Скачать книгу

afgegooi het.

      So in die hardloop in ’n hoofgang af sien sy op ’n afstand hoe ’n groep kliniese assistente, geklee in wit oorjasse, in die rigting van ’n saal stap. Sy herken die senior assistent dokter Hans Coetzee, en twee ander, maar die meisie en twee mans is vreemd.

      Waar sou die ouer dokter Massyn wees?

      Natasja haal ’n slag diep asem voor sy die saal kalm probeer instap. Flip, almal staan in die middel van die vertrek en kyk vir haar. Sy is vaagweg bewus van die vier pasiënte in hul beddens. Haar oë gly oor Jansen Rabie se grynsende gesig wat duidelik sy plesier oor haar laatkommery wys.

      Dokter Coetzee maak keel skoon, maar Natasja kyk nie na hom nie, want haar oë haak vas op die lang, donker man wat vaagweg bekend voorkom.

      “Dokter Engelin,” sê dokter Coetzee en knik na die lang man. “Dokter Massyn.”

      Natasja se ore slaan toe. Nee, dit kan nie waar wees nie! Dis waaragtig die man wat haar oupa opgelaai en haar beledig het.

      Sy kyk hom stom aan. Hy is hopeloos te jonk om die bekende dokter Massyn te wees.

      Herken hy haar?

      Die uitdrukking op sy gesig is doodgewoon toe hy vorentoe tree. Dokter Massyn glimlag effens, steek sy hand uit en vou hare daarin toe. Sy ligbruin oë kyk priemend en tog ook vriendelik in hare: “Dokter Engelin. Ons is vreeslik dankbaar dat jy by ons kon aansluit,” draal hy en los haar hand ’n paar tellings later.

      Hy was nou lekker sarkasties. “Jammer … die verkeer …” begin sy en voel hoe ’n blos teen haar nek na haar wange opvlam, toe hy sy donker wenkbroue asof verveeld oplig, dan omdraai na ’n bed.

      Ag, plaas sy haar mond gehou het! Sy weet mos geen verskonings vir laat wees, word ooit aanvaar nie. Een of vier minute laat kan ’n sterfte beteken, sê sy tog altyd self vir die studente-interns onder haar.

      Dokter Massyn bestudeer die lêer van die eerste pasiënt, ’n man in sy laat vyftigs. Sit dit dan neer en loop vat hom liggies aan ’n skouer. “Goeiemôre.” Hy glimlag. “Ek is dokter Massyn.”

      “Môre, dokter.”

      “Hoe voel jy vanoggend, meneer van Zyl?”

      “Dis net die pyn in my bors wat erg is.”

      Dokter Massyn draai na dokter Coetzee. “Doen weer bloedtoetse en ’n EKG.” En aan die pasiënt: “Jy vorder goed op die medikasie om jou hart sterker te kry. Ek opereer môreoggend. Ons sal sien hoe jy daarna vorder. As dit goed gaan, behoort jy binne twee weke by die huis te wees.”

      Meneer van Zyl knik: “Dankie, dokter.”

      Natasja weet dokter Massyn gaan ’n driedubbele hartomleiding op meneer van Zyl doen. Sy luister hoe hy ook die volgende pasiënte gerusstel. Hy doen dit baie mooi, moet sy toegee.

      Sy wag tot hulle buite in die gang is en stap vinnig agter dokter Massyn aan. “Dokter, kan ek jou ’n oomblik spreek?”

      Hy knik en beduie die ander moet aanstap: “Ja?” Sy bruin oë kyk vriendelik en belangstellend in hare.

      “Dokter, meneer van Zyl se bloeddruk bly laag en –”

      “Dokter,” val hy haar in die rede. “Ek weet al die dinge. Wat is jou punt?”

      Ag, sy moet onthou hy is die kundige op die gebied. Laat hy dan maar self die narkotiseur kies. “Meneer van Zyl is baie bekommerd, dokter. Sy siekefonds is uitgeput, so wie –”

      “Die nuwe eienaars van die hospitaal het fondse vir gevalle soos syne beskikbaar gestel.” Hy kyk haar ’n paar tellings stip aan, skud dan sy kop liggies. “Jy behoort al teen hierdie tyd te weet om nie betrokke by die pasiënte te raak nie. Hoe weet jy in elk geval van die pasiënt se uitgeputte siekefonds?”

      Sy woorde herinner haar aan die aand toe hy vir haar die leviete oor Oupa se versorging voorgelees het. Sy glimlag aspris: “Ek raak betrokke deur in my vrye tyd met die pasiënte te gesels, dokter Massyn.”

