we journey with this resilient group of people as they battle nature, an increasingly hostile Xhosa nation and an exploitative colonial government.

Аннотация

Bekroon met die derde prys in NB-Uitgewers se Groot Romanwedstryd. Esther van Emmenes het nie die bakkie hoor stilhou nie. Sy loop heeltemal ingedagte tussen die ou grafstene in die Fouriesburgse begraafplaas rond. Soekend. Sy is dikwels in die begraafplaas. Dit is waarom sy op dié Vrystaatse dorpie kom woon het, om naby die bronne vir haar navorsing te wees. Veral naby die Brandwaterkom te wees, want dit is waar kommandant Fanie Vilonel in die Anglo-Boereoorlog die oorgawe van meer as vierduisend Boerekrygers bemiddel het. Dis na sý spore dat sy soek, Vilonel s’n. Dan hoor Esther die bakkiedeur klap; sy kyk verskrik om. Deur die hek van die begraafplaas kom ’n man aangeloop. ’n Onbekende man. Hy sê hy wil haar iets wys wat vir haar navorsing baie sal beteken . . . Alexander Strachan se Brandwaterkom is ’n dubbelloop-roman: ’n bloedstollende oorlogsverhaal én ’n diepsnydende ondersoek na die verraderlike manier waarop verhale met ons op loop gaan. Met verbluffende vernuf trek Strachan albei snellers gelyk.

Аннотация

Debora en haar gesin daag een nag uit die bloute op en maak opslae op die dorp. Die dorpenaars begryp hulle nie, want hulle hou hulle eenkant. Maar Debora-hulle is die mense op wie Margot Scott so lank gewag het. Die mense wat haar lewe sal vól maak. Al waarsku haar ma haar dat mense kom en mense gaan. Die Tweede Wêreldoorlog breek uit en Margot leer dat die liefde vol geheime en hartseer kan wees. Tog is dit liefde wat haar dryf om ’n groot sprong te waag die vreemde in. Een wat haar lewe kan kos . . .

Аннотация

In 1837 het ’n engel aan ’n jong skaapwagter verskyn, en die weerklank van hierdie gebeurtenis in sy eie lewe en dié van ander mense oor ’n tydperk van anderhalwe eeu is die onderwerp van hierdie roman. Die eerste verteller wat aan die woord kom, is ’n man in die hede wat sy tuisdorp ná baie jare weer besoek, en veral meer wil uitvind oor Daniël Steenkamp (Danie Versies), die skaapwagter wat die engel gesien het en wat ’n versameling eenvoudige, religieuse verse nagelaat het. Dan is daar die stemme uit die verlede wat verskillende perspektiewe op die gebeure bied: Dominee Heyns en later die onderwyser Jood wat albei van Daniël Steenkamp se verse publiseer; Daniël self, sy suster, en Heyns en Jood se weduwees. As iemand die verlede wil opteken, kan hy/sy slegs nog “kyk en luister, . . . maar om te verstaan, is nouliks meer moontlik. Die verlede is ’n ander land.” Hierdie woorde uit die roman is een van die hooftemas van Schoeman se drieluik Stemme.

Аннотация

Op ’n kontinent wat ongelooflike rykdom verberg, aanskou Sean Courtney en sy tweelingbroer, Garrick, die eerste lewenslig. Die sorgelose lewe op hul pa se plaas in Natal word egter wreed onderbreek wanneer geweld, begeerte en die noodlot Sean wegruk van alles wat bekend is. Op die Witwatersrand, waar goud pas ontdek is, moet Sean sy pad oopveg na sukses. In die tog om sy fortuin te maak, bou hy ook ’n lewenslange vriendskap, konfronteer sy duiwels en baan sy weg na ’n belowende toekoms. Dan ruk verraad die mat onder sy voete uit en als waaroor hy gewerk het, word skielik van hom af weggeneem. Maar wie nie waag nie, wen nie . . . In die wildernis wag ’n nuwe avontuur. Niks kry hom onder nie – nie ’n verwoede aanval deur ’n olifantbul of die grusame sterftes wat hy moet aanskou nie – en steeds bly Sean droom van ’n gesin en ’n plaas van sy eie. Die dapper jong man wat alles met bloedsweet oorwin, besef egter weldra dat die verlede hom steeds in sy kloue beet het . . .