Скачать книгу

reeds in hierdie bladsye verskyn. En dié wat ek as medepligtig ag, hoe gering ook al. En almal wat ek sou verdink, sommige tot my skande.

      Ek het aan die leser belowe dat ek hierdie memoires met eerlikheid sal skryf – soveel eerlikheid as wat die seer en die kwaad toelaat, selfs nou, ná soveel dekades. Hierdie eerlikheid sluit ook die versagtende omstandighede in vir hulle wat ek sou beskuldig, en skuldig sou bevind.

      En die versagtende omstandighede vir myself en my foute, my onvergeeflike foute.

      Daarom moet ek nou weer die chronologie verbreek. Want in my haas en geesdrif om by die eerste groot vreugde van Amanzi uit te kom, om die aanskakel van die elektrisiteit op Birdie Day te herroep en weer te beleef, in my toegee aan nostalgie, het ek van die kleiner gebeure uitgelaat, oënskynlik onbelangrike dinge wat eindelik rigtingwysers sou wees na ons toekoms, ons komende ellendes, en die motief en motivering vir moord.

      Soos die gesprek die aand nadat ons vir tannie Nandi Mahlangu begrawe het.

      Dit is in die donker dieptes van daardie moordwinter, vóór die mieliemeelvonds by Warrenton, vóór Birdie se aankoms. Die vergadering van die Komitee is verby, die lede sit by die reeds koue kaggel in die Orphanage se sitkamer. Nero Dlamini is die een wat almal probeer opbeur. Hy dra die paar flikkerende kerse nader, hy bring ’n bottel brandewyn op ’n skinkbord, skink vir al die grootmense, deel die glasies uit. Soos elke aand hou hy die bottel omhoog, en sê: “Domingo?”

      Soos elke aand skud Domingo net sy kop. Hy drink nie. Ek lê eenkant op die rusbank en kyk hoe Domingo gewere skoonmaak. Wanneer ek groot is, dink ek, sal ek ook nie drink nie.

      Pa staar voor hom uit, stroef en gespanne en moeg en koud. En honger ook, dink ek.

      “Is jy okay, Willem?” vra Beryl.

      Pa sug. “Dis my skuld.”

      “No, Willem, she was old and frail,” sê Ravi. “Nobody knew she wasn’t eating her rations.”

      “Nee,” sê Pa. “Nie Nandi nie. Hierdie plek. Ek het hierdie plek gekies. Ek het almal met my pamflette hierheen gelok. En ek het ’n fout gemaak, omdat ek ingenome was met myself en my denkprosesse …”

      “Wat praat jy?” vra Beryl.

      Pa staar na die as in die vuurherd, sy stem sonder intonasie. “Ná Die Koors, toe ek en Nico … Toe ek besef ons gaan oorleef, toe het ek baie gedink oor waar die beste plek sal wees om my seun heen te vat. Om ’n nedersetting te begin. Om … die beskawing weer te begin bou. Dit was seker ’n interessante oefening, omdat my eerste impuls was om plekke te kies wat ek geken het. Waarmee ek ’n positiewe band gehad het. Soos Kaap St. Francis, waar ek as kind vakansies deurgebring het. Of mooi Knysna, daar is tekstuur, daar is hout, daar is skuiling, daar is water … Die uitdaging, die wetenskaplike en intellektuele uitdaging was om persoonlike voorkeur uit te skakel … Ek het nie baie van Vanderkloof gehou nie, destyds …”

      Pa kyk op na die mense om hom. “Julle weet die klomp wittes wat so op hulle eie wou bly, was net hier af teen die rivier, dertig kilo’s of so?”

      “Yes,” sê pastoor Nkosi. “Orania. The last outpost of apartheid. I wonder if any of them survived?”

      “Well,” sê Pa, “before the Fever, when I had the time, I would take the car on business trips to Jo’burg, and do a different route every time. About four years ago, I came through Vanderkloof. Actually, I spent a whole day in this town, because it was … different, I suppose. Unique. Like a seaside holiday town with no sea. Queer. A little run down, a little sad. And sleepy. Very sleepy, two thirds of the houses empty, waiting for the holidays. With that vague promise that it would come alive and transform in a summer vacation … It fascinated the geographer in me. I spoke to everybody I met. One local whispered to me that most of Vanderkloof’s inhabitants shared the Orania ideology of whites only, or Afrikaners only, or whatever it was that they hoped to do. The only difference was, the Vanderkloof inhabitants did not want the racist stigma. So this town, Vanderkloof, was a sort of clandestine Orania, where the more cowardly separatists lived. That’s why I did not like the place very much.”

      “Maar wat het dit te doene met die feit dat jy sê dis jou skuld, al die slegte goed wat gebeur het?” vra Beryl.

      “Ek was die afgelope maande so ingenome met my dinkproses,” sê Pa. “Ek was so beïndruk met die feit dat ek verby die stigma van Vanderkloof kon kyk, na die kaal feite, om dit te oorweeg as ’n plek vir ’n nuwe begin. Intellektuele selftevredenheid, want ek was seker ek het alles in ag geneem: tekstuur vir oorlewing, veiligheid, water, die potensiaal vir boerdery, ’n goeie kans om elektrisiteit op te wek. Ek het gedink die afstand van die stede af sal ’n bate wees. En dit is, op ’n manier. Maar toe hou ek daar op met dink, omdat ek in my noppies met myself was. Ek moes besef het, jy betaal ’n prys vir die afgeleë ligging, vir die destydse lae bevolkingsdigtheid van dié area. Ons moes dáárdie risiko’s gesien het. Soos Domingo …”

      Beryl gee vir Domingo ’n vuil kyk – wat hy nie raaksien nie. “Niemand kan aan alles dink nie. Niemand het geweet dit sal so kwaai sneeu nie.”

      “God brought the snow,” sê pastoor Nkosi in sy luide predikerstem. “God brought the hunger and the suffering. He is trying to show us that we are taking the wrong road again.”

      “And how exactly is He doing that?” wil Nero Dlamini weet.

      “Just look at all our troubles. Just look at all the sad things happening. Where is God when we have Forum meetings, Nero? Or Committee meetings? We don’t pray together, we don’t praise together. He is trying to tell us …”

      “That’s why auntie Nandi died?” vra Domingo, sy hande stil, sy stem dun soos ’n lem. “And the bishop? That’s why the KTM robbed us? And it snowed? Because God wanted to make a statement?”

      “Tell us, Domingo,” sê pastoor Nkosi, sy oë vol evangeliese drif: “Do you believe in God?”

      “Yes, pastor, I believe in a god. My god is Darwin. I believe in the survival of the most ruthless.”

      “Then you have the devil in you,” met soveel afgryse dat die hare in my nek regop staan.

      “Are you going to drive him out now?”

      “Perhaps one day, we will have to,” sê die pastoor met veel meer moed as wat hy gewoonlik teenoor Domingo openbaar.

      “Nobody is going to drive out anybody,” sê Pa. Hy kan nie die moegheid in sy stem wegsteek nie.

      Pastoor Nkosi is nog nie reg om van onderwerp te verander nie: “Do you believe in God, Willem?”

      Asof Pa eers die noodsaaklikheid van ’n antwoord oorweeg. Dan: “Do you know what Einstein answered when a rabbi asked him the same question, Nkosi?”

      “No.”

      “Einstein said, ‘I believe in Spinoza’s God, who reveals himself in the orderly harmony of what exists, not in a God who concerns himself with the fates and actions of human beings.’ ”

      “And that’s wat you believe?”

      “That’s what I used to believe. Now, I just believe in Spinoza, really.”

      “I see …”

      “Spinoza,” sê Nero Dlamini en teug aan sy brandewyn. “He’s the guy who first said religion and politics should be kept separate?”

      “Yes, and with all due respect, that’s why Nkosi will not like him,” sê Pa in ’n doelbewuste poging om die gesprek minder ernstig te maak. “And the wonderful thing is, Domingo won’t like him either.”

      “Hoekom?” vra Domingo, wat nie daarvan hou dat hy en die pastoor iets gemeen het nie.

      “Want Spinoza het geglo demokrasie is die regeringsvorm wat persoonlike vryheid die beste sal akkommodeer.”

      “Persoonlike vryheid is overrated,” sê Domingo, sy toon vaagweg tergend, soos Pa s’n.

      Pastoor

Скачать книгу