Скачать книгу

pas gehoor hy is vir ’n Oscar as best director benoem.

      “Is dit iets wat jy hoop jy meer van gaan doen?” vra sy.

      “Ja, ek hoop ook om eendag ’n feature te maak. Jy weet, ’n vollengte-fliek.”

      Natuurlik weet ek wat ’n feature is, dink Sophia. Hoekom is daar soveel mense in die vermaakbedryf wat dink joernaliste is dom poppies wat die werk doen vir hulle eie vermaak?

      “Is daar al ’n draaiboek wat jy in gedagte het?”

      “Nee, maar dit lyk vir my elke tweede mens het ’n draaiboek iewers in sy laai. Jy moet net soek tot jy die regte een kry. Lyk my Afrikaanse mense is uitgehonger vir flieks in hulle eie taal.”

      “En wie gaan jy kry om in die fliek te speel? Sangers? Akteurs?”

      “O aarde, nee, net nie sangers nie. Ek raak die moer in – skuus, ek moet seker nie in ’n onderhoud vloek nie – as sangers in flieks gebruik word. Wat weet hulle in elk geval? Net omdat jy CD’s verkoop, beteken dit nie jy kan act nie.”

      “Maar daar was tog al soveel suksesse? Is die rede hoekom flieks met sangers in so ’n sukses was, nie dalk juis omdat mense hulle ken en ondersteun nie?”

      Nico hou nie van die rigting wat die onderhoud inslaan nie.

      “Ja, seker, maar wanneer ek ’n fliek maak, gaan dit met regte akteurs wees. Ek dink ons het nou al te lank aan die agterspeen gesuig. Sangers het die afgelope tien jaar of wat ’n klomp geld gemaak. Nie net met CD’s en konserte nie, maar ook met die flieks waarin hulle gespeel het. Dis tyd dat akteurs ’n beurt kry. Maar kom ons praat oor die video. Is daar nog iets wat jy wil weet?”

      Terug by die kantoor sit Sophia lank en staar na haar rekenaar­skerm voor sy die artikel begin skryf. Sy hou regtig nie van Nico de Jongh nie. Hy is te arrogant, te selfversekerd. Asof hy die een is wat die hele akteursbedryf gaan red. Daar is baie akteurs en aktrises vir wie sy die wêreld se respek het, maar hy is nie een van hulle nie.

      10

      Sy lees die berig in Die Burger weer en weer.

       Skare nodig vir Strydom se nuwe video …

      In die berig skryf die joernalis dat mense wat belangstel ’n e-pos moet stuur om aansoek te doen. Daar is geen betaling vir die deelname nie, net ’n geleentheid om in een van die grootste Afrikaanse musiekvideo’s ooit te wees. Daar is ook een groot prys vir mense wat inskryf: Een gelukkige leser wen ’n ete saam met Carel by ’n eetplek in Bloubergstrand.

      Ek het nie betaling nodig nie, dink sy. Dis nie eens vir my nodig om die groot prys te wen nie. Ek wil net een van die mense wees wat daar is wanneer die video gemaak word.

      Dalk sien hy haar dan raak. Elke keer wanneer hy in die Kaap optree, is sy daar. Sy het selfs George toe gery vir ’n konsert. Vroeër die jaar was sy by al sy konserte by die KKNK. Durbanville, Stellenbosch, Bellville. Hermanus toe en terug gery vir ’n konsert.

      Sy is altyd daar wanneer hy ná die konserte CD’s verkoop en handtekeninge uitdeel, maar sy was nog altyd te skaam om nader te gaan. Gehoop dat hy haar sal opmerk, haar sal nader wink tussen die massas en besef sy is die een.

      Sy kry ’n skêr en knip die berig uit. Dit moet ook in een van haar plakboeke kom. Wanneer sy en Carel eendag oud is en hy nie meer optree nie, sal hulle deur die plakboeke blaai en sal hy weet wat elke oomblik in sy loopbaan gebeur het. Hy sal ook dan weet hoe lief sy vir hom is en nog altyd was, deur al die jare, al het hy haar vir so lank nooit eens raakgesien nie.

