Скачать книгу

gespan. In ’n stillerige straat met groot bome en hoë mure om fortwonings.

      Sy lyk behoorlik die wetter in, die glimlag skoonveld.

      “Hei! Volg jy my?” Hand-op-heup, dimpel-in-wang.

      “Hoe lyk dit?”

      “Is jy ’n pervert of ’n stalker of iets? Dink jy ek skrik vir . . .”

      “Hokaai, kalmeer!”

      “Ek’s laat vir ’n blerrie crime scene, en nou voel ék soos ’n crime scene!”

      Hy wil uitklim, maar onthou van die stywe hefboom in sy broek. “Jy’s ’n misdaadverslaggewer.”

      “Ja, en ek hoop nie jy raak die onderwerp van my verslaggewing nie,” snou sy. Bloos skielik bloedrooi.

      “Hoor hier, ek wou net . . . jou naam kry. Jou nommer.”

      “Vra jy elke vrou met wie jy oogkontak maak in die verkeer vir haar naam en nommer?”

      “Nee, nie elke vrou nie.” Liegbek.

      Sy kom steeds nader, selfversekerd ten spyte van die blos. Hy’s bang hy brand ’n gat deur die metaaldeur tussen hulle.

      “Wel, ek’s nie ’n arme, hulpelose poppie nie.”

      “Ek het nie gedink jy is nie. Regtig, ek dink jy’s . . . jy’s . . .”

      Sy haal haar donkerbril af. Bruin oë met roesvlekke.

      “Kranig. Danig kranig,” vind hy weer sy slag met ’n lui glimlag.

      “Wat de hel beteken dit?”

      “Dat jy selfs beter van naby af is. En ver van ’n pushover. Niggie, jy’s ’n knockout.”

      Sy kyk eers anderpad, dan op haar horlosie. ’n Berekende ratwisseling.

      “Het ek jou al iewers gesien?” vra sy liefies.

      “As jy bedoel: volg ek jou al vandat jy voor my ingedraai het?”

      “Jy’s daai boer op TV.”

      “Skuldig, edelagbare.”

      Sy knik stadig sonder om op te kyk (teleurgesteld?), wat hom kans gee om haar goed te bestudeer. Sy ruik na sweet, soet kougom en duur parfuum.

      “Die skaam boer wat vrou soek, die een met sulke goeie maniere wat nie sy mind kan opmaak nie. Jy maak die vroue mal. Jy kry berge briefies wat ruik na parfuum . . .”

      “Weer skuldig. Ek kan nie kies nie. En die keuse is nie so vrek groot soos jy dink nie.”

      “En sal dit nie ’n sappige storie maak as dit moet uitlek jy molesteer ’n arme, hulpelose joernalis in ’n stil straat nie?”

      “Jy, hulpeloos? Komaan! Ek kon dadelik sien jy’s ’n avonturier. Jy skiet van die heup af, nes ek.”

      “Kyk, ek het nie tyd vir slimpraatjies nie, Dawid Uys. Ek dink jy het iets, ek sal dit nie die X-faktor noem nie, maar ’n vonk . . . as ’n verdomde boertjie so iets kan hê. Jy’t uitgestaan tussen daai klomp bos-idiote wat nie behoorlik kan praat nie. Nie dat ek na sulke snert kyk nie, ek het ’n voorskou bygewoon saam met ’n vriendin. Maar miskien is jy nie reg om iemand te kies nie, Dawid. Jy’s nog bietjie rou.”

      “Baie vroue hou van rou. Die ongeslypte diamant en so aan.”

      “Ek’s nie een van hulle nie.”

      “Jy ken my naam, maar ek ken nie joune nie.”

      “Lees môre se koerant. Die storie oor die pa wat sy twee kleuters as gyselaars aanhou. My naam sal daarby staan – as ek nog ’n werk het!”

      En sy draai kortom en trippel terug na die Honda, klouter in en trek weg met ’n gekrap van ratte en rokende bande.

      “Ek lees nie koerant nie, soetlief!” roep hy agterna. “Net Landbouweekblad.”

      Maar hy weet klaar hy gaan van nou af.

      15

      STOP! Moenie delete nie! Lees eers, dink na en doen dit!

      Mede Kinders van die Here, al kom hierdie mail nou al 20 keer verby jou, kan jy elke keer saambid.

      Onthou jy Jesus se gelykenis van die knaende vrou en die ongeduldige regter?

      Hoeveel eerder Dan nie ons Hemelse Vader nie? Ons land begin brand, en niemand het raad nie. Ons mense is arm en honger, en daar is te min genade en te veel anderpad kyk.

      2 Kron 7:14 “. . . As my volk, oor wie

      my naam uitgeroep is, Hulle verootmoedig en

      bid en my aangesig soek en hulle bekeer

      van Hul verkeerde weë, Dan sal Ek uit die

      hemel hoor en hulle sonde vergewe En hulle

      land genees.”

      GEBEDSAKSIE

      Ons doen dit soos volg:

      Wanneer jy hierdie e-pos ontvang, Dan bid jy sommer daar waar jy nou sit. Nadat jy gebid het, Dan stuur jy hierdie e-pos aan soos die Gees van God jou lei.

      BID SAAM:

      1.Hemelse Vader ons bid vir berou en bekering

      2.Vader ons bid vir vergifnis van ons sonde

      3.Ons bid dat U die mense se geestelike oë en ore sal oopmaak

      4.Ons bid dat U die mense in Suid-Afrika genadig sal wees en seën

      5.Ons DANK U vir reën wat reeds geval het en bid dat U genoeg reën Sal stuur na plekke wat smag daarna

      6.Ook dat U alle onskuldige Suid-Afrikaners sal beskerm teen al die Geweld

      7.En dat daar ’n positiewe verandering in Suid-Afrika sal plaasvind

      Ons bid dit in die Naam van JESUS.

      Amen

      VERSOEK:

      Moenie hierdie e-pos uitvee nie BID SAAM en stuur asseblief aan!

      Dit maak nie saak wie hiermee begin het nie, maar dit maak saak wat jy hiermee gaan doen. Mag die Here se genade, liefde en voorsiening oor elkeen van julle baie groot wees.

      Christus groete.

      16

      Vrou eis ná aanval deur eend

      OLYMPIA. – ’n Vrou wat by haar ma in Oregon in die VSA gekuier het, dagvaar nou die buurvrou en eis skadevergoeding van $275 000 (sowat R3,1 miljoen) vir pyn en lyding.

      Dit kom nadat ’n troeteleend haar vir skynbaar geen rede nie voorgelê en aangeval het.

      Cynthia Ruddell (62) van Washougal, Washington, was op haar ma se eiendom in Estacada, Oregon, toe die buurvrou se eend haar sonder uitlokking aangeval het, luidens die dokumente vir die regsgeding wat Vrydag in Oregon aanhangig gemaak is.

      In ’n poging om van die eend weg te kom, het Ruddell geval, haar regtergewrig gebreek en ’n elmboog en skouer ontwrig. – REUTERS

      17

      Die prinses wat alles gesien het

      Eendag lank gelede was daar ’n beeldskone prinses wat in ’n pragtige paleis gewoon het.

      Op die paleis se dak was ’n toring met twaalf langwerpige vensters.

      Wanneer die prinses deur die eerste venster kyk, kan sy so ver sien as die eerste boom van die woud.

      Wanneer sy die trappe opklim om deur die tweede venster te kyk, kan sy so ver sien as die laaste boom van die woud.

      Deur elke venster boontoe kan sy verder en verder sien.

      Van die twaalfde venster af kan sy alles op aarde, bokant die aarde en

Скачать книгу