ТОП просматриваемых книг сайта:
Die verevrou. Jan van Tonder
Читать онлайн.Название Die verevrou
Год выпуска 0
isbn 9780798170512
Автор произведения Jan van Tonder
Жанр Контркультура
Издательство Ingram
“’n Jaar is te lank, ek sal oom Moshe vra of daar nie ’n ander manier is nie.”
5
1992, die Klein-Karoo
Naby ’n berg wat van ver af blou gelyk het, word die saaiheid van die reguit Karoopad deur kronkels onderbreek. Die wye vlaktes en yl bossies en klip en harde grond maak plek vir doringbome. Die pad verdwyn in ’n kloof. Meiringspoort, volgens die kaart. Die kloof vernou steeds, met bruin en geel en blou en oranje kranse weerskante van die pad. Liora wens die bestuurder wil êrens stilhou sodat sy kan afklim en asemskep. Dán sal sy die poort se skoonheid kan geniet, wanneer sy nie so hoog bo die grond en na aan die kranse voortspoed nie.
Daar is jou droom om my te laat vlieg nou ook na die maan, Moshe Habib, dink sy en glimlag. Maar dis ’n wrang laggie, want die draaie in hierdie diep skeur in die aarde en die dreuning van die bus se enjin en die wete dat haar lot in ’n ander mens se hande is, neem haar terug na ’n dag van siedende woede, van wind in haar lang hare, van seders en kranse op ’n bergpas in die Tell-Atlas naby Algiers.
Oplaas maak die poort sy bek oop sodat die pad en die riviertjie daaruit kan loop. Die eerste plasie se volstruiskampe lê op regs. Liora ontspan.
Die bus ry verby die dorp se eerste huise en kafee en voetgangers, en die bestuurder trek by ’n parkeerplek in. Van die passasiers staan op om hul bene te rek, terwyl ’n enkele persoon afklim om sy tasse te ontvang.
Liora leun terug in haar sitplek. Sy maak haar oë toe. Sy is binne-in die Klein-Karoo, die landstreek wat Moshe Habib nog al die jare besing het. Vir haar was sy vertellings kleintyd nooit genoeg nie; sy wou altyd méér hoor, en hy moes aanhou vertel. Nou het sy uiteindelik hiernatoe gekom, soos hy haar laat beloof het.
Haar gedagtes word onderbreek, soos ’n radio wat sein verloor – weer iemand wat haar aanstaar, dink sy en maak haar oë oop. Die dogtertjie staan omgedraai op haar sitplek, haar oë groot, maar dié keer kyk sy by Liora verby, na die venster langs haar.
Liora kyk ook en ruk verskrik weg van die venster af.
Buite, byna teen die ruit, is iemand se gesig. Dié van ’n jong vrou – haar swart oë die vorm van amandels; hoë wangbene; ’n mond wat onpeilbaar glimlag of spot of pruil; klein borste, hoog en puntig en pront agter die lap van ’n lawwe bont hemp; ’n blas vel; lang hare wat donker en blink effens óór die aanvallige gesig hang.
Hulle kyk lank na mekaar. Liora is haar net vaagweg bewus van die belangstelling wat die ander passasiers in die vrou buite die busvenster toon: kameraflitse, opgewonde stemme.
Die vrou lig ’n verewaaier en vou dit oop; dit vorm byna ’n volle sirkel, die pluime daarin swart en wit afgewissel. In die skraal hand anderkant die glas praat die waaier sy eie taal, word hy ’n toording wat koninkryke kan laat vergaan, pampoene in koetse kan verander.
Is die bewegings wat die vrou uitvoer op die ingewing van die oomblik gedoen? Nee, dink Liora. Sy wil glo dat hier spelenderwys ’n transaksie voorgestel word. En voor sy haar kom kry, speel sy saam, haal sy uit haar handsak die waaier wat Alessandra vir haar gegee het toe sy universiteit toe is, en vou dit oop.
Sy sien die jong vrou se verbaasde uitdrukking, hoe sy vorentoe leun tot haar gesig teen die ruit is, met die punt van haar neus wat ’n klein kolletjie olierigheid aan die ruit afgee.
Die bus se remme sis by die ontkoppeling daarvan, en die bestuurder toet ongeduldig om die mooi vrou tru te laat staan. Hy trek stadig weg en sy sweef ’n paar tree saam, maar voor sy uit Liora se sig verdwyn, hou sy haar waaier ’n entjie voor haar uit en laat dit val.
’n Hersenskim, dink Liora. Geen gewone sterfling kan van straatvlak af by ’n dubbeldekkerbus se boonste venster inkyk nie. Uit ’n boom op die sypaadjie of van ’n balkon af, ja. Óf, en dit sou haar nie verbaas nie, met behulp van magiese elevasie.
