Аннотация

Nege jaar tevore het die vrou haar intrek in die Ruig geneem. Een maal per maand stap sy dorp toe om haar heuning te verkoop; dan trek die vroue wat haar gewaar hul asem skerp in. Sy vergiftig seuntjies, sê die mense. Die merk aan haar keel, dis waar die hiëna haar gebyt het; daarom is sy stom, sê hulle. 'n Gevaarlike vrou is sy; 'n heks; 'n hoer. Mal . . . Nege jaar ná haar aankoms stap sy nog 'n keer dorp toe, dié keer gedryf deur haar werklike bemoeienis, 'n alleenstryd teen wildstropers. Die hele dorp hou asem op. Dan breek daar 'n veldbrand teen die berghange uit . . . en dis asof almal se vrese en begeertes, ou wrokke en verlangens self in vlamme uitbars.

Аннотация

Ná haar sterk debuutbundel Die vloedbos sal weer vlieg keer Carina Stander terug met ’n ewe indrukwekkende tweede bundel. Mens en natuur, verval en groei, en boosheid en spiritualiteit vleg hier inmekaar. Natuur en emosie gaan hand aan hand en bly gevang in ’n beleë ewewig, soos byvoorbeeld in haar gedigte oor swangerskap en geboorte waar biologiese groei en artistieke ontwikkeling tot sintese kom.Die digter het die vermoë om betekenis en klank tot ’n eenheid te verwerk. Sy “konfronteer” die werklikheid in al sy gedaantes, sy dig ru, sy dig wreed, sy dig loutere skoonheid en diep emosie. Dit maak haar werk fris en gelaai met energie.