Аннотация

Zoe is 'n bevryde vrou. Wel . . . soort van. Haar ma en Swietie-pie, 'n brak sonder 'n pedigree, kritiseer haar graag – verál Zoe se losloop-leefstyl. Zak, die wannabe danser, kan dalk die antwoord op almal se drome wees. Zander verskyn ook op die horison. Hy skryf moord- en doodslagboeke en is nou op sy derde vrou. 'n Man om te vermy. Maar ook 'n man wat haar verstand stil soen. Sal sy die regte besluit kan neem? Indien nie, sal sy 'n tweede kans kry om haar foute reg te stel?

Аннотация

As Lucy Lombaard in Rubens se tyd geleef het, was sy met haar ronde lyf ’n gesogte skoonheid. Maar nou leef sy in ’n eeu waar vrouelywe soos kodestrepies lyk. Om dan nog vir Jan Taks by Bellville se SARS-kantoor te werk dra nie juis by tot haar gewildheid nie. In Lucy se lyf klop daar die hart van ’n feetjie wat veerlig deur die lewe wil gaan. Dis net – vet feetjies kan nie vlieg nie . . . Met die familiefees wat vir haar voorlê, het Lucy ’n metgesel dringend nodig. Billy Bruwer van Media Uniek stel wel in haar belang, maar wil hy eintlik net die blog wat sy as Funky Feetjie skryf in sy nuwe tydskrif gebruik? Lucy se pad kruis met dié van Wouter Weet-als wanneer hulle saam aan die rubriek moet skryf en die vonke spat behoorlik tussen die twee. Al is Billy Bruwer ’n lus vir die oog wat haar hart in die hoogste versnelling plaas.

Аннотация

Zia is nie ’n natuurlike blondine nie, maar sy doen haar bes om funky te wees. Sy dra way-out tweedehandse ontwerpersklere wat sy by liefdadigheidswinkels koop. Dis net dat ’n ander vrou se rok nie aldag so lekker aan haar lyf of in haar lewe pas nie. Want Zia bars uit haar nate op meer as een manier. Sy is nou eenmaal nie haar perfekte niggie nie, al hét sy ook ’n kêrel. Met ’n poegie. Karel is haar kêrel. Maar net op mooiweersdae. Toe Zia se onderwysloopbaan met ’n hengse knal in haar gesig ontplof, hou Karel hom skaars. Want hy wil eintlik ’n ordentlike vrou hê, een wat nie skandes maak nie. Ouma Betta wil ook van haar ’n goeie Afrikanervrou maak sodat sy tog net nie soos haar ma sal uitdraai nie. Maar Zia maak ’n nasionale sport van elke faux pas in die boek. Zia sou nooit kon raai hoe kreatief haar lewe nog sou word toe sy die dag by Creative Creatures se glasdeur instap nie. Of dat ’n man wat soos ’n winkelpop lyk haar hart op hol sou kry nie. Sy weet Jack de Villiers kies sy meisies om by sy dasse te pas, maar sy kan hul chemistry nie ontken nie.

Аннотация

In Dokter van drome moet Anastasia de Wit desnoods vir die plastiese chirurg dokter Juan Harmse werk. Wat haar betref, is hy bloot ʼn aantreklike geldwolf wat vroue se ydelheid uitbuit en al die pad bank toe lag. Daar is ʼn gedrewe passie in hom wat haar bang – en ook opgewonde – maak…

Аннотация

Watse soort mens skop sommerso op? Skande! En dít met ’n ma soos Dezi Diedericks s’n, wat verslaaf is aan studeer terwyl Dezi nie eens BA Manvang kan slaag nie. Maar dit was juis die probleem: haar briljante ma saam in haar dramaklas − Dezi kon nie meer nie. Sy wou wég van al die slimmes en aansittery. Dezi gaan werk by Happenings, waar sy allerlei geleenthede moet reël. En wie is een van haar eerste stel kliënte? Niks minder nie as Mensa, die genieë-organisasie. Net toe Dezi gedink het sy’s nou eenmaal weg van al die slimkoppe! Dis ’n wonder sy gee haar net oor aan sigarette en niks ergers nie, veral toe sy ’n flop maak van haar instanery vir die uit-die-koek-spring-meisie by ’n bachelor’s . . . Algaande leer Dezi ’n Mensa-lid kan net so lekker soen soos ’n dom spierpaleis. Maar die dowwe blondine en die Mensa-man – nee wat, sal nooit werk nie! Al is slim Adam ook hóé aanloklik . . .