Sy vlieg op uit haar sitplek en druk haar gesig so hard teen die ruit dat haar bril daarteen kap en skeef draai op haar neus. Dofweg, terwyl die bus skuinsweg in die pad indraai, sien sy die vrou hoog bo die teer in die middel van die pad staan – g’n bonatuurlike verskynsel nie, maar mens. En te oordeel na haar langbeen-stap, noudat Liora haar bril reggeskuif het, doodgewoon ’n mens op stelte. Een wat die toerbus agterna kyk terwyl sy haar waaier met iets van die grond af ophys.
Liora gaan sit. Sy kyk na die huise uit ’n vroeëre era, en buite die dorp na volstruise in stofgetrapte kampe of loslopend in die bossieveld, maar haar gedagtes is steeds in De Rust se hoofstraat by die vrou wie se donker oë lyk of hulle die onsigbare kan sien.
Kilometers verder, links van die pad, in die vertes, is ’n heuwel met ’n geboutjie bo-op – ’n kerkie, wil dit lyk – en ’n paadjie wat sigsag daarheen lei.
Die bus steek ’n stoomtrein verby, g’n twintig meter van die pad af nie. Kinders wuif en grootmense mik met hul kameras.
Bo die lokomotief se skoorsteen sien Liora wit waaiers oopgaan, sy verbeel haar sy hoor ’n asem hyg.
6
Daar lê beesmis in De Rust se hoofstraat. ’n Trekker met ’n sleepwa vol droëvoerbale kom aangery. Die drywer lig sy hoed vir Candice. Sy waai terug en glimlag. Verskeie motors met vreemde registrasienommers is voor eetplekke en snuisterywinkeltjies geparkeer. Toeriste neem foto’s van Candice en van dorpshuise, donkiekarre, en hoenders wat op sypaadjies wei.
Candice is moeg van balans hou, uur ná uur, haar kop meer as drie meter bo grondvlak, altyd aan die afkyk na die dorpsmense, wat haar al gewoond is, na toeriste wat staar tot hul nekke seer word daarvan.
Nou en dan, darem, gaan sy na haar boom toe, waar sy die smousgoed bêre wat sy nie alles op een slag saam met haar wil dra nie, en waar die rugsak met haar rookgoed en middagkos en ’n bottel water en ’n koffiefles in ’n mik gewig is. Daar gaan sit sy op ’n dwarstak om haar voete en enkels rus te gee, om die stelte ’n paar minute lank te laat hang, en te rook sonder dat die walms iemand kan aanstoot gee en hom of haar dit ten laste lê om na die polisiekantoor toe oor te stap om ’n vermeende burgerlike plig na te kom. Sy weet om die wind dop te hou, hoe dit waai.
Wanneer sy uitgerus is, is dit weer straat toe in die hoop dat ’n toeris in een van haar produkte sin sal kry. Maar die karre wat vandag die dorp inkom, herken sy van ver af al as dié van boervroue van die omgewing. Dié koop selde iets by haar, al kyk party van hulle se mans na haar asof sý te koop is. Van deurreisigers kom daar nou en dan ’n minder welvoeglike aanbod, wat haar noop om met ’n spotlaggie ’n diskrete gebaar te maak, net vir die aanbieder se oë bedoel: ’n gebalde vuis langs haar been waaruit sy die middelvinger stadig laat sak.
Sy stap terug na die boom om haar goed te gaan haal, en toe sy rugsak oor die skouers weer onder die takke uit buk, streep ’n spannetjie kinders na haar toe aan. Hulle kwetter onder mekaar en dans om haar stelte, maar sorg dat hulle die lang bene nie aanraak nie. Dié wat te na aan haar kom, word blitsig op hul plek gesit deur Richard, ’n hardekwas klong wat homself as leier van die groep kinders aangestel het.
Die prosessie steek die stil straat oor. By die vlagpaal voor die polisiestasie gaan Candice staan, een arm om die paal, en woel met haar vry hand die leerband met smousgoed los. Daar is nie veel oor nie: ’n paar kortsteel-verestoffers,’n veerversierde handsakkie en ’n waaier. Laasgenoemde twee items word meestal deur oorsese toeriste gekoop, want dis heel duur.
Sy laat sak die smousgoed met ’n riem tot naby die grond. Richard kry dit beet en sit dit eenkant neer.
Terwyl sy die ellelange broek wat haar stelte bedek van haar heupe afstroop, kom ’n polisieman na haar toe aangeloop. ’n Lui stappie soos dié van ’n jakkals, dink sy altyd, een wat die lam wat hy in die oog het, nie wil verwilder nie. Sy trek die broek af, tot oor haar tekkies. Haar