Скачать книгу

kan die diere van die woud en die visse van die see en al die voëls en wolke in die lug sien.

      Omdat die prinses alles kan sien, is dit vir haar baie moeilik om ’n man te kies met wie sy kan trou.

      Eendag laat versamel sy haar howelinge, gaan sit op haar troon en roep uit: “Ek wil met ’n man trou wat slimmer as ek is! Hy moet homself só goed kan wegsteek dat selfs ek hom nie kan sien nie.”

      Die nuus versprei wyd en syd oor die aarde, van dorp na dorp en land na land. Die prinses is so beeldskoon dat baie prinse van heinde en ver opdaag. Hulle staan die hele pad na die paleis vol.

      Soveel prinse daag op dat die prinses ’n nuwe reël moet maak.

      “Ek wil trou met ’n man wat kan wegkruip waar ek hom nie kan sien nie. Enige man wat probeer en faal, sal in ’n marmerbeeld verander word.”

      “Ek sal nie goed lyk as ’n standbeeld nie,” mor ’n deftige prins.

      En ’n hele spul prinse draai net daar om en gaan huis toe.

      Maar die dapper prinse bly staan.

      “Hierdie is die koninklike towenaar,” sê die prinses. “As ek jou raaksien waar jy wegkruip, sal hy jou in ’n marmerbeeld verander. Ek sal elkeen ’n uur gee om weg te kruip.”

      Die eerste prins is nie baie slim nie. Hy kruip in ’n boom weg.

      Maar die prinses gewaar hom van die eerste venster in die toring.

      “Daar is hy!” roep sy uit. “Is jy reg, towenaar?”

      Die towenaar haal sy towerstaf uit sy punthoed. En so verskyn die eerste marmerbeeld op die dorpsplein voor die paleis.

      Die tweede prins is baie slimmer. Hy versteek homself op ’n verbygaande wolkie.

      Maar die prinses sien hom dadelik van die derde venster af.

      Nou is daar twee marmerbeelde voor die paleis, een op ’n tak en een op ’n wolk.

      Elke dag word nog ’n prins ’n standbeeld, tot daar 97 beelde is. Almal wys waar die arme prinse probeer wegkruip het: in kaste, mandjies, hooimiedens, skoorstene, stalle.

      Toe kom daar geen prins meer om die prinses se hand te wen nie.

      Sy is baie ongelukkig. “Ek wil regtig baie graag trou met iemand wat slimmer as ek is. Soms wens ek dat ek niks verder as die punt van my neus kan sien nie!”

      Op ’n dag kom drie broers by die paleis aan.

      Die oudste buig laag. “Ons is nie prinse nie, U Hoogheid, maar ons wil graag ’n kans waag.”

      “Ek hoef nie met ’n prins te trou nie. Ek wil net trou met ’n man wat slimmer as ek is.”

      Die oudste broer gaan versteek homself diep, diep in ’n kalkput. Die prinses sien hom van die eerste venster af.

      Toe is daar 98 standbeelde voor die paleis.

      Die tweede broer kruip weg in ’n donker kelder diep onder die paleis. Die prinses sien hom van die tweede venster af.

      Hy word beeld nommer 99.

      Toe staan die jongste broer voor die prinses. Sy naam is Otto.

      “Jy is te aantreklik om in ’n standbeeld te verander,” sê die prinses. “Luister nou na my: jy kan nie vir my wegkruip nie. Moet asseblief nie probeer nie.”

      “Ek móét probeer, liewe prinses. Ek wil met jou trou, want ek het verlief geraak op jou.”

      Otto buig laag. “Al wat ek vra, is een guns. As jy my twee keer vind, doen niks. Gee my drie kanse.”

      Die prinses oorweeg sy versoek.

      “Nou goed, jou wens word toegestaan,” sê sy uiteindelik. “Teen twaalfuur môre moet jy weggesteek wees. Ek sal dan na jou soek.”

      Otto verlaat die paleis. Hy kan nie aan een plek dink om weg te kruip nie.

