Скачать книгу

      

      Ryker

      as die

      tempelkore

      Oordenkings oor Psalms

      MARETHA MAARTENS (skrywer)

       HENNIE MAARTENS (navorser)

      Lux Verbi

      Ryker as die tempelkore is vir jouself

      Ryker as die tempelkore is ’n persoonlike reis na ’n dieper kennis van die God van wie Paulus skryf:

      As God eenmaal aan mense sy genadegawes geskenk en hulle geroep het, trek Hy dit nooit weer terug nie […] O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God!

      Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë! “Wie ken die bedoeling van die Here? Wie gee Hom raad?

      Wie bewys Hom ’n guns, sodat Hy verplig is om iets terug te doen?” Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid! Amen

      (Rom 11:29, 33-36, 1983-vertaling).

      Om jou in die Psalms te verdiep, is om in te gaan in die magtige krag van één Woord,

      één boodskap van God se liefde en trou

      en één verbond.

      Werk rustig. Ryker as die tempelkore is ’n boek sonder datums en sonder druk. Vertoef waar die Gees van God jou wil laat vertoef. Bid waar jou hart van verwondering en dankbaarheid wil breek. Keer terug na wat jy nodig het.

      “Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang” (Joh 1:16, 1983-vertaling).

      Jy ook.

      Ryker as die tempelkore is vir Bybelstudie- en selgroepe

      Om julle in die Psalms te verdiep, is om as Bybelstudie- of selgroep in te gaan in die magtige krag van één Woord,

      één boodskap van God se liefde en trou

      en één verbond.

      Dit is om by gladde clichés verbygelei te word — dis nie waar God ons wil hê nie.

      Wy soveel weke (of maande) as wat julle wil aan die nagaan en bespreking van die inhoud van hierdie boek.

      Ryker as die tempelkore is ’n Bybelstudieboek wat ’n groep laat vertoef waar die Gees van God die groep en die individuele gelowiges in die groep wil laat vertoef.

      God sal julle seën, daar waar julle saam om sy Woord is.

      “Hy seën dié wat Hom dien, klein en groot” (Ps 115:13).

      Julle ook.

      Ses opmerkings

      Hierdie opmerkings is bedoel vir dié wat Ryker as die tempelkore as ’n handleiding vir ’n Bybelstudie- of selgroep wil aanwend.

      1. Daar is psalms en daar is Nuwe-Testamentiese Skrif

      In Ryker as die tempelkore vind jy Ou-Testamentiese psalms (nogal voor die hand liggend!) met Nuwe-Testamentiese Skrif daarby.

      2. Daar is onderafdelings in die Ou-Testamentiese psalms

      In elke Ou-Testamentiese psalm is daar onderafdelings aangebring. Dié onderafdelings laat jou regtig verstaan waaroor die psalm gaan.

      In elke klaagpsalm is daar byvoorbeeld ’n minimum van vyf onderafdelings. Dit wys die Ou-Testamentiese geestelike dissipline uit waardeur ’n gelowige van die duisternis na die lig, van radeloosheid na sekerheid beweeg. Daar is baie klaagpsalms in die boek Psalms – jy en jou groep gaan ook ontdek hoe om triomfantelik in die geloof te leef!

      3. Daar is baie Skrifverwysings

      Die inskrywings in die Nuwe Testament-segment van elke hoofstuk kan in die vorm van ’n gebed wees. Soms is dit ’n teks-vir-teks-uitwysing van die vervulling van Ou-Testamentiese beloftes. Daar is geen vaste vorm nie, maar daar is altyd Skrifverwysings, hetsy in die voetnote of ná ’n versreël of bede. Alles gaan oor daardie Skrifgedeeltes. Slaan hulle na. Lees hulle. Laat dié Skrifgedeeltes die grondslag en die kern van jul Bybelstudiegeleentheid wees.

      4. Daar is eenheid

      Ryker as die tempelkore is ’n studieboek oor één God, één Woord, één verbond. Hierin herontdek jy die Ou Testament en die Nuwe Testament as één geskiedenis van God se liefde en trou.

      5. Daar is tussenhoofstukke

      Tussen die psalms is daar tussenhoofstukke. Jy sal hoofstukke in die reeks vind oor die verbond, die Naam van die Here, Bybelse feeste, ensovoorts. Daar is ook hoofstukke oor argeologiese ontdekkings wat vir sommige gelowiges baie opwindend kan wees.

      Die tussenhoofstukke werp lig op die inhoud en die agtergrond van ’n spesifieke psalm of groep psalms. Ons beveel die tussenhoofstukke vir dieptestudie aan.

      6. Daar is feite oor God en oor jou in die Psalms

      Die waarheid van God is groter as enigiets wat die mens kan bedink.

      Hoe om Ryker as die tempelkore as ’n groep te gebruik

      Die voorafgaande ses opmerkings bevat riglyne vir die gebruik van Ryker as die tempelkore as ’n Bybelstudie- of selgroephandleiding wanneer julle die psalms as ’n kosbare segment van een Woord en een verbond wil bestudeer.

      Lees al die Skrifgedeeltes wat in die betrokke hoofstuk aangedui word. Alles wat tydens jul Bybelstudiegeleentheid gaan gebeur, gaan hieruit voortvloei.

      Gebruik die volgende ses vrae by elke geleentheid as besprekingsvrae. Die belangrikste vraag is die vraag oor God. Keer gedurig terug na hierdie vraag. God openbaar Hom in en deur die Skrif aan ons. God wil Hom deur sy Woord aan julle openbaar. Moet niks of niemand toelaat om Hom tydens jul Bybelstudiebyeenkoms selfs net ’n paar minute lank te verdring nie.

      Twee inleidende vrae

      1.Wat het jy gehoop en gewens om in dié psalm (of tussenhoofstuk) te kry?

      2.Wat het jy verwag om in dié psalm (of tussenhoofstuk) te vind?

      Twee vrae oor die mens se emosies, wil en verlangens

      3.Hoe is die Ou-Testamentiese mens volgens dié psalm? Hoekom? Is ons ook so?

      4.Wat verander (of kan verander) wanneer ons in Christus is? Hoe en hoekom?

      Die kernvraag: die vraag aangaande God

      5.Wat het God nou vir jou deur sy Woord aangaande Homself openbaar?

      Die besinningsvraag: Wat wil jy vir God sê?

      6.Hier kan elke lid van die Bybelstudiegroep vyf minute lank persoonlike aantekenings in ’n aantekeningboekie maak.

      Bring lof en eer aan God en aanbid Hom.

      DIE NAAM VAN DIE HERE

      Trek jou skoene van jou voete af

       want die plek waar jy op staan, is heilige grond (Eks 3:5).

      Die Naam van die HERE is ’n sterk toring;

       die regverdige hardloop daarin

       en word beskut (Spr 18:10).

      Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemel is,

       laat u Naam geheilig word (Matt 6:9).

      En Ek sal my heilige Naam bekend maak onder my volk Israel

       en sal my heilige Naam nie meer laat ontheilig nie;

       en die nasies sal weet dat Ek die HERE is,

       die Heilige in Israel (Eseg 39:7).

      Êrens op ons geestelike pelgrimstog begin ons, wat in tyd, taal en afstand so ver verwyderd van die Ou Testament opgegroei het, vrae oor God se Naam vra.

      •Behoort volwasse Christene – en selfs ons tienerkinders – sekere van die Ou-Testamentiese

Скачать книгу