Аннотация

Laat jou terugvoer na die jare van inbly-naweke, studentepret, huis-toe-verlang en troospakkies beskuit onder die enkelbed. Koshuis, saamgestel deur Erns Grundling van Elders-faam, bevat heerlike lekkerlees-vertellings, komies, verspot én roerend, oor die koshuislewe – op skool én universiteit, selfs oorsee – deur ’n verskeidenheid bydraers, insluitend reisskrywer Dana Snyman, geliefde Weg!-joernalis en -aanbieder Toast Coetzer, akteur en komediant Schalk Bezuidenhout, Huisgenoot-redakteur Yvonne Beyers, oudredakteur van Die Burger Bun Booyens, bekroonde romansiers Harry Kalmer en Kerneels Breytenbach, skrywers en joernaliste soos Celesté Fritze, Theunis Strydom, Leroux Schoeman, Marnus Hattingh en Pieter van Zyl, en vele meer. Skink ’n koppie koffie, onthou weer die liedjie wat gespeel het toe jy by jou eerste huisdans gesoen is, en laat die jare terugrol!

Аннотация

“Feminism is about power, potential, passion, and rights, but it keeps changing in purpose and meaning …” Do you call yourself a feminist? What does this mean in your daily life? In this book, South African feminists explore their often vastly different experiences and perspectives in accessible and engaging voices. Feminism Is touches on issues as wide-ranging as motherhood, anger, sex, race, inclusions and exclusions, the noisy protest and the quiet struggle. It will challenge your thinking and inspire you to action, reaffirming the urgent necessity of feminism in South Africa today.

Аннотация

In dié bundel sal jy vergeefs soek na voorspelbaarheid. Want die liefde het vele gesigte, en nie almal is mooi nie. Kerneels Breytenbach, Christine Barkhuizen Le-Roux, Erika Murray-Theron, Helene de Kock, Martin Steyn en vele meer skryf oor die liefde in vele gedaantes: moederliefde, gewelddadige liefde, verbode liefde, erotiese liefde, liefde tot die dood toe…Want die liefde verdra alles, maar die liefde het dikwels tande.

Аннотация

Hierdie boeiende versameling kortverhale bevat skryfwerk van ervare misdaadskrywers en bekendes in ander genres. 'n Reeks geslepe misdadigers kom te staan teen hul eweknieë aan die ander kant van die gereg: polisiemanne, privaatspeurders of net doodgewone mense in ongewone omstandighede. Met verhale deur o.a. Karin Brynard, Kerneels Breytenbach, Bettina Wyngaard, Martin Steyn, Jacques Steenkamp, Nathan Trantraal en Deborah Steinmair. Saamgestel deur Rudie van Rensburg.

Аннотация

Oplaas ’n nuwe versameling van 25 lekkerlees-liefdesverhale wat oor die jare in rooi rose verskyn het. Gunsteling-skrywers se verhale is hier te vinde: Sophia Kapp, Irma Joubert, Helene de Kock, Annelie Botes, Christine Barkhuizen-le Roux, Elsa Winckler. En moenie van die mans vergeet nie: Fanie Viljoen, Jaco Jacobs, en veral ’n uitmuntende verhaal deur wyle George Weideman. Dit is ’n boek vir alle soorte leesgieriges. Verkies jy om bietjies-bietjies te proe, is dié tydskrifstories net die regte lengte vir ’n vinnige blaaskans voor slaaptyd. Of as jy daarvan hou om ’n boks sjokolade op een slag te verslind, dan is Kleure van die liefde die ideale wegkomkans wat jou sal laat vergeet van enige saai alledaagsheid. Skrywers in die boek: Erika Murray-Theron, Sophia Kapp, Marlise Joubert, Irma Joubert, Alta Cloete, Louis Esterhuizen, George Weideman, Fanie Viljoen, Annelie Botes, Marietjie Kotzé, Bernette Bergenthuin, Christine Barkhuizen-le Roux, Nelia Engelbrecht, Carina Stander, Mariette Snyman, Rachelle Greeff, Madri Victor, Helene de Kock, S.D. Fourie, Elsa Winckler, Rita Gilfillan, Jaco Jacobs, Francois Bloemhof, Paul C. Venter, Engela Linde

Аннотация

Piekfyn Afrikaans Graad 6 is gemik op leerders wat Afrikaans as Huistaal neem. Dit bevat interessante leerstof en volkleur illustrasies om visuele geletterdheid te bevorder. Al die taalinhoud, aktiwiteite, speletjies en ander oefeninge word met dié van ander vakke geïntegreer sodat die kennis wat die leerders opdoen, hulle ervaringswêreld verryk en hul sodoende deeglik voorberei vir Graad 7. Die aktiwiteite is gerig op die verwerwing van al die taalvaardighede en lewensvaardighede. Kort tekste, prente, gedigte, strokies, taalspeletjies, stories, slagspreuke en hope ander lekkerlees en doendinge is leerders se voorland. Leerders word deurlopend blootgestel aan luister, praat, lees, kyk, skryf en hulle word uitgedaag om Afrikaanse taalstrukture speels, kreatief, vloeiend en ekspressief te gebruik. Afdelings soos Pitkos, in ’n neutedop, die Indeks, Taalgids en Letterkundegids berei leerders vir enige soort taak voor. Dan is daar boonop die Piekfyn Afrikaans Leesboek vir Graad 6 Huistaal om leerders se leesvaardighede te ontwikkel en ’n liefde vir lees te kweek. Geniet ’n piekfyn leerervaring! KABV-geskik.

