Аннотация

Wat dryf iemand om sy vrou of lewensmaat te vermoor? Hoe is dit moontlik dat ons, ná meer as ’n eeu van vroueregte, steeds daagliks hoor van skynbaar doodgewone mans wat hul vroue aanrand, vermink en vermoor? Bekende joernalis en skrywer Schalk Schoombie kyk indringend na die verskynsel van «intieme vrouemoord», iets wat in Suid-Afrika krisis-afmetings aanneem. Aan die hand van talle gevallestudies maak hy skokkende bevindings, waaronder dat jy nooit te oud is om deur jou man aangerand of vermoor te word nie, en dat nie eers swangerskap vrouemoord verhoed nie. Enigiets, selfs skroewedraaiers, word as moordwapen gebruik, en vrouelyke word selfs in vate en tasse versteek. Tot die dood ons skei is 'n skokkende oopvlek van 'n misdaad wat skrikwekkend algemeen geword het.

Аннотация

"Ek bevestig en beaam: Dis ek. Ek is die sondebok. Ek het dit gedoen. Ek was verantwoordelik vir die dood van Hartman Swiegers." Die vooraanstaande celebrity-sjef Hartman Swiegers word vermoor tydens die openingsaand van Tydloos, sy nuwe fynproewerrestaurant in Pretoria. Sy bevrore liggaam word in ’n vrieskas gevind, met twee opgerolde harings as die enigste leidrade. Ná die polisie vuilspel vermoed stel Greta Burger – ’n selfaangestelde speurder wat haar laat lei deur haar intuïsie, oftewel “gevoelentes” – ook ondersoek in. Is die moordenaar Darius Swiegers, die kos-ghoeroe se broer, of is dit een van die uitgelese gaste? Is die moordenaar een van Tydloos se kombuispersoneel, of eerder iemand wat jare lank in die skadu van al Hartman se suksesse staan? ’n Dolle soektog met verskeie kinkels en ompaaie lei uiteindelik tot ’n ontknoping met ’n angel. ’n Boeiende, humoristiese speurverhaal deur ’n meester-storieverteller. Schalk Schoombie is joernalis, akteur en bekroonde dramaturg. Sy debuutroman, Boomkastele, was in 2016 genomineer vir die ATKV-Prosaprys en die Jan Rabie-Rapportprys.

Аннотация

Dit het begin met ’n wit moerbeiboom en ’n witstinkhoutboom. Hartvormige blaar en blinkgroen dunblaar. Celtis africana en Morus alba. Twee reuse wat drie meter uitmekaar geplant is en met verloop van dekades inmekaar gewroet het. ’n Afgetrede navorser sweer wraak nadat sy buurman twee reusagtige bome tussen hul erwe laat afkap. Terselfdertyd kom ’n Johannesburgse misdaadverslaggewer op die spoor van die berugte Sirkelman, ’n graffiti-kunstenaar wat Da Vinci se Vitruviaanse Man op geheimsinnige wyse op stadsmure aanbring. Die spoor lei uiteindelik na ’n bouval in Hillbrow . . . maar wat het ’n magdom verstrengelde stories en raaisels werklik met mekaar gemeen? ’n Verhaal oor monsterbome, scammers, sonde met die bure, donker perde – en die absurde.