Аннотация

Hermien en Jamie is nét vriende. As studente was hulle woonstelmaats, en ja, jare gelede was daar daardie enkele insident . . . Maar wanneer Jamie al wéér in haar woonstel kom asiel soek nadat hy die soveelste keer van ’n vrou weggehardloop het, is Hermien baie seker sy soek hom nie naby haar nie. Sy wat Hermien is, het ’n baie gawe kêrel en haar eie, suksesvolle besigheid. Jamie is net in die pad, veral toe hy aandring om ’n paar dae by haar te bly om te skuil van sy nuutste porsie gebakte pere. En tog . . . Hy’s Jamie . . .
Hermien se sake loop vreeslik deurmekaar. Sy en Jamie beland in die bed op ’n manier wat haar laat duisel, die saai maar goeie Wynand vra haar om te trou, daar’s ’n onverwagse swangerskap en les bes ’n verwarde vakansie in Italië. Deurentyd worstel Hermien met haar demone: Sy glo sy’s te mollig en sy kan geen man vertrou nie, allermins die player Jamie, weens haar pa se kaperjolle en haar ma se gebroke hart.
Jamie moet alles uithaal om haar te wys dat hulle twee saam álles kan hê, maar eers moet hy én Hermien albei ’n groot stuk grootword aanpak.

Аннотация

Lily, pas geskei en nie meer ’n skilder nie, het gegaan van galerykurator tot ontwerper by Exotic Tattoos in Vishoek. Sy is ’n groot Tretchikoff fan, wat sy nie by Galerie Zeitgeist hardop kon sê nie. Dan ontmoet sy haar Russiese buurman. Voor jy “Tretchi” kan sê, sit sy met ’n kosbare vrag op ’n vlug Kazakstan toe. Sy kry g’n enkele Tretchikoff daar nie, net ’n verwarrende soen. Terug in Vishoek begin sy weer skilder, want môre kom dalk te laat.

Аннотация

Die lewe vat en gee mos. Dit besef Desiree de Lange alte goed toe sy ’n nuwe voorkoms kry, maar daarna haar man by ’n ander vrou betrap. Maar Vincent – chirurg van beroep en verneuker van geaardheid – kom nie sy beloftes teenoor sy minnares, Gloria, na nie. En sy beland op Desiree se drumpel. Liz, Vincent se eerste vrou, en sy dogter, Caz, is ook daar. Christine, Desiree se beste vriendin, het self iets op die hart wat sy nie lank sal kan wegsteek nie. Skielik is daar vier vroue met ernstige griewe teen Vincent, plus Christine wat net saam is vir die ride. Dan kry Desiree ’n werk waar sy moet bak en brou. Dis warm in daai kombuis en die chemistry tussen haar en kollega Steve bereik gou kookpunt. Boonop kondig meer as een party ’n swangerskap aan en iemand worstel met ’n ernstige siekte. Desiree sukkel om met alles kop te hou. Maar vyf vasberade vroue op ’n missie van vergelding is onmoontlik om te stuit.

Аннотация

Die wêreld is nie vir sissies nie. Dít weet Fransi Fouché alte goed. Sy moet immers daagliks haar man staan terwyl sy allerhande rekwisiete vir filmstelle bou. Fransi het nie tyd vir tydmors of enige ander nonsens nie. En in haar kop is dit presies wat verhoudings is – nonsens. Sal die bekende Hollywood-hartebreker Matt Delmayer haar van plan laat verander? Matt laat haar egter vanuit die staanspoor goed verstaan: Hy sien nie kans vir ’n ernstige verhouding nie. Aanvanklik dink Fransi ook dis ’n uitstekende reëling – pret en plesier sonder enige verwagtinge. Die man doen immers allerhande lekker dinge aan haar lyf. Daar bestaan egter voortdurend die gevaar dat iemand se hart gaan breek. Fransi wonder ook heeltyd: Hoekom tree Matt so geheimsinnig op?