Аннотация

Jacki loer skelm na trourokke, maar sy’s nie desperaat nie, nooit! Wanneer sy en Pulani Facebook inspan om haar verloofde (en baas) Gary te ontbloot vir die flippen fake wat hy is, raak sake lelik. Nou sit Jacki sonder iemand om te cuddle, sonder ’n werk en sonder ’n bed. Tamatiestraat. Haar ma het kinders by dosyne en is te weird vir woorde, en haar broer wil Gary donner, maar dit gaan Jacki nie help nie. En die poste wat in die koerant geadverteer word, is nie geskik vir ’n meisie wat darem half en half ordentlik is nie. Toe ’n verruklike man met Einstein-hare haar ’n werk aanbied, vermoed sy daar’s ’n ding in die drinkwater. ’n Musikant in ’n tux wat funky vioolmusiek maak, is ’n alte mooie ding, maar Jacki self sing vreeslik vals en pas nie in by die hemelse musiek wat Giovanni Ignacio Mancini uit sy Stradivarius tower nie. Sy wil op ’n hoë noot leef, maar dit voel vir haar of sy heeltemal van haar wysie af is. Want nie alleen maak Giovanni musiek wat ’n standbeeld sal meevoer nie, hy kan ook ’n vrou behoorlik vasvat en van haar voete af soen . . .

Аннотация

Op haar een-en-dertigste verjaarsdag besluit Roxy: van nou af wil sy ’n lipstiek-lewe hê, ’n roekelose skelrooi lipstiek-lewe. Want een-en-dertig is die eerste tree ondertoe. Van hier af is dit al die pad afdraand.
Só ’n lewe behoort nie ’n probleem te wees nie; almal dink in elk geval sy is “flirty” en uitgesproke – grotendeels weens haar blog wat sy onder die skuilnaam Jessica Rabbit skryf. Haar kollega Zander dink sy is Jessica Rabbit in lewende lywe: so sensueel dat sy ’n nat lap aan die brand kan steek. Maar Roxy voel allesbehalwe sensueel. En sy het ’n geraamte of twee in haar kas wat haar flankeerdery en verhoudings elke keer beduiwel.
Wanneer Zander se pa, die bekende motiveringspreker Adam Muller, op die toneel verskyn, raak Roxy se lipstiek-lewe nog meer deurmekaar. Zander wil hê sy moet voorgee dat hulle twee uitgaan, en Adam keur dit duidelik nie goed nie. Daar is kleine Janneman wat haar diep in sy kleuterwêreld en -hartjie intrek. En ná al die jare verstaan Roxy en haar ma mekaar nog steeds verkeerd. Nee, méér as net verkeerd. Die enigste sekerheid in Roxy se nuutgevonde lipstiek-lewe blyk Oumalot te wees – totdat dié ook in raaisels begin praat.
Of dit nou waatlemoenrooi, skelrooi, posbusrooi of kersierooi is – Roxy se lipstiek begin al meer na oorlogsverf lyk. . .

Аннотация

In Engel van my hart moet brildraende Breggie Bruwer vir die beroemde oftalmoloog dokter Graham Condor gaan werk, in Londen. In sý oë veral wil sy mooi wees, maar ai, sy weet hoe onsinnig haar verliefdheid is: dokter Condor weet nie van haar verskroeide vlerke nie en het die wêreld se mooistes aan sy voete . . .

Аннотация

Dokter van harte se Jenna Joubert wil nie deur dokter Luca de Wet ondersoek word nie. Sy weet wat skort: haar hart is bloot gebreek. En sy weet hoe graag hartchirurge teater toe draf, of dit nou die beste ding is of nie. Dis net . . . Luca de Wet maak allerlei fantasieë in haar wakker, en hy duik boonop oral op.
In Engel van my hart moet brildraende Breggie Bruwer vir die beroemde oftalmoloog dokter Graham Condor gaan werk, in Londen. In sý oë veral wil sy mooi wees, maar ai, sy weet hoe onsinnig haar verliefdheid is: dokter Condor weet nie van haar verskroeide vlerke nie en het die wêreld se mooistes aan sy voete.
In Voorskrif vir die hart kan dokter Zoely du Toit nie wag om op Arendsnes aan die Weskus te gaan locum nie. Op die platteland sal niemand die waarheid oor haar verlede kan uitsnuffel nie, hoop sy. Maar sy sukkel om ’n lae profiel te handhaaf toe sy die dodelik aantreklike dokter Vito Vincenzo se werkkring én huis moet deel . . .

Аннотация

Dixie speel wedding planner, maar eintlik dink sy die huwelik is ’n siek grap. Mans is flippen useless. Selfs haar pa blowdry sy hare en verbeel hom hy speel in The Bold and the Beautiful. Dixie het gedink Kurt sal met haar trou as sy lank genoeg sy sokkies onder die bed uit grawe, maar vir “tot die dood ons skei” was hy toe so bang soos die duiwel vir ’n skoot yswater in die gesig. Nou is sy single en selibaat, en so sal dit bly. Swinging from the chandeliers is nie vir haar nie. Dis bedoel vir supermodelle soos Vicky Vermaak – so vol botox en silikoon dat sy nie oornag sal vergaan nie. Sý gaan met ’n watertand-hunk trou, soos die een wat Dixie soveel jare gelede net daardie één keer vuurwarm gesoen het. Vir haar organise Dixie ’n wondermooie trourok en ’n toringhoë troukoek, die ene dekadensie met hope room en sjokolade en ander sondige bestanddele. Want troukoek maak mos gelukkig nie vet nie . . . Maar Dixie loop rond met ’n geheim en kan juis maklik ’n boggheroppie van ’n ding maak. Is daar enige kans dat die regte man met die regte vrou getroud gaan raak?