      Sy donker wenkbroue trek in ’n frons saam terwyl sy blik ondersoekend oor haar gesig gly en dan op haar lippe rus: “Magtig,” grom hy net en draai om.

      Natasja probeer byhou terwyl hy met lang treë stap na waar die spanlede wag.

      Dokter Massyn kyk hulle een vir een fronsend deur: “Julle het elkeen tussen twintig en ses-en-twintig pasiënte,” sê hy terwyl Natasja nog probeer uitwerk hoekom hy “magtig” met soveel gevoel gesê het. “Ek verwag dat julle volledige notas van al die pasiënte sal maak. Komaan mense, laat julle roer. Die pasiënte wag.”

      Na ’n paar sale kom stap Lunet later langs Natasja: “Oh boy, jy moes iets vreesliks kwytgeraak het om die gawe dokter Massyn in so ’n slegte bui te kry. Waaroor het julle gepraat?”

      “Hy is g’n so gaaf nie,” skram Natasja weg. “Sy humeur skiet na ’n geringe vraag die hoogte in. Ek weet nie wat jy in hom sien nie.”

      “O, laat ek dink: Hy het ’n great bedside manner, en boonop is hy gorgeous. Kan jy glo hy is ongetroud en ook nie verloof nie? Ek kan heeldag na sy mooi stem luister en na hom kyk. Dink jy hy sal een van ons dalk wil date?”

      “Hoe sal ek nou weet?” Dit is om van siek te word as Lunet en die ander vroulike kliniese assistente heeltyd aan dokter Massyn se lippe hang. Simpel vroumense! Hulle en die ander kliniese assistente in die span kry die maklike vrae, terwyl dokter Massyn vir Natasja die moeilike goed vra, en dan knip hy haar kort voor sy halfpad met haar antwoord is.

      Voor hulle ’n vyfde saal binnegaan, draai dokter Massyn om en vra: “Wie van julle slim dokters kan vir my sê wat die funksie van die regterkant van die hart is?”

      ’n Nuweling lig ’n hand, skep asem, maar laat sak weer sy hand.

      Dokter Massyn laat sy blik fronsend op die een na die ander rus. “En julle wil hartchirurge word?” sê-vra hy sarkasties, en kyk dan pertinent na Natasja en lig sy wenkbroue.

      Sy wens sy kon die blikskottel ignoreer, maar nou ja: “Die funksie van die regterkant van die hart is om deoksigeneerde bloed vanaf die liggaam in die regterhartvoorkamer op te neem en dit deur die regterhartkamer na die longe te pomp. Daar word die koolstofdioksied uit die bloed geskei en suurstof in die bloed in opgeneem. Dis ’n passiewe proses wat bekend staan as diffusie –”

      Hy maak Natasja stil met ’n handgebaar, kyk rond en vra: “Noem vir my die vier hartkleppe op.”

      ’n Lang maer man antwoord vlot: “Aortaklep, pulmonale klep, mitrale klep, trikuspidale klep.”

      Natasja sug heimlik. Sy het dit al in matriek geweet. Net ’n bewys van hoe Massyn die ander kliniese assistente bevoordeel.

      Dokter Massyn laat sy oë beurtelings op hulle rus. “Wie kan vir my sê hoe die bloed deur die hart sirkuleer?”

      Natasja gaan deur die stappe van sirkulasie, raak dan ingedagte. Dis regtig awesome om ’n pasiënt se lewelose hart weer te sien begin werk wanneer sy assisteer of net staan en kyk hoe dokter Thomas ’n hartklep vervang, of dalk help wanneer hy ’n hartomleiding doen.

      Dokter Massyn sug: “Weet niemand nie?”

      Stilte.

      Dokter Massyn vou sy arms, en trek Natasja se aandag na sy gespierde, bruingebrande arms. Sy het hom voorgestel as krom en met ’n lang wit jas aan, maar dokter Massyn dra netjiese klere. Moet lekker wees en veilig voel om deur hom vasgehou te word. Sy maak haar doelbewus los uit die aantrekkingskrag wat hy uitstraal.

      “Dokter Engelin, dis nie nou tyd om te staan en droom nie. Kan jy my vraag beantwoord?” klap sy stem.

      Natasja skrik omdat sy romantiese snert van hom gestaan en droom het. Sy druk met ’n hand teen haar bors, kyk rond en hou haar onnosel. “Wie? Ek?”

      Sy oë vernou. “Is hier ’n ander Engelin teenwoordig?”

      “U-hm, nee.” Laat sy maar antwoord: “Bloed

Скачать книгу