Аннотация

Margot Lombard is ʼn “koue vis”, of so het sy al self begin glo. Nadat sy haar M.A. in Musikologie voltooi het, gaan hou sy vakansie in Zanzibar – stoksielalleen. Daar is niemand wat haar ken nie. En ook niemand om dit saam met haar te vier wanneer sy uitvind dat sy haar graad cum laude verwerf het nie. Dan verskyn Konrad Lemmer op die toneel: diepseeduiker, donker, eksoties, atleties. En jonger as sy. Konrad neem haar na plekke – nie net op die eiland nie – waarvan sy niks geweet het nie. Maar sy weet voor haar siel dat sy nie kop moet verloor met so ’n vakansieromanse nie. Want Konrad met sy goue lyf kan per slot van sake enige vrou wat hy ontmoet om sy pinkie draai. Hy is die tipe man wat harte kan breek. En Margot is definitief nie van plan om een van sy slagoffers te word nie. . .

Аннотация

Victoria Serfontein se eerste ontmoeting met die aantreklike plastiese sjirurg Paul Venter vind plaas toe sy hom besoek en vra of hy iets aan haar Barbra Streisand-neus kan doen. Dié ontmoeting verloop rampspoedig; boonop stamp sy kort daarna sy Lamborghini. Sy sal nie maklik vir die skade kan betaal nie en is totaal uit die veld geslaan toe dokter Venter haar werk aanbied. Sy aanvaar die aanbod, maar dis nie lank voor sy besluit om eerder te bedank nie. Paul Venter mag aantreklik wees, maar daar was – en is dalk steeds – hope vroue in sy lewe, veral as ’n mens die koerante en tydskrifte se skinderkolomme moet glo. . .