      11

      Facebook

      Riana Kruger

      27 minutes ago

      Ek is nou al so moeg vir die Marmite-mannetjies wat ons lewe so versuur. Wanneer gaan ons Volk opstaan en trugvat wat ons sn is? Julle, my mede Afrikaners, moet trugveg!!!! Ons kan nie meer dat ons land so in die afgrond gaan nie!!! Wanneer hou die moord en doodslag op? Wat gaan jy eendag vir jou kinders sê wanneer jy vir hulle sê jy het niks gedoen nie?

      Anna Botha: Ek stem saam met jou Riana en danki dat jy so op staan vi ons Volk. Ons waardeur dit.

      Pieter Smit: Riana, dis vroue soos jy wat ons trots maak om Afrikaners te wees. Gaan voort met jou goeie werk.

      Guillaume Visser: Die Marmite mannetjies het mos di land op n skinkbord gekry. FW en sy trawante was te skytbang om te baklei toe gee hulle net oor. Ons Volk sal nog oorwin!

      Jan de Beer: Ek stem saam met @guillaume. Dit was ’n groot fout om die land so vinnig vir die barbare te gee.

      Santie Vos: Kyk maar net na wat met onderwys in die land gebeur het. Dis in gaos!!!

      Riana Kruger: Dankie julle. Ons moet saam staan. Ons kan hierdie ding oorwin. Ons sal nog vryheid in ons leeftyd ervaar. Julle moet asseblief onthou van die optog wat Saterdag in Verwoerdburg gehou word.

      Jan de Beer: Bedoel jy Centurion?

      Riana Kruger: Vir my sal dit altyd Verwoerdburg bly. Soos Jan Smuts Lughawe, Pretoria en Warmbad.

      Chantelize Verster: Waneer ko jy weer Kroonstad toe? Ek het al ju CD’s. Kan nie wag om ju weer te sien sing nie. Ek is jou grootste hero!

      Riana Kruger: Dankie Chantelize. Ek is nie seker waneer ek weer in Kroonstad gaan wees nie maar gaan na my webblad www.rianakruger.co.za vir al my optredes. Jy kan ook daar al my CDs bestel. Kyk ook uit vir my nuwe reeks T hemde, vadoeke en voorskote.

      Hannah de Wet: Danqi dat jy so vir ons mense baklei die mense wat jou so in die rug steek gaan eerste en die hartste val ek het nie tyd vir mense soos hulle nie

      Gerrie Marais: Riana, wanner gaan jy ophou om soveel haat aan te wakker? Wanneer gaan jy besef dat ons baie meer het om voor dankbaar te wees? Jy en jou anhangers is ewe veel agter die klip.

      Jan de Beer: @Gerrie – jy is seker ’n kafferboetie wat vir die A en C stem? Jy sal nog sien! Ons wit mense gaan nog almal uit gemoor word. Dis mense soos jy wat my skaam maak om ’n afrikaner te wees.

      Santie Vos: Gerrie gaan speel op ’n ander plek. As jy nie saak ondersteun nie, pak solank jou tasse vir Neu-zeeland.

      Martjie Viljoen: Gerrie jou opinie beteken niks nie! Word wakker! Die land brand!

      Riana Kruger: Gerrie moet asseblief nie jou verligte denke hier kom gee nie. Hierdie is ’n blad vir mense wat ernstig is oor die toekoms van ons Boere Volk. Dankie vir die res van julle se ondersteuning. Ek het vergeet om te noem dat ek voor die optog Saterdag by die Hyperama in Roodepoort tussen 9 en 9.30 sing. Hoop ek sien baie van julle daar. Onthou ook my nuwe gospel-CD is November uit. Lief vi julle!!!!

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RbnRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAeAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAkIdpAAQAAAABAAAApAAAANAALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENTNSBN

Скачать книгу