Аннотация

Van hul skooldae af het almal gedink dat Marlene Burger en Tom Lourens vir mekaar bestem is. Maar Marlene, met haar voorliefde vir avontuur en adrenalien, wou haar nie vroeg reeds aan ’n rustige huislike bestaan bind nie. Nee, sy het luitenant-kolonel Marlene Burger van die SAPD geword, haar plek in ’n manswêreld oopbaklei en kriminele laat les opsê. Maar nou is daar ’n kans vir Marlene en Tom om weer te probeer om ’n verhouding te hê – ná hulle elk ’n mislukte huwelik agter die rug het. Gaan dit dié keer werk? Want vlootoffisier Lourens blyk onnodig versigtig te wees wanneer dit by hul verhouding kom. Sý weer oorhaastig . . . Die geheimsinnige Ziegfried van Leeuwen, wat dalk die ontwykende straatkunstenaar De Leeuw kan wees, verskyn boonop op die toneel en is met luitenant-kolonel Burger gefassineer. En skielik moet Marlene besluit wat sy werklik wil hê . . .

Аннотация

Letitia le Roux vererg haar bloedig toe sy sien hoe Chris Swart, die nuwe lektor by die kollege waar sy werk, een van haar studente se pogings as ’n voorbeeld van swak ontwerp aan sy klas voorhou. Die arrogante vent moet hom by sy digitale vakke bepaal en die tradisionele dissiplines soos skilder en teken vir háár los! Laatnag begin Chris vir haar boodskappe stuur en Letitia besef meneer Spiertier is alleen en slapeloos, nes sy . . . Sy wonder oor die verlede wat by hom spook. Wie is Mariah, die naam wat op sy arm getatoeëer is? Letitia het haar eie lysie van dinge wat sy wil doen om haar lewe weer op koers te kry ná haar egskeiding; sy het nie tyd om te probeer uitwerk wat in Chris se kop aangaan nie. Maar ná hy haar asem in die kollege se hysbak wegsoen, kan sy nie sy gesig, met die sexy litteken op sy bolip, uit haar gedagtes kry nie.

Аннотация

Donna Ferguson is ’n eenkantmens en ’n realis. Maar wanneer sy by ’n kunsuitstalling oogkontak maak met ’n wildvreemdeling wat ruwe manlikheid uitstraal, doen sy iets wat glad nie in haar aard is nie. Sy soen hom sowaar in die galery se tuin. Donna dink sy sal hom nooit weer sien nie, maar dan daag hy by haar voordeur op . . . saam met haar suster, Karen. Donna se droomman en Karen se nuwe liefde, veearts Pieter Visser, blyk een mens te wees. Dit lyk asof Donna weer iets kosbaars aan Karen moet afstaan omdat sy mos blonder en jonger is – maar veral omdat haar kleinsus siek is. Al is die aantrekkingskrag tussen Donna en Pieter hóé sterk, kan sy nie haar verliefde suster se swak hart waag nie.

