Аннотация

Maxie van der Merwe is van die lipstiek-en-stiletto-generasie. Sy was ’n Facebook-flerrie van formaat, en ’n groot feminis, maar toe ontmoet sy vir vervelige Gustav. En al is sy nie ’n domestic goddess se watsenaam nie, wil sy vreeslik graag trou, al vandat sy ontdek het daar is kinders wat ’n ma én ’n pa het. Want na ’n pa verlang sy met haar hele hart. Wanneer Maxie se politikus-ma haar New York toe pos saam met ’n spin doctor omdat Gustav, ’n rugbyskeidsregter, die hele land in die skande gesteek het, voel sy hoe die Facebook-flerrie in haar weer wakker word en haar Jimmy Choo’s aantrek. Maar New York is snikheet warm, daar’s ’n stalker oorkant haar woonstel en sy voel soos ’n valerige muffin tussen al die blinkversierde New Yorkse cupcakes.Haar ma kom op besoek en Maxie leer skokkende dinge oor die pa wat sy nooit geken het nie. Hy is dalk nader as wat sy kon droom . . . En wat van die man met die groot hande en die sagtheid in sy oë – gaan hy Gustav se plek langs haar kom vol staan? En gaan sy ooit tyd hê om genoeg happe van hierdie groot appel te neem?

Аннотация

Dokter Zoely du Toit kan nie wág om op die platteland te gaan locum nie; sy wil gaan wegkruip totdat die stof rondom haar gaan lê het. Ná die Foucom-skandaal is haar gesig maar net té bekend in Johannesburg se sosiale kringe. Op Arendsnes, so hoop sy, sal haar verlede haar nie inhaal nie. In elk geval nie dádelik nie. Maar dis moeilik om ’n lae profiel te handhaaf as jy saam met die arrogante en dodelik aantreklike dokter Vito Vincenzo moet werk – en boonop ’n huis met hom moet deel. Dokter Vito Vincenzo soek juis die kollig op, hy streef na beroemdheid en hy sleep ’n baie onwillige Zoely agter hom aan. Dokter Vito Vincenzo met al sy aardse skatte is presies die tipe man wat Zoely nooit weer naby haar wil toelaat nie. . .