ТОП просматриваемых книг сайта:
In stede van die liefde. Etienne van Heerden
Контркультура.Информация о книге
Название In stede van die liefde
Год выпуска 0
isbn 9780624068723
Автор произведения Etienne van Heerden
Жанр Контркультура
Издательство Ingram
Аннотация
Dié roman is ’n wydlopende werk wat hom veral in Seepunt, Stellenbosch en Matjiesfontein afspeel. Maar die kring word wyer getrek om onder meer verskeie Europese lande en Zimbabwe in te sluit.
Seepunt en Stellenbosch is die ruimtes waarin veral een van die hoofkarakters, Christian, beweeg. Hy is ’n internet-kunshandelaar van beroep, maar hy soek iets méér in die lewe; deel van sy bestaan word geheim gehou van sy gesin… soos byvoorbeeld sy kokaïne-verslawing, en sy woonstel in een van Seepunt se meer obskure buurte. Sedert verskeie hartomleidings, en ook nadat hy deur Kaapse bendelede geteiken is, het sy lewe toenemend gekompliseerd – én interessant – begin raak. Ewe enigmaties is sy vrou, Christine, wie se vreemde verlede voortdurend op haar hede bly inspeel.
En op Matjiesfontein is daar ’n amper magiese wedvlugduif-kultuur, wat soos ’n goue draad deur daardie sameleweling loop. Eksentrieke maar uiters geloofwaardige karakters kom hier aan die bod. Daar is bv. die geheimsinnige hotelbestuurder, selfopgeleide hipnotis, wat verskillende personas bevolk: hy is Arendjan, Raspoetin, Rudyard Kipling. Al die hoede pas. En Miss Edelweiss, musiekonderwyseres wat die vlaktes met haar metaalverklikker bewandel. En Johnny, die deurwag met die immer-wit handskoene, wie se hande vir niks verkeerd staan nie.
Op vernuftige wyse word die twee verhaallyne met mekaar versoen, onder meer deur die bruin meisie Saartjie… sy wat eendag ’n viool optel en asof besiel daarop begin speel. Daar en dan word sy herdoop tot “Snaartjie”, en haar lewe word onlosmaaklik verstrengel met die ander Matjiesfonteiners s’n. Wanneer sy ontvoer word – of het sy weggeloop? – begin ’n intrige ontvou wat al drie ruimtes in die storie op vernuftige wyse oormekaar laat skuif.
Van Heerden se roman is ’n absolute kragtoer, en beloof om ’n baie wye leesgehoor te trek.