Аннотация

’n Omnibus wat twee romans, ’n novelle en ’n paar kortverhale insluit. Soos altyd fokus hierdie gewilde liefdesverhaalskrywer op die verhoudings tussen mense. In ’n Tyd om lief te hê keer Marina Joubert en haar seuntjie uit Griekeland terug na haar geboortedorp in die Vrystaat. Sal die konserwatiewe dorpsmense Marina ooit vergewe vir die fout wat sy jare gelede begaan het? In Lelie van die Laagte sorg Mia Dijkstra (‘n jong predikant) ten spyte van haar skraps besoldiging vir haar suster, Karien. Dis ’n uitkoms as hulle by hul tante kan gaan bly, maar nou moet Mia as kelnerin in ‘n restaurant werk om haar inkomste aan te vul. En sy moet boonop twee mans leer hanteer. In die novelle, Die skadubelofte, keer Dokter Pierre Greeff na jare se studie uit die buiteland terug om hom op sy tuisdorp te vestig. Maar dit lyk asof hy heeltemal vergeet het van Madel Marais met die oë van ‘n engel… Die ander twee verhale dra ook albei die De Kock stempel: deernis met die mens, en humor.

Аннотация

Twee van Helene de Kock se gewildste wynlandverhale: 'n Kind vir vier oude Vrinde is 'n liefdesroman wat lees soos 'n speurverhaal. Die legende van die baba wat eeue gelede een nag op die drumpel van die ou opstal gevind is, herleef wanneer die pragtige erfgenaam, Isabel Verwey, een stormagtige nag wakker word en 'n baba by haar deur kry … Wie het die baba daar gelos? En met watter geheime leef Isabel self saam? Volmaakte versnit is die verhaal van 'n vrou wat in haar drang om vry te wees die verkeerde keuse gemaak het, 'n keuse wat haar weggeneem het van haar mense. En dan keer sy terug na die wynplaas en vind uit dat 'n krisis 'n mens kan breek óf balans kan bring, die volmaakte versnit tussen vreugde en pyn. Dit is wat liefde is …

Аннотация

Hierdie omnibus sluit in die gewilde Abel se dogters , ’n 3-delige familiesage, asook een van die skrywer se wynlandromans, Soetwyn vir ’n Sondagkind. In eersgenoemde roman wat afspeel op ’n Oos-Vrystaatse plaas smag Abel Buitendag se drie dogters na meer warmte. Sedert hul ma se dood klou hul pa verbete vas aan dit wat verby is. Maar soos Abel se dogters een vir een uit die huis gaan en deel word van die groot wêreld, gryp die lewe hulle vas. ’n Menslike familiesage wat met deernis en humor vertel word.Soetwyn vir ’n Sondagkind is die verhaal van ’n jong meisie wat vir die eerste keer voor die kompleksiteite van die lewe te staan kom en in die proses ryp word. Kleintyd al het Nicola besluit dat sy eendag soetwyn gaan maak op haar stiefpa se wynplaas. Maar wanneer sy terugkom van haar studies in die buiteland, het dinge verander

Аннотация

Een Sondagmiddag in die herfs van 1918 kom ’n driejarige uit Vredenhoek se wingerd die Erasmus-familie se binnekring ingestap. Niemand herken hom nie. Die kind kan self nie sê waar hy vandaan kom nie. En dié wat weet, wil nie praat nie. So bly dit vir twintig jaar lank. Altyddeur smag Laurens Erasmus om te weet wie hy werklik is. Want hoe kan mens iemand wees as jy nie weet waar jy vandaan kom nie? Nie eers die buurdogter Carijn den Hagen, wat daardie eerste dag in die wingerd haar hand na hom uitgesteek het, kan hom help nie. Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog verander alles. Dit gooi lewens omver. Vir sommige beteken dit die einde. Vir ander maak dit deure oop.

