Скачать книгу

is Renoster se “ete en sy drinke”?6.Verduidelik in een sin wat beteken: “Ai, maar mooi is nie die woord nie!”7.Grobbelaar gebruik in sy oorvertelling drie woorde wat jy nie in ’n woordeboek sal kry nie. Skryf hierdie drie nuutskeppings neer.8.Wat beteken “glad” in die volgende sin: “Padda woon glad poedelkaal in die water.” Skryf net die regte antwoord neer: heeltemal / glibberig.9.Hierdie verhaal wil vir ons verklaar hoekom iets is soos dit is, dit wil dus die ontstaan daarvan verklaar. Skryf vyf daarvan neer in volledige sinne.10.Hierdie verhaal leer vir ons ’n lewensles / leer nie vir ons ’n lewensles nie. Skryf in twee sinne hoekom jy so sê.11.As jy nee antwoord op vraag 10, beteken dit dan dit is nie ’n volksverhaal nie? Hoekom sê jy so?12.Watter persoon het hierdie verhaal vertel? Hoekom sê jy so?

      Postaktiwiteit (verryking)

      Sê nou maar die volgende diere was nie by Leeu se party nie. Probeer in vyf sinne soos Grobbelaar vertel wat Leeu vir een van hulle sou gegee het: kat, muskiet, vlieg.

      Die koning se ring

      Jay Heale

koning-se-ring.jpg

      Prelees – groepbespreking

      Daar word baie ou verhale vertel oor ’n dinastie (’n reeks konings uit dieselfde familiegroep) wat vanaf die veertiende tot die sewentiende eeu iewers in die huidige Zimbabwe en Mosambiek regeer het. Hulle was baie ryker as ander konings van hulle tyd en hulle grootste skat was goud. Dié koninkryk het bekend gestaan as Monomotapa. Toe vroeë reisigers op die Zimbabwe-ruïnes afgekom het, het hulle gemeen dit is Monomotapa. Niemand kon egter ooit met sekerheid vasstel waar Monomotapa was en of dit werklik bestaan het nie.

       Wie van julle het al die Zimbabwe-ruïnes gesien? Vertel die klas daarvan.

       Probeer ’n klompie foto’s van die ruïnes klas toe bring. Plak dit in jou werkboek wanneer jy die vrae oor die verhaal beantwoord.

      Die verhaal

      Daar was eenmaal ’n koning wat ’n wonderlike ring gehad het. In hierdie towerring het die geheim van al sy mag gelê. Hy het die ring soos ’n skat bewaar, want dit het hom die magtigste koning in Afrika gemaak.

      Die goud waarvan die ring gemaak was, het met die Nylrivier langs gekom, en die goud was ingelê met silwer wat met die Kongorivier langs gekom het, en die diamante daarin het met die Zambezirivier langs gekom – so word daar vertel. Maar waar die ring in hierdie vorm vandaan gekom het, het niemand geweet nie.

      So groot was die ring se mag dat dit die een wat dit gedra het teen alle gevaar beskerm het. Maak nie saak hoeveel mense om hoeveel hoeke sou storm met hoeveel spiese en byle en pyle nie, die koning kon niks oorkom nie. Dis nou te sê, solank hy die ring gedra het.

      Dit is hoekom die koning nooit ooit sy ring afgehaal het nie. Of hy nou hofsittings moes hou, en of hy by ’n reusefeesmaal aangesit het wat ’n dag lank sou duur, en of hy deur die stad gedra is op sy spesiale drabed met volstruisvere versier – hy het altyd sy ring gedra. Selfs snags wanneer hy slaap, was die ring aan sy vinger.

      Maar die koning moet ook bad, en dan moet hy sy ring afhaal. Dan dra sy bediendes hom na die kristalpoel by die waterval en sit hom neer, en dan buig hulle en sy baie vroue en sy baie, baie kinders laag voor hom, en dan loop hulle agteruit tot hulle hom nie meer kan sien nie, want niemand mag ooit sy rug op die koning draai nie.

      Eers wanneer almal weg is, trek die koning uit. Hy haal sy kroon van ivoor en goud en pouvere af, trek sy mantel van sy en goud en edelstene uit, skop sy sandale van swarthout en renostervel uit en sit sy kleed van spierwit linne langs hom neer. Heel laaste haal hy sy ring af en bêre dit in so ’n slim wegsteekplek dat nie een van sy bediendes of sy baie vroue of sy baie, baie kinders ooit sal kan raai waar dit is nie. En wanneer hy klaar gebad het, sit hy heel eerste die ring weer aan. Eers dan mag iemand weer naby hom kom.

