Скачать книгу

is jou hart seer?” vra die sakkie.

      Die meisie vertel haar storie.

      “Goed, ek wil hom hê,” sê die sakkie en die meisie tel ’n groen klip op waarna sy staan en kyk het.

      “Nee, nie die klip nie, die storie.”

      Sy sit toe die storie in die sakkie.

      Die sakkie is ’n rukkie lank stil, maar toe vra hy al weer iets en is net met ’n storie tevrede.

      Só gaan dit aan. Sy dink stories uit wat sy een vir een aan die sakkie gee terwyl skerpioene met skerp angels onder klippe in hardloop en harige spinnekoppe soos muise oor die veld skarrel en swart goggas vinnig oor die warm sand dans.

      Op ’n dag kom sy by ’n dorpie aan waar sy onder ’n groot boom gaan sit.

      Gou is die hele dorp se mense by haar. Hulle sê sy moet stories vertel, want sy sit onder die storieboom.

      Die meisie wys die sakkie. Toe vertel sy die sakkie se storie. Toe sy klaar is, vee almal hul oë af.

      “Dit was ’n mooi storie,” sê hulle en neem haar die dorpie in waar hulle haar lekker vleis en vye en maroelas en suurmelk gee.

      Toe neem hulle haar na ’n hut en gee haar ’n slaapmatjie om op te slaap. Toe sy wakker skrik, moet sy nog ’n storie vertel.

      Nadat sy dit gedoen het, sê sy dat sy nou moet gaan. Terwyl sy aanstap, wonder sy oor die jong man en sy sien nie die dassies op die klippe in die son nie, ook nie die trop olifante tussen die bome nie.

      Sy sien ook nie krygsmanne aankom nie. Toe sy hulle sien, is dit te laat …

      Hulle neem haar na hul dorpie waar sy saam met ander slawevroue hard moet werk op die lande. Saans, in die hut wat die vroue deel, vertel sy stories. Gou hoor die krygsmanne daarvan.

      Nou hoef sy nie meer op die lande te werk nie. Sy moet net stories vertel. Maar vandat hulle haar gevang het, kan sy nie nuwe stories uitdink nie, maak nie saak hoe hard sy probeer nie.

      Op ’n dag kyk sy in haar storiesak en sien dis leeg. Heeltemal leeg.

      Sy sê aan die krygsmanne sy kan net stories uitdink wanneer sy mag loop waar sy wil.

      Eers wil hulle haar nie glo nie, maar toe sy daarna net dieselfde stories oor en oor vertel, laat hulle haar tog gaan.

      Sy was net ’n rukkie van die dorpie af weg toe sy aan ’n storie dink.

      Dis die storie van ’n meisie wat net stories kan uitdink as sy kan loop waar sy wil. Sy bêre die storie in die sakkie en dink nog een uit.

      Terwyl sy dink, dwaal sy van koppie tot koppie, van dorpie tot dorpie …

      Iewers, toe die lug witwarm is en die droë vlaktes plek-plek soos damme water dryf, kom ’n jong man na haar toe aangestap.

      En sy weet dadelik dis hy. Hy wat van haar af weg is oor sy die sakkie vir hom gewys het.

      Hy sien haar, hardloop haar tegemoet en omhels haar. “Ek soek al so lank na jou. Ek was bang jy is dalk dood. Ek is so jammer oor wat ek gesê het, want daarna het ek gedink daar is min meisies wat ’n man so liefhet dat sy al haar geheime met hom sal deel.”

      “Jy weet nie alles van my af nie,” sê die meisie.

      “Wat weet ek dan nog nie?” vra die jong man.

      “A, maar ek kan stories vertel,” sê sy.

      En toe begin sy.