Аннотация

"Kunsdosent Lydia woon heerlik in haar eie huisie in Observatory, waar sy haar bed met niemand hoef te deel nie. Veral nie met haar eksman nie – die dodelik aantreklike maar neurotiese professor Bernard le Fleur. Totdat die loodgieter haar wasbak kom regmaak. Joshua Ferreira is ’n fees van ’n man. Sy donkerblou oë kyk tot diep binne-in Lydia en sy sterk hande skud dinge in haar wakker wat sy lankal afgeskryf het. Nou is alles anders. Bernard begin egter medikasie neem vir sy obsessief-kompulsiewe gedrag en hy wil Lydia terughê. Een van haar skilderye word gekies vir ’n uitstalling by ’n eksklusiewe galery in Parys, en daar, in die pragtige, romantiese stad van die liefde, vorder sake vir Lydia tot by ’n kruispad. Wie moet sy vertrou? Haar mooi, slim professor, of die sterk, sexy loodgieter?
Kunsdosent Lydia woon heerlik in haar eie huisie in Observatory, waar sy haar bed met niemand hoef te deel nie. Veral nie met haar eksman nie – die dodelik aantreklike maar neurotiese professor Bernard le Fleur. Totdat die loodgieter haar wasbak kom regmaak. Joshua Ferreira is ’n fees van ’n man. Sy donkerblou oë kyk tot diep binne-in Lydia en sy sterk hande skud dinge in haar wakker wat sy lankal afgeskryf het. Nou is alles anders. Bernard begin egter medikasie neem vir sy obsessief-kompulsiewe gedrag en hy wil Lydia terughê. Een van haar skilderye word gekies vir ’n uitstalling by ’n eksklusiewe galery in Parys, en daar, in die pragtige, romantiese stad van die liefde, vorder sake vir Lydia tot by ’n kruispad. Wie moet sy vertrou? Haar mooi, slim professor, of die sterk, sexy loodgieter?
Kunsdosent Lydia woon heerlik in haar eie huisie in Observatory, waar sy haar bed met niemand hoef te deel nie. Veral nie met haar eksman nie – die dodelik aantreklike maar neurotiese professor Bernard le Fleur. Totdat die loodgieter haar wasbak kom regmaak. Joshua Ferreira is ’n fees van ’n man. Sy donkerblou oë kyk tot diep binne-in Lydia en sy sterk hande skud dinge in haar wakker wat sy lankal afgeskryf het. Nou is alles anders. Bernard begin egter medikasie neem vir sy obsessief-kompulsiewe gedrag en hy wil Lydia terughê. Een van haar skilderye word gekies vir ’n uitstalling by ’n eksklusiewe galery in Parys, en daar, in die pragtige, romantiese stad van die liefde, vorder sake vir Lydia tot by ’n kruispad. Wie moet sy vertrou? Haar mooi, slim professor, of die sterk, sexy loodgieter? "

Аннотация

Bambi le Roux kan kies en keur onder die manne. Maar sy moes nooit saam met daardie vent afgeneem geword het by die Met nie – nou loop allerlei stories oor haar by die werk en haar boyfriend, Bertus, is ontstoke . . . dit kry sy nou van haar vriendin ’n guns probeer doen!Maar sjoe, die Met-man is eenvoudig onweer-staanbaar. Bambi weet nie mooi watter kant toe nie: dié gladde Louis, oor wie ’n mens gedurig onsmaaklike dinge in die pers lees, of die betroubare, blonde, saaierige ortodontis Bertus – ander meisies sou hul skoene agterna gooi vir dié welvarende man! En wat nou eintlik daarvan as sy uitvind hy’t twee paspoorte en versteekte foto’s van haar saam met Louis? Dis mos sý saak.Wanneer dinge saam met Bertus lelik skeefloop, is Louis die enigste persoon wat kan help. Maar kan Bambi só ’n gladde karakter enigsins vertrou?

Аннотация

Danielle Malan is ‘n vurige vegter vir vroueregte, bekwame egskeidingsprokureur en vennoot van Marais, Malan en Boshof. Niemand sê haar voor nie en sy haat veral ontroue mans. Alles omtrent haar is strek onder beheer. Of so het sy gedink, totdat vervlakste Naudé Boshof sy lang lyf in die kantoor langs hare kom neerplak het en haar kop kom omkrap het. Laat een aand kap hy haar byna katswink met sy kantoordeur en die vonke spat, maar daar blom ook iets tussen hulle. Danielle laat haar emosies effe skietgee, net om uit te vind dat Naudé ook maar soos al die ander iemand anders op tou het. Wanneer sy noodgedwone ‘n kamer met hom moet deel tydens ‘n kongres in Johannesburg, kom haar hart nie ongedeerd daarvan af nie. Die wet van die liefde, het mevrou Dhlamini op die kongres gesê, is: “Dit reken die kwaad nie toe noe.” Sal Danielle kan vergewe en die kwaad begrawe? En wat van die saggeaarde André Marais, senior vennot en jare lange beskermheer? Hy maak dit duidelik dat hy ‘n sagte plek vir haar het. In Die wet van die liefde sal Danielle tussen al die kinkels en kabels mooi moet kies.