Скачать книгу

hy maak of hy op sy Pulse met iemand praat. Hy registreer die mans. Blond. Hare afgeskeer. Dreads. Kort hare. Kort hare.

      “This Atrem is about to depart. Please stand clear of the doors,” sê die Meconium-stem.

      Die volgende trem het ’n live band. Wakinyan is in die tweede wa tussen ’n groep meisies. Die derde wa het die bar – dis waar Foos inklim. Hy wag vir die deure om te seël.

      “’n Dry Throat, asseblief.” Dis die mixer van MecShack wat vir Joni beoog. Die een helfte van haar lang blonde vlegsels is op haar kop gestapel; die ander helfte hang los oor haar rug.

      Sy hou sy drink en die scanner uit. Vyftig BioG’s. Hy sukkel om blasé te lyk en vat vinnig ’n sluk.

      “Lerk,” sê hy.

      Soveel geld het hy laas met die Herwinaanleg se bonanza spandeer – op ’n lens vir die bokskamera wat hy en Joni aan’t bou is.

      Die trem stop bo Gaia se Greenspot. Foos kry sy oog op Wakinyan en kry ’n dakhandvatsel beet. Pulses gee seine.

      “It’s a Finger!” roep ’n dronk meisie en druk haar pols in sy gesig. ’n Divus tattoo steek onder haar Pulse uit.

      Foos maak die Finger oop.

      “You should unsubscribe to that gara, man,” sê die ou wat langs hom staan. Foos ignoreer hom. Jy kort baie BioG’s vir unsubscribe.

      Hy sky met sy oë oor die Finger on the Pulse-berig.

      Celebrate 20 started with a bang. But not the kind of bang we were hoping for; a bang that has lasered open the divide between Divusity and the more, let’s say liberal-humanistic Meconites, particularly Gais. Julie Cloete, daughter of Heloise Cloete and the late Lwellyn Ervin, has been found guilty of incest. While some of us were maxing out our water portions to get clean and groomed for the Atrem parties, Julie was being dusted on the BioG:E roof, dead snakes at her feet. Divusites do like their symbolism! She is currently in the hospital, being monitored for pneumonia. How Heloise Cloete has been able to hold it all together – through the accusations that her husband was the father of their grandchild, then the death of her husband – only Divus would know.

      Foos vee die berig weg. Hy pulsepost Julie se ma.

      Sy lyk stabiel, kom die antwoord.

      20:30. Foos kyk ál meer op sy Pulse. Die Atrems het vir ’n halfuur by die Fort-stasie gestop en ’n paar minute gelede met die spiraal terug na die Centre-stasie begin beweeg. Wakinyan het van trem verander en hy is een wa weg van Foos, in ’n goth-themed wa. Sy houding het verander. Vroeër het hy teruggehang teen pale, sy arm om mense gehad; nou staan hy regop, naby aan die deur. Hy’t steeds ’n drink in sy hand, maar sy sips doen niks aan die twee vinger hoë inhoud nie.

      No One’s Ark se stasie kom en gaan. Die Greenhouse ook. Op die rand van die Discovery-woonbuurt klim ’n gros mense uit. Onder hulle is Wakinyan. Foos wag tot net voor die deure toegaan.

      Wakinyan het die verligte pad verlaat wat na die middel van die woonstelblokke lei. Hy’s op pad na die buitemuur. Met die Greenhouse op hul linkerkant, beweeg Foos agter hom aan verby twee woonstelblokke en BioG:E. Wakinyan draai tussen die BioG en die muur na regs. Dis stikdonker en Foos val terug. Sy eie oog-tech is outdated – met sy plat oë kan hy nie die MecLenses dra nie; soos die No One’s Arker aantrek en operyt, mag hy dalk die plaklense met night vision hê.

      Toe Foos by die hoek van Blok E kom, is Wakinyan weg. Hy’t ingedraai tussen Blok E en F. Foos kyk na die twee ingange aan die kant van die geboue. ’n Mens het ’n inwoner-Pulse nodig om in te kom. Hy mik in die rigting van die hoofingange.

      In die ingangsportaal na Discov Blok E8 kyk Foos na die name op die skren. Hier en daar herken hy ’n van, maar niks konnek in sy kop nie. Hy kyk op sy Pulse. Dis reeds drie minute vandat hy Wakinyan laas gesien het. As hy nie gou speel nie, verloor hy hom heeltemal.

      Hy drafstap na Blok F1 se ingang. Sy oë sky oor die name. Iets konnek: Couis Smeg, a.k.a Obees. Die laaste man met surplus vet in Meconium. Die enigste een met diabetes. Hy’s ’n legende. En Foos moes sy file update as deel van Dick se tweejaarlikse opcheck op LateEntry-lede. Daar was niks suspies in die afgelope twee jaar nie, maar hy’s in die vroeë 70’s skuldig bevind aan die besit van onverklaarde saad toe hy van ’n FindItFirst mission af teruggekom het. Roosgeurmalvasaad.

      Flat 3, vloer 4. Foos begin met die trap ophardloop. In die gang drentel hy, sy oë halftoe, halfdronk. Hy slinger na die deur van Flat 3 en leun teen die deurkosyn om iets uit sy skoen te haal. Binne is twee mans aan die praat. Foos kyk oor sy skouer en druk sy oor teen die deur.

      “Jy weet, hierdie forty days in the wild het my baie gekos. Baie monde wat ek moes koop. En die opbrengs was swak. Ander het ook hier ingeloop met eise, gedog hulle het kosbare goed gevind.”

      “I’ve got other buyers.” Dis Wakinyan. Die stem van die