Postlees: Beantwoord die onderstaande vrae in jou werkboek (pas leesstrategieë toe).
1.Hoekom is “afdraandrûe” ’n raak beskrywing van blouwildebeeste se rûe?
2.Waar sit ’n dier se skof? Skryf net die regte antwoord neer: tussen die klou en die boud / tussen die stert en die rug / tussen die kop en die rug.
3.Skryf in twee sinne wat die verskil is tussen die volgende twee frases: “dan sal jy jou storie moet ken” en “die meisie vertel haar storie”.
4.Noem twee roofdiersoorte wat die meisie teëkom.
5.Gee ’n ander woord uit die verhaal vir “krygers”.
6.Skryf drie sinne oor die meisie se karakter.
7.Skryf drie sinne oor die jong man se karakter.
8.Noem drie dinge wat in hierdie verhaal gebeur wat nie in die werklike lewe moontlik is nie.
9.Wat is die ooreenkoms tussen hierdie verhaal en die verhaal van Adam en Eva?
10.Skryf vyf sinne uit die storie neer wat beskryf hoe die omgewing lyk.
11.Beskryf in twee sinne die twee lewenslesse in hierdie verhaal.
12.Wat is die belangrikste in hierdie storie: die lewenslesse of die spanning? Hoekom sê jy so?

      Postaktiwiteit (verryking)

      Skryf die hoofpunte in hierdie verhaal in vyf sinne neer.

      Koning Leeu se geskenke

      Pieter W. Grobbelaar

koning-leeu-se-geskenke.jpg

      Prelees – groepbespreking

      Hierdie verhaal het in die Khoi-kultuur ontstaan. Die meeste van hulle verhale gaan oor diere wat menslike eienskappe aanneem, of oor hoe die aarde of dinge op aarde ontstaan het. Dit is ook in hierdie verhaal die geval. Grobbelaar vertel hierdie verhaal so snaaks dat ons nie kan help om te lag nie. Die mooiste is dat hy tipies menslike eienskappe aan diere gee, op so ’n slim, humoristiese manier dat ons van die lelikste en domste dinge in onsself daarin herken. Kyk ook uit vir die paar nuwe woorde wat hy skep. Ons noem dit nuutskeppings. Dit is net skeppende skrywers se voorreg. Ons kan nie dié woorde gebruik wanneer ons ’n sakebrief of ’n feitelike opstel moet skryf nie.

       Ken jy enige nuutskeppings? Gee voorbeelde.

       Probeer om self nuwe woorde te skep.

      Die verhaal

      Koning Leeu hou ’n groot party, en al wat dier is, moet kom. Want as die koning nooi, is dit wet, en jy kan nie weier nie.

      Net die bokvrouens is astrant. “Nee,” sê vrou Koedoe. “Leeu wei glad te lekker onder ons geslag. Hoe moet ons weet hy gaan ons nie opeet as ons na sy party toe gaan nie?”

      “Ja, ja, ja!” sê ’n hele klomp bokvrouens.

      “Dan stap ek maar alleen,” sê Koedoe. “Netnou is daar moeilikheid.”

      “Ja, kom ons stap,” sê die ander bokmans. Want ’n fees is ’n fees.

      Die bokvrouens snuif vererg en verroer nie ’n klou nie. Net ou Boerbok se vrou bly nie weg waar daar geëet word nie – selfs al eet hulle haar.

      So kom die diere aan. Dis Luiperd en Hasie, en Sebra en Mol, en Olifant en Muishond en Slang. Bobbejaan is te nuuskierig om weg te bly; Esel is te onnosel. Daar is Dassie en Seekoei en Koggelmander, en Wolf en Jakkals ook. Ja-nee, dis ’n party duisend.

      Eers dans hulle ’n bietjie, dis hoog skop en laag skop, en Bobbejaan dans voor. Toe sing hulle ’n bietjie, en Jakkals sit in, net so skuins onder die regte noot. Daarna eet hulle heuning en drink melk, jy sou sê hulle doen dit al hul lewe lank. Tot Leeu en Luiperd en Rooikat en Wolf eet saam asof hulle nog nooit bloed geproe het nie. Want Leeu het gereken op ’n party kan jy darem nie van jou gaste se familie voorsit nie.

      “Luister nou, my diere,” sê Leeu toe hy die heuningpot skoongelek het. Want ’n koning eet eerste en laaste, en nog heelwat tussenin ook; die ander moet maar vat wat hulle kan kry.

      “Luister, my diere!” sê Leeu weer. “Ek wil graag vir julle elkeen ’n geskenk gee om te wys dat ek ’n goeie koning is.”

      “Dankie, dankie, dankie!” sê die diere, en hulle druk vorentoe. Dit stamp en stoot en karnuffel mekaar, want die een is bang die ander gaan dalk die beste geskenk voor hom kry.

      “Stadig,

Скачать книгу