Аннотация

Hertzogprys vir Prosa (1973) WA Hofmeyr-prys (1974)
Nege jaar lank het Delport vir hom weggekruip. Maar toe, een laatmiddag in Caipemba, het Malia Domingo opgedaag. Vir Delport was sy ’n vreemdeling en hy wou haar afgeskud kry, maar sy het iets van Ritter met haar saamgebring – sy gesig, in die vorm van ’n masker. Of was dit nie regtig Ritter se gesig nie? Rondom die vae herinneringe van ’n moord het Chris Barnard ’n roman gebou – ’n roman wat sy vertrekpunt het in die soort situasie wat gewoonlik by ’n populêre spanningsverhaal tuishoort. Maar die wyse waarop hy hierdie situasie hanteer en benut, laat dit ontplooi tot veel méér: dit word ’n speurtog na die hoe en die waarom van die syn.

Аннотация

Op ’n verlore spoorweghalte is stasiemeester Hendrick McDonald ’n teleurstelling vir sy vrou, Katrien. Sy loop bedags agter die huis en huil as sy dink niemand sien haar nie. Hulle dogter, Emma, kan nie meer klavier speel nie en is vasgevang in ’n saai liefdesverhouding. Hulle seun, Willem, praat twee jaar lank nie meer nie. En al vier maak asof niks verkeerd geloop het nie. Maar dan bring ’n sirkustrein vir Manuel die nar in hul lewens. Eers werk sy paljas met Willem, dan met hulle as gesin. Nou moet dit nog met ’n hele gemeenskap werk . . .

Аннотация

Toe Danda ’n jaar gelede op die vissersdorp Oudeur aangekom het, het hy gedink al sy probleme is opgelos. Want hy was weer by sy pa, ver van sy peetouers wat nie vir hom omgee nie, daar was plek vir sy diere en hy kom kom en gaan soos hy wou. Maar een aand, nadat die onbekende man op die sypaadjie met hom gepraat het, besef Danda hy weet reeds geruime tyd alles is nie pluis nie. Hy gee nie meer sy hart aan die dinge waarvoor hy vroeër so baie omgegee het nie, en sy pa is stil en bedruk. Toe hy ’n afspraak met die onbekende nakom, raak Danda teen sy sin betrokke by die bedrywighede van die dorp se mees gevreesde bende rampokkers, en ’n afperser wat geduldig wag op die ondergang van die beste man in die wêreld – Danda se eie pa.
Is die wêreld regtig so ’n ingewikkelde plek soos wat sy pa sê, of maak mense dit ingewikkelder as wat dit is?

Аннотация

Verwerk deur die skrywer en heruitgegee met nuwe omslag. Danda (Daniël Daneel) vertrek sonder die medewete van sy pleegouers met sy tuisgemaakte vlot, sy nagapie, kraai, ratel en hond om sy pa in ’n ver hawe te gaan soek. Op die avontuurreis kom hy byna om in stormwater, verloor sy vlot, raak beseer, en loop boonop die uitgeslape leegleêr oom Sarel Vetvoet raak. Ook krokodille en seekoeie word ’n bedreiging. Die troeteldiere en Vetvoet sorg vir humoristiese afwisseling. Danda maak ook kortstondig kennis met die Portugese meisie Rosina. Die motief van natuurbewaring teen die agtergrond van ’n subtropiese wêreld in Afrika is sterk aanwesig.