Аннотация

Tillie se beste vriendin Milanka ís high-maintenance, maar so ken Tillie haar, en Milanks het al vir haar báie beteken. Haar eksie-perfeksie, #blessed vriendin. Maar sy’t nie verwag Milanka sal aandring sy wat Tillie is, moet sorg dat Milanka en Jacques se troue gereël kom nie … Soos Milanka ál meer op Bruidzilla begin trek, kom Tillie agter iets is nie pluis nie. Wat skuil agter Milanka se monster-mondering?

Аннотация

Karlien draai haar handpalms na onder en kruis haar duime oor mekaar. Dan begin sy die gefladder van ’n skoenlapper naboots. Ek staar na haar. Skielik is Karlien vir my die mooiste meisie wat ek in my hele lewe gesien het. Ons al vier staan in ’n sirkel en doen die skoenlapper-ding. Stadig. Diskreet. Ek sien in my geestesoog hoe leerders oor die hele wêreld saamstaan en mekaar teen boelies ondersteun. Nou verstaan ek waarom Nicola altyd so aangegaan het oor hierdie insek. Die skoenlapper is ’n simbool van hoop, van lewe. Ek besef nou meer as ooit hoe verskriklik baie ek haar mis.
Sewentienjarige Dewald se ouers stuur hom na 'n nuwe skool ná sy lewe omvergegooi is. Elke skool het nuwe uitdagings en dis nie maklik om 'n tiener te wees met 'n skielike hakkelprobleem nie. Dewald probeer weer sy balans vind; om sin te maak van hoekom sy beste vriendin hom nooit ingesluit het in haar grootste besluit nie. Dit terwyl hy reeds 'n vyand gemaak het van een van die grootste boelies in die skool.

Аннотация

Op Oukersaand sit Zoë Zietsman stoksielalleen voor haar rekenaar. Sy het niemand nie – selfs nie eers ‘n hond met wie sy kan cuddle nie. En cuddle is volgens Zoë ‘n “verdomde basic human right”. Vanaand is die aand, besluit sy terwyl sy as “Volksie” op www.matchmate inteken… En só ontmoet sy vir Donatello, die advokaat wat sy klerekas colour code en net suiwer Afrikaans praat. Zoë, daarenteen, mix haar taal, ry nog met haar Vespa en leef vir joga. Wanneer Donatello en Volksie (oftewel Anton en Zoë) mekaar uiteindelik in die vlees ontmoet, is die gevolge sowel katastrofies as skreeusnaaks.