Аннотация

Sanlam/Insig/Kwela Groot Romanwedstryd (2001), WA Hofmeyr-prys (2003), RAU-prys vir skeppende skryfwerk (2003), M-Net-prys vir skeppende werk in Afrikaans (2004), Helgaard Steyn-prys (2004). EILANDE is méér as net 'n boek. Dis 'n magistrale roman, 'n oerteks wat saam met die Dagjoernaal van Jan van Riebeeck gelees behoort te word. Dis eintlik 'n gebeurtenis wat 'n andersmaak bring vir elkeen wat dit onder hande neem. Maar dis ook 'n helder boek. Dit sê vir jou in die eerste lang paragraaf wat dit gaan doen, en dan doen dit daardie ding. Dit plaas ons geskiedenis, in 'n daad van liefdesbetuiging, in die liggaam van 'n vrou. Daar word dit vasgeknoop, en dan word vertel wat uit dié verbinding voortgekom het. Sewe stukke lewe is hier ter sprake, almal manslewens wat iewers gewentel het om die bestaan van hierdie vrou in wie se liggaam die wit bloed en die bruin bloed saamgevloei het. Sewe mansmense wie se geskiedenisse byna soos aardplate oor mekaar skuif met dié vrou as swaartepunt. EILANDE bied 'n soort onuitputlikheid. Dit herroep die woord 'respek'. Respek vir wat verbygegaan het. Respek vir die byna onuitspreeklike woestheid van die mens se verlange tot bestaan, tot erkenning, tot leef op aarde. Maar veral respek vir diegene wat dit opgeteken het, vir die eerlike arbeid wat in so 'n poging opgegaan het.

Аннотация

William van Reede van Oudshoorn is ’n goewerneur se seun, met ’n belangrike plek in die Kaapse regering. Sy lewe is ordelik, aangenaam, welgesteld, met sy woning, Saasveld, ’n paar goeie vriende en sy groeiende kosmopolitiese dorpie. Toe bring die see hom iets wat hy lank ontbeer het: die liefde van ’n vrou. Maar in die winter van 1795 breek storms oor die land, waarin William veel verloor wat hy gedink het syne was. Behalwe sy volgehoue verset teen verraad en vreemde oorheersing. Dan Sleigh eindig sy skrywersloopbaan, wat in Eilande met die pionierstyd begin het, in 1795 met die Kaap se laaste maande onder die Kompanjiesvlag – ’n onvergeetlik unieke herskepping van ’n verbygegane era, subtiel relevant vir vandag se uitdagings aan die suidpunt van Afrika.

Аннотация

Dan Sleigh se jongste manuskrip handel oor die lewe se ewige dans met die dood – alle lewe, ook die lewe van die skryfkuns. Die protagonis, Koos van der Merwe, was eens een van Goeie Hoop Uitgewers se topskrywers, en dit is waarom ’n woonstel in Bay View Villas aan hom toegeken is, op ’n verdieping wat die uitgewery reserveer vir die skrywers van topverkopers. Maar die muse het Koos verlaat. Jare reeds wag sy uitgewer vergeefs op nuwe werk uit die pen wat voorheen die kasregisters laat klingel het. Die uitgewery se geduld het opgeraak; Koos mag net in die woonstel aanbly as hy produktief is. In ’n bestel waarin kommersiële sukses die hoogste waarde is, is daar in elk geval nie plek vir iemand wat so verstok in sy weë is en so wars van alles wat progressief en modieus is nie. Die uitgewery speel sy troefkaart: Carelina van der Merwe is een van die inspirerendste redakteurs, en as sy nie nuwe lewe in Koos se loopbaan kan blaas nie sal niemand nie. Carelina waai soos ’n stormsterk suidooster by Koos se woonstel in. Hy gooi wal, hy skerm, hy vlug . . . maar uiteindelik begin hy vertel wat dit is wat die donker kolk in hom uitgeruk het waarin alle kreatiewe energie verdwyn. En al vertellende word sy skermutseling ’n dans. Dit is uiteindelik weer die dans met die muse, maar noodwendig weer die lewe-dood-dans, die dans van die lewe.

Аннотация

Afstande is ’n aksiebelaaide reisavontuur vol ontdekkings, uiterste ervarings en hand-tot-hand-gevegte, dit is ’n verhaal van verraad en broedermoord, bevolk deur waarsêers en hekse, fanatiese profete en hul kranksinnige profesieë, voetsoldate wat leef van varkbloed en asyn, mense wat elke dag begin met die slag van ’n offerdier.