Аннотация

’n Leesboek soos min! Piekfyn Afrikaans Leesboek vir Huistaal is volgens die vereistes vir leesonderrig in die Intermediêre Fase ontwikkel. Die boek is ingedeel volgens verskillende genres met tekste en temas gepas vir ’n Graad 4-leerder soos jy. Wanneer jy hierdie leesboek lees, gaan jy jouself inleef in die wonderlike gebeure en karakters in elke storie en teks. Maar die Piekfyn Afrikaans Leesboek bestaan nie net uit kort stories nie. Daar is langer stories (uittreksels uit romans) en fotoverhale wat jou as jong leser nuwe avonture gaan laat beleef. Daar is kort dramas om in groepverband te beurtlees of op te voer, en gedigte om te lees vir genot of te dramatiseer. Daar is ook heelwat inligtings-, sosiale- en mediatekste wat jou lus vir lees sal aanwakker. Jy sal lees oor allerlei temas waarvan jy dalk nog nie weet nie of vreemde plekke ontdek waarvan jy dalk nog nooit gehoor het nie. Jy gaan resensies en advertensies lees om jou taalkennis uit te brei. Al hierdie lekker leeswerk gaan jou help om Afrikaans spoggerig en vlot te lees en jou taalbegrip bevorder. Vir die klaskamer Om die onderwyser te help met onderrig, het die samestellers die volgende inligting in die leesboek voorsien: Vrae wat volgens kognitiewe vlakke geformuleer is oor die meeste tekste. Toeligting by moeiliker tekste. Woordverklarings vir komplekse woorde. Die stappe van die leesproses.

Аннотация

Piekfyn Afrikaans Graad 4 is gemik op leerders wat Afrikaans as Huistaal neem. Dit bevat interessante leerstof en volkleur illustrasies om visuele geletterdheid te bevorder. Al die taalinhoud, aktiwiteite, speletjies en ander oefeninge word met dié van ander vakke geïntegreer sodat die kennis wat die leerders opdoen, hulle ervaringswêreld verryk en hul sodoende deeglik voorberei vir Graad 5. Die aktiwiteite is gerig op die verwerwing van al die taalvaardighede en lewensvaardighede. Kort tekste, prente, gedigte, strokies, taalspeletjies, stories, slagspreuke en hope ander lekkerlees en doendinge is leerders se voorland. Leerders word deurlopend blootgestel aan luister, praat, lees, kyk, skryf en hulle word uitgedaag om Afrikaanse taalstrukture speels, kreatief, vloeiend en ekspressief te gebruik. Afdelings soos Pitkos, In ’n neutedop, Taalgids en Letterkundegids berei leerders vir enige soort taak voor. Dan is daar boonop die Piekfyn Afrikaans Leesboek om leerders se leesvaardighede te ontwikkel en ’n liefde vir lees te kweek. Geniet ’n piekfyn leerervaring! KABV-geskik.

Аннотация

Best Books Studiewerkgids: Verskuns vir Huistaal Hoe goed ken jy jou voorgeskrewe poësiebloemlesing? Verstaan jy die inhoud en struktuur van jou gedigte? Is jy reg om eksamen te skryf daaroor? Hierdie studiewerkgids is spesiaal saamgestel om leerders te help om Verskuns vir Huistaal, die voorgeskrewe poësiebloemlesing vir Graad 10 Afrikaans Huistaal, ten volle te verstaan en te geniet. Dit voldoen aan die voorskrifte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) en al die belangrikste aspekte van elke gedig word daarin gedek – in taal wat leerders verstaan. Onthou! Die gids kan nie op sy eie gebruik word nie, want daar word deurgaans na die poësiebloemlesing verwys. Wat maak ons studiewerkgidse anders? Hierdie studiewerkgids is deel van ’n reeks. Soos die naam sê, is dit nie net ’n gids wat inhoud opsom, vertaal en bespreek nie, maar ook ’n werkboek waarin leerders aantekeninge kan maak. Dit maak hersiening van die gedigte vir die eksamen makliker en hou waardevolle notas bymekaar in een boek. Inhoud van hierdie studiewerkgids • Inleiding tot poësie. • ’n Volledige bespreking van die gedig in konteks. • Gedigontledings volgens poëtiese begrippe en uiteensetting van die gedig. • Kontekstuele vrae. • Literêre opstel by sommige gedigte. • Ses konsepvraestelle om leerders se kennis te toets en vir eksamens voor te berei. Alle studiewerkgidse in hierdie reeks is saamgestel volgens die KABV-voorskrifte. Hierdie studiewerkgids sluit aan by Verskuns vir Huistaal, die goedgekeurde voorgeskrewe poësiebloemlesing vir Graad 10 Afrikaans Huistaal. ’n Volledige antwoordstel is verkrygbaar by www.bestbooks.co.za [HYPERLINKED].

Аннотация

How well do you know your prescribed English novel? Do you understand its contents and structure? Are you ready to write your exams? This study work guide has been compiled to help learners study The Mark, the prescribed novel for Grade 10 Home Language. It has been compiled to the requirements of the Curriculum and Assessment Policy Statement (CAPS) and all important aspects relating to the novel have been covered – in accessible language.
Remember! This guide cannot be used on its own as it refers to the prescribed text throughout.
What makes our study work guides different?
This study work guide forms part of a series. As the name suggests, this is not only a guide in which the novel is discussed, but also a workbook in which learners can make notes. This provides for easy revision for exams and tests and keeps valuable notes from going astray.
The content of this study work guide
• Background information on the plot and author. • A discussion of literary elements in context. • A chapter by chapter discussion of plot development, symbols, and themes, with definitions of useful words and questions (with space for learners’ answers provided). • Formal assessment activities. • Enrichment activities. • A removable answer section.
All study work guides in this series have been compiled according to CAPS requirements. This study work guide supplements the prescribed text The Mark for Grade 10 Home Language.