Аннотация

In Vuurvliegie bring die liefde sy kwota verdriet. Maar Danien Fouché het ’n eienaardige gevoel dat sy ’n mens-binne-’n-mens liefhet. In Sewende somer keer Ester Kolbe terug na die plek waar sy en Zach Dijzel liefgehad het. Niemand het nog die gebeure van sewe jaar gelede vergeet nie en Zach Dijzel het verdwyn. Windspoor is ’n verhaal van liefde en van verraad. Laura Helmer se bruidegom verdwyn ’n kort rukkie voor hul troue. Maar daar is ’n geheimsinnige windspoor wat na hom toe lei nie…

Аннотация

“Strome water kan die liefde nie blus nie, riviere kan dit nie afkoel nie.” Drie liefdesverhale wat by mekaar aansluit: Man van kaliber is die verhaal van Jessica en haar uiteindelike ontdekking dat ’n mens se onvolmaaktheid juis sy menslikheid openbaar. Sy ontmoet vir Karel en Kiewiet, sien weer haar ou liefde, Daniël. Maar watter een het werklik “kaliber”? In Vrou van formaat is Danika vies vir mans: ’n vrou moet modelmooi wees of sy is niks in hul oë nie. Van kleins af stry sy teen dié onregverdigheid. En sedert daardie traumatiese aand in Frankryk, het “mooi” vir haar finaal ’n vloekwoord geword! Mense van faam gaan oor tweelingsusters. Debora, die koel advokaat, reken die Mynhards is net ’n klomp snobs. Die sprankelende Diana wil egter graag deel word van dié wynboer-clan, en Debora word teen haar wil ook ingetrek. Maar sy besef vinnig dat daar meer agter dié familie skuil as slegs ’n naam.

Аннотация

In dié opvolg op Debora en seuns is die fokus weer die lief en leed van die Schlagerfeldts. Dis nou die 1960’s, en die hoofkarakter is Debora se kleindogter, ook ’n Debora. Dié 27-jarige dokter kom terug na die Oos-Vrystaat om by haar pa in sy praktyk aan te sluit. Maar dan ontmoet sy dr Tristan Murray en al haar voorgenome drome stort ineen. Sy volg haar neef na Londen om haar wonde te lek, en vind dat die pad van verlore liefde na geluk deur gevaar en hartseer lei.

Аннотация

“Want die liefde wonder nie – dit wéét.” Die soete dwaling: Dr. Daïrus Deetlefs se ma probeer om sy lewe – en ’n huwelik met Martine – vir hom te reël. Hy vlug na Londen en sy ouers kan dit nie begryp nie. Daar ontmoet hy iemand uit sy verlede: die misterieuse Sylvia Saunders. Seisoen van die skimmelson: Madel studeer sang in Beiere en moet haar jeugliefde agterlaat. Net tydelik, so glo sy. Sy besef egter mettertyd dat sommige besluite jou oor ’n afgrond kan stuur. Anderkant die vloedwaters: Dr. Bernard Linde voel hy benodig standvastigheid: Die tyd het aangebreek om ’n vrou te vind. Een stormnag laai hy ’n vreemde vrou op – en net so skielik verdwyn sy. Een ding wéét hy: Hy gaan nooit weer dieselfde wees nie.’n Vrou vir Ver-en-Naby: Laura Krause wonder wát sy moet doen om uit haar moeilike huwelik met Simon te ontsnap. Sy het nie antwoorde nie, en vat die pad. Hoe hou ’n vrou kop as haar hart nie weet waarheen hy wil nie? Miskien lê die antwoord by ’n onverwagse afdraai en ’n koppie tee op Clarens.

Аннотация

Debora en haar gesin daag een nag uit die bloute op en maak opslae op die dorp. Die dorpenaars begryp hulle nie, want hulle hou hulle eenkant. Maar Debora-hulle is die mense op wie Margot Scott so lank gewag het. Die mense wat haar lewe sal vól maak. Al waarsku haar ma haar dat mense kom en mense gaan. Die Tweede Wêreldoorlog breek uit en Margot leer dat die liefde vol geheime en hartseer kan wees. Tog is dit liefde wat haar dryf om ’n groot sprong te waag die vreemde in. Een wat haar lewe kan kos . . .

Аннотация

Nog ’n verhaal van jong liefde. Gruispad na Tóg Wat speel af deels op ’n plaas in die Vrystaat en deels op die kampus van die Universiteit van Pretoria. Die rustelose Pierre Nienaber is nog nie gereed om met sy jeugliefde te trou en te gaan boer nie en besluit om ’n nagraadse kursus te gaan doen. Maar daar is ’n lewenslustige jong mediese student wat al sy waardes onderstebo keer.