      Maar eendag toe hy uit sy bad klim en drup-drup in die sonnetjie staan, kom hy agter sy ring is weg. Verbysterd, en toe bevrees, soek hy in die geheime wegsteekplek en toe oral rondom hom. Maar die ring is weg. Iemand – een van sy bediendes of sy baie vroue of sy baie, baie kinders – moes die wegsteekplek gekry het, en het dit durf waag om die ring te vat.

      Die koning is woedend. Maar hy is ook bang. Hy kan nie eens ’n beloning uitloof vir die een wat die ring sal kry nie, want dan weet almal hy is sy ring kwyt. En hulle weet, sonder sy ring het hy nie meer beskerming teen gevaar nie. Hulle sal weet hy is nie meer die magtigste koning in Afrika nie.

      Vir dae sit die koning hom siek en bekommer. Hy loop op en af in sy slaapkamer. Hy sit ure lank en staar na die grond en na die lug. Hy kan nie slaap nie. Sy vroue skud verdrietig hulle koppe, en sy kinders bly uit sy pad.

      Uiteindelik kry sy lieflingsvrou hom sover om vir haar te sê wat fout is, en sy gaan reguit na die slimste van al die towenaars toe – ’n man genaamd Zafusa.

      Met wilde oë en kletterende armringe kom Zafusa in die paleis se binnehof aan. Met veerpluime wat om sy kop dans en repe diervel wat om sy middellyf bengel, stap hy na die koning en gaan by hom sit. Hy lyk soos ’n luiperd met vere en ’n honderd sterte. Doodstil luister hy hoe die koning vertel van sy ring wat gesteel is.

      Toe maak Zafusa een van die leersakkies aan sy kralegordel los en haal die dolosse uit waarmee hy altyd antwoorde kry op sy moeilikste vrae. Hy vee ’n kring glad in die sand. Hy hou die dolosse in die lug, gee ’n hoë skreeu en laat die dolosse val. Hy kyk mooi na die patroon waarin hulle lê en kom orent.

      “Die ring sal uitkom, o Koning,” sê hy. “Die dief is sommer hier naby.”

      “Wie is dit?” eis die koning.

      Zafusa skud net sy kop. “U sal sien. Towerkuns is nie nodig nie. Laat kom net die houtkappers.”

      Die koning maak so en Zafusa sê vir hulle wat om te doen.

      Toe die son die volgende môre opkom, word almal wat selfs die geringste kans gehad het om die ring te steel na die plein voor die paleis ontbied.

      Die koning verskyn aan die bopunt van die trap by die ingang van die paleis. Sonder ’n woord staar hy oor die skare heen, en die mense buig voor hom. Hy klap sy hande en skielik staan daar ’n ry soldate reg rondom die plein. Hulle hou skerpgemaakte spiese gereed, niemand kan wegkom nie.

      Toe kom Zafusa by die klein poort uit. Hy lyk vreesaanjaend. Om elke oog is ’n wit kring geteken, en daar is vreemde donker patrone op sy lyf. Agter hom aan kom die houtkappers en elkeen dra ’n bondel reguit stokke. Hulle gooi die stokke op ’n hoop in die middel van die plein.

      Zafusa dans om die stokke, en hy sing-praat in ’n taal wat niemand ken nie, en almal weet dat dit toorwoorde is wat hy sê. Toe gee die koning ’n bevel, en elkeen op die plein kry ’n stok.

      “Wees baie versigtig!” bulder Zafusa. “Dit is toorstokke dié! Moet dit nie laat wegraak nie. Dra dit heeldag met julle saam. Bring dit môre teen dagbreek hiernatoe terug. Wanneer die son opkom, sal ons sien wat ons sal sien.”

      Toorstokke! Die mense is verbyster – die toorstokke lyk nes gewone stokke. Hulle vergelyk hulle stokke met mekaar – almal lyk dieselfde. Party is ’n bietjie dikker of ’n bietjie dunner as die ander, maar almal is ewe lank. Om die waarheid te sê, almal is presies ewe lank. Vreemd …

      Toe staan die soldate eenkant toe sodat die mense kan gaan. Hulle loop natuurlik agteruit, want niemand mag ooit sy rug op die koning draai nie. En dis hoe dit kom dat almal sien hoe die koning sy lieflingsvrou na hom toe wink om iets vir haar te sê.

      Toe sy voor hom kniel, fluister hy in haar oor: “Die dief is so goed as gevang. Die stok sal hom vang. Die dief se stok gaan vannag langer groei, so lank soos drie vingers breed is. Maar moet vir niemand vertel ek het so gesê nie.”

      En toe die koning by die ingang in verdwyn, drom al

Скачать книгу