ТОП просматриваемых книг сайта:
Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 8 Huistaal. Riens Vosloo
Читать онлайн.Название Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 8 Huistaal
Год выпуска 0
isbn 9781775891031
Автор произведения Riens Vosloo
Жанр Учебная литература
Серия Piekfyn Afrikaans
Издательство Ingram
Die Moeder het diep gesug. “Dankie, my kind,” het sy gesê.
Hierdie enkele daad van vriendelikheid het die Moeder verlos. Sy het in ’n hopie op die grond neergesyg en in stof verander. Haar werk was klaar. ’n Groot wind het opgesteek en haar stof hoog die lug ingewaai om die maan te vorm soos dit nou lyk. En daarmee is haar derde wens vervul: dat ’n lig uit haar sal skyn sodat sy haar kinders en die groen-en-blou planeet nog steeds elke maand van die jaar kan sien.
Tot vandag toe hou die maan wag oor haar rusiemakende en vegtende kinders. Sy sien haar dogters onder leiding van die jong vrou, besig om heel te maak en gesond te maak, om te dien en te bewaar soos sy voorheen gedoen het.
Maar die kinders van die dogters van die maan kla steeds, maak steeds rusie, veg steeds. En wanneer die maan dit sien, steek sy haar gesig weg en huil van skaamte, voor sy dit regkry om weer te kyk en ’n skraal halfmaan te wys. Nag ná nag draai sy haar gesig meer en meer tot sy volrond van liefde straal. Op so ’n magiese volmaannag is dit moontlik dat iemand ’n sprankie van hierdie liefde opvang en dit met ander deel.
Nou nog, in wind en in reën, sing die dogters van die maan die lied van hulle wie se lewenstaak dit is om te gee. En in dié lied skuil ’n innige wens: dat die kinders weer sal leer om hul Moeder lief te hê.
Woordverklarings
daeraad – eerste daglig
deernis – meelewing, liefdevolheid
dolend – dwaal, rondloop
huide – velle
inspeksierondes – die draaie of rye wat iemand stap om inspeksie te doen
karos – gebreide dierevel wat soos ’n kombers gebruik word
magies – wonderlik, toweragtig
mildheid – oorvloedig, sag, goed
ontboste – ’n stuk grond waarop al die struike en bossies uitgehaal is
oorskot – ’n lyk
plunder – iets breek of vir jouself vat
rank – slank, lenig
skakering – tinte van meer as een kleur, afhangend van hoe die lig val
skoffel – landbouinstrument om grond om te keer
slaapmat – tradisionele mat om op te slaap
stelselmatig – stukkie vir stukkie, soms volgens plan
sterstof – letterlike vertaling van “star dust”, verwys na toweragtige glans
swaarte – swaarmoedigheid, neerslagtigheid
variasie – weergawe wat ietwat van ’n ander weergawe verskil
vervliet – verbygaan
vonkelskerfies – nuutskepping wat verwys na skerfies wat vonkel
vysel – kombuisinstrument om iets fyn te stamp
wanmandjie – landbouinstrument om iets te sif sodat net die fynste deeltjies deurval
weë – die manier waarop iemand of iets optree
werp – gooi
Postlees: Beantwoord die onderstaande vrae in jou werkboek (pas leesstrategieë toe). | |
1. | Noem ten minste drie woorde in die verhaal wat as nuutskeppings beskou kan word en dus nie in ’n woordeboek gevind sal word nie. |
2. | As jy jou kennis van die heelal soos ons dit ken op hierdie verhaal sou toepas, hoekom sal die dogter haar glans verloor wanneer sy op daardie ver planeet gaan woon? |
3. | Wat noem ons in die wetenskap die jare waarna daar in die volgende sin verwys word: “Alles neem jare en jare om te gebeur, hoewel dit vir hulle maar soos ’n vonkeling vervliet.” |
4. | Skryf die sin in hierdie verhaal neer waarin jy van die Melkweg lees. |
5. | Gee twee ander Afrikaanse woorde vir “flonkerend”. |
6. | Skryf drie soorte kinders in hierdie verhaal neer en beskryf elke soort kind se karaktereienskap in jou eie woorde. |
7. | Beskryf in drie sinne hoe die maan, volgens hierdie verhaal, ontstaan het. |
8. | Wat is die ooreenkoms tussen die kinders van die aarde in die verhaal en die mens soos ons hom vandag ken? Sleutelwoord: natuurbeskerming. |
9. | Wat is die Moeder se hooftaak in hierdie verhaal? Beskryf dit in een sin. |
10. | Noem twee kenmerke van ’n volksverhaal in hierdie verhaal. |
Postaktiwiteit (verryking)
Jy het vroeër geleer daar is ’n basiese storielyn in ’n volksverhaal. Al word die karakters en gebeure so ’n bietjie verander in ander weergawes daarvan, herken ons steeds die basiese storielyn; daarom kan ons sê dit is ’n variasie.
In baie volksverhale kry ouers op wonderlike maniere kinders. Die kinders word dan van hulle weggeneem omdat die ouers iets verkeerd gedoen het. In “Die boomkinders” wat in Kenia vertel word, beledig die moeder die kinders en hulle word dan vye. In die Europese verhaal “Sneeukind” word die seuntjie ’n sneeupop nadat die pa hom as slaaf verkoop het. In “Die kalbaskinders”, wat in Oos-Afrika vertel word, word die ma kwaad omdat haar kind nie werk nie en nadat sy hom uitgeskel het, verander hy weer in ’n kalbas.
Herken jy in een van hierdie verhale die basiese storielyn van “Die moeder wat stof geword het”? Hoekom sê jy so?
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.