Скачать книгу

pulmonêre aar –”

      Dokter Massyn se harde sug laat haar stilbly. “Genoeg, dokter Engelin. Watter klep moet oop wees tydens sametrekking?”

      “Die aortaklep,” gee ’n vreemde meisie die antwoord.

      “Hoekom?” skiet Massyn die vraag op haar af.

      “Die sametrekking is sistolies en … u-hm …”

      Massyn knik ongeduldig: “Dis reg, maar dit beantwoord nie my vraag nie.” Hy kyk vinnig rond. “Enigiemand?”

      Natasja kan die stilte nie meer verduur nie. “Die klep …”

      “Watter klep?” blaf hy.

      Natasja gluur hom ’n oomblik aan. Hy weet mos watter klep dit is! “Die áórtaklep moet tydens sametrekking oop wees sodat bloed uit die linkerventrikel na die liggaam gepomp kan word, maar toe wees tydens verslapping … dis diastolies … sodat die bloed van die linkerontvangkamer deur die mitrale klep na die linkerpompkamer kan vloei –”

      “Genoeg.” Dokter Massyn laat sy oë beurtelings op hulle rus. “Huiswerk,” knor hy. “Môreoggend wil ek van elkeen van julle hoor hoe die hartkleppe werk, hoekom hulle so werk en hoe die bloed deur die hart vloei.”

      Hy loop aan. “Kom, daar’s nog ’n paar pasiënte oor.”

      “Oh my word, dokter Massyn het nie veel ooghare vir jou nie,” kom vryf Lucinda dit met ’n skaars bedekte glimlag in.

      Natasja bly stil. Wat haar betref, kan dokter Massyn maan toe vlieg. Altans, net totdat sy als wat sy kón by hom geleer het. Massyn sal haar nie hier wegkry nie. Dag ná dag sal sy die ongeskikte, maar briljante hartchirurg se nonsens opvreet en als wat sy kán by hom leer. Haar beroep as toekomstige hartchirurg is al wat regtig saak maak.

      Natasja dink terug aan die oggendrondte. Sy moet dokter Massyn seker verpes, maar, snaaks genoeg, admireer sy hom. Hy praat so mooi met die pasiënte en laat elkeen spesiaal voel. Sy hoef seker nie van hom te hou om net so ’n bietjie aangetrokke tot hom te voel nie. Daardie mooi groot hande en ligbruin oë … Veral toe hy vroegoggend – voor sy hom in die gang kwaad gemaak het – met ’n sagte uitdrukking in sy oë na haar gekyk het.

      Daar is gelaatstrekke, eienskappe van hom wat haar aantrek. Hy is die mooiste geboude man wat sy nóg gesien het. Sy gesig is sterk, sy tande egalig wit en sy lippe mooi vol. Soenbare lippe, altans, dit wil nou sê as hy nie vir haar blaf nie. Sy hou van sy helder manier van verduidelik, al raak hy ongeduldig. Darem gelukkig dat sy reeds soveel van die werking van die hart weet, nou hoef sy nie heelaand te swot nie.

      Daar is ’n bitter smaak in Hugo se mond toe hy oggendrondtes afgehandel het en hy die trappe af draf teater toe. Hy het die naamlys van kliniese assistente eers onder oë gekry toe almal bymekaar gekom het. Wat ’n helse skok toe hy sien Natasja Engelin is in sy span. Neels het nie gesê sy gaan in kardiologie spesialiseer nie. Hy het gesê sy geniet dit om algemene chirurg te wees.

      Die drie minute wat Natasja laat was, was ’n bedekte seën. Hel, hy moes aan die idee gewoond raak en hom voorberei om gewoon voor te kom.

      In die rukkie wat hy en dokter Hans Coetzee gesels het, het hy die aanmerkings van twee assistente gehoor en tot die besef gekom dat daar jaloesie teenoor Natasja is. Die beste sou dus wees dat hy haar nie uitsonder vir vrae of enigsins prys nie. Maar toe boemerang dit hel-uit omdat sy te slim vir die hele lot is.

      Die manlike kliniese assistente kan hulle oë nie van Natasja afhou nie. Niemand kan Natasja Engelin miskyk nie. Sy is die middelpunt van belangstelling in die span. Alle oë draai gereeld in haar rigting. Hel, syne ook. Hy het ’n oorheersende begeerte gehad om haar gladde rosige lippe net daar in die gang te soen.

      Flippen malligheid!

      Toe swets hy en maak spore.

      Hy draf die laaste stel trappe af. Dokter Engelin is ’n vasbyter. Hy was ongeduldig oor die gebrek aan kennis in die groep, maar sy bly kalm en laat haar nie onderkry nie. Sy vra hom belangrike vrae en dan maak die kliniese assistente aantekeninge terwyl sy net stil luister met daardie helder liggroen oë, terwyl haar vlymskerp brein duidelik alles absorbeer. Sy is op verre na die intelligentste van die hele spul. Hy wou Natasja juis vra om môre by te staan wanneer hy die driedubbele hartomleiding doen, maar nou besef hy dit sal deur die ander kliniese assistente as voortrek beskou word.

      Net jammer sy kan hom nou seker glad nie verdra nie, maar dis oukei.

      Daar’s nog baie tyd.

      “Vertel my nou eers,” sê Izelle toe hulle later tee in ’n sitkamer drink, “is dokter Massyn net so gaaf soos wat hy gorgeous is?”

      Natasja sit die bekertjie neer. “Ag, hy is g’n gorgeous nie.” Sy voel dadelik skuldig toe sy haar gedagtes oor hom onthou. Hy is darem mooi gebou, en die ligbruin oë onder digte, donker wenkbroue glinster van intelligensie. Ag, dêmmit, laat sy dit nou maar erken: Hy is op ’n ruwe, manlike manier ongelooflik aantreklik. Sy vel is sonbruin, sy gelaatstrekke sterk en eweredig.

      Izelle lag. “Haai vriendin, hal-lou-hou? Waaraan dink jy miskien?”

      Natasja skrik effens: “Ag, ek dink aan vanoggend se rondtes. Dokter Massyn is regtig die aakligste man wat ek nog teëgekom het.” Sy weet sy kan Izelle vertrou. “As ek nie so gedetermineerd was om kardioloog te word nie, sou ek hom voor die span die waarheid vertel het en nét daar en dan uitgestap het.” Natasja tel die bekertjie op.

      “Ek kan nie glo wat ek hoor nie,” sê Izelle wat haar ongelowig aanstaar. “Almal sê dan dokter Massyn is so vriendelik.”

      Natasja drink eers ’n laaste slukkie. “Ek was ’n paar minute laat, maar dit was oukei. Jy onthou meneer van Zyl, die pasiënt wat op die teaterlys vir môreoggend sesuur in teater agt geskeduleer is?”

      Teater agt is die grootste teater met die modernste toerusting denkbaar – alles te danke aan die nuwe eienaars van die Avianto-hospitaal.

      Izelle knik: “Ek is een van die teatersusters wat saam met dokter Massyn gaan skrop.”

      “O? Weet jy al wie die narkotiseur is?”

      “Dokter Breytenbach. Hoekom?”

      Natasja sug verlig. “Dan is dit fine. Dis juis waaroor ek met dokter Massyn wou gesels het, maar hy het my sowaar doodgepraat. Ek het hom gepols om te hoor of hy weet die pasiënt se siekefonds is uitgeput, en toe sê hy daar is vir sulke gevalle fondse beskikbaar gestel.” Natasja blaas ’n sug uit en sit ’n hand oor haar hart. “Ek was só verlig! Die arme Van Zyl-man worry hom dood daaroor.” Sy frons. “Dokter was reg toe hy gesê het ek moenie by pasiënte betrokke raak nie. Dit maak seer wanneer hulle nie die paal haal nie. Maar ek vra jou, Izelle, hoe kan ek myself verander?”

      Sy wonder steeds hoekom dokter Massyn haar bestuderend aangekyk het en toe uitgebars het met daardie “magtig!”.

      “Jy kan jouself nie verander nie, jy is wie jy is.” Izelle sug. “Ek hoop dokter Massyn is aangenaam wanneer hy opereer. En ek hoop nie hy hou van jazz of rock nie, dis ’n hele ses tot sewe uur wat ons besig gaan wees.”

      Natasja lag. “Ek weet. Ek moes al ’n paar keer na vioolmusiek geluister het. My senuwees was gedaan. Dit was ’n gekattemaai, glo my.”

      Izelle en Natasja staan gelyktydig op. “Ek sal jou môremiddag sê hoe dit in die teater gegaan het.”

      Natasja knik. “En hoe die chirurgie afgeloop het, asseblief?”

      “Maar natuurlik, jong. Moenie jou staan en bekommer nie, dokter Massyn is die beste in sy veld. Jy weet dit tog?”

      3

      Hugo stap die volgende Maandag op die grondverdieping af in die gang na die radiokamer toe. Dit voel vir hom langer as die week wat hy amptelik by Avianto begin werk het.

      Hy steek in sy spore op die drempel vas.

      Wat de hel? Hy voel hoe sy bloeddruk styg. Rikus Maree se hand rus op die

Скачать книгу