      “Ek sal my geweer vat en gaan jag in die woud,” besluit hy. “Miskien sal ek ’n goeie wegkruipplek vind.”

      In die hart van die woud kom hy af op ’n groot, swart raaf. Hy korrel versigtig.

      Maar net toe hy wil skiet, sê die raaf: “As jy my nie skiet nie, sal ek jou beloon.”

      Otto laat sak sy geweer. “Vlieg na jou nes, my geveerde vriend.”

      Hy stap aan tot hy die oewer van ’n pragtige blou meer bereik. Hy gaan sit en staar somber na die stil water.

      Skielik sien hy ’n enorme vis in die water. Hy vat sy geweer en korrel versigtig.

      Toe sê die vis: “As jy my nie skiet nie, sal ek jou beloon.”

      Otto sit sy geweer neer. “Maak nie saak nie. Swem weg, my gevinde vriend.”

      Hy stap aan tot hy by ’n oopte in die woud kom. Daar sien hy ’n jakkals. Hy korrel versigtig.

      Toe sê die jakkals: “Moenie skiet nie, jong man. Ek het ’n doring in my poot. Trek dit uit, en eendag sal ek jou help.”

      Otto trek die doring uit en die jakkals draf weg.

      Die aand keer hy terug na die paleis. “Ek het ’n raaf, ’n vis en ’n jakkals gevind,” sê hy vir die kok in die kombuis, “maar ek het nie ’n plek gevind om vir die prinses weg te kruip nie.”

      Toe die son die volgende oggend opkom, rol Otto uit sy bed, moeg van min slaap.

      “Ek moet vóór twaalfuur wegkruip,” mymer hy. “Maar waar?”

      Weer gaan stap hy in die woud.

      Hy kry die raaf op haar nes en vra vir sy beloning. “Kan jy my sê waar ek moet wegkruip sodat die prinses my nie kan sien nie?”

      Die raaf laat sak haar kop en dink na. Toe breek sy ’n eier in haar nes en sê ’n towerspreuk op: “Kraai, kroei, krampetie, krompetie, krimp!”

      Otto word baie klein, net so lank soos die raaf se bek.

      “Nou kan ek jou in my eier wegsteek,” sê sy.

      Hy klim in die eier en die raaf sit die twee eierdoppe teen mekaar. Toe gaan sit sy saggies op die eier.

      Twaalfuur begin die prinses na Otto soek. Sy sien hom nie van die eerste venster af nie. Ook nie van die tweede, derde of vierde venster nie.

      “Miskien is Otto slimmer as ek,” sê sy. “Ek hoop so! Hy sal so ’n aantreklike eggenoot wees.”

      Maar toe sy by die elfde venster uitkyk . . .

      “O, daar is hy. Hy’s in die eier in die raaf se nes.”

      Die prinses beveel dat Otto voor haar troon gebring word. “Jy het jou eerste kans verspeel.”

      “Volgende keer sal ek beter vaar, U Hoogheid,” belowe hy.

      Vroeg die volgende oggend stap Otto tot by die meer. Toe hy die vis sien, vra hy vir sy beloning. “Sê my asseblief waar ek moet wegkruip sodat die prinses my nie kan sien nie.”

      Die vis dink ’n bietjie en gorrel hierdie towerwoorde: “Gorrel, garrel, grampetie, grompetie, grimp!”

      Toe Otto klein genoeg is, sluk die vis hom in en swem af, af tot op die bodem van die meer.

      Om twaalfuur begin soek die prinses van venster tot venster na Otto. Van die twaalfde venster af sien sy hom.

      “Hy’s in die maag van ’n vis op die bodem van die meer. Bring hom na my toe.”

      Die prinses is treurig toe hy voor haar verskyn. “Jy het jou tweede kans verspeel. As jy môre verloor, sal jy in ’n marmerbeeld verander word.”

      Op die derde dag gaan Otto weer die woud binne. Hy vra hulp by die jakkals.

      “Selfs al steek ek jou in die diepste grot weg,” sê die jakkals, “sal die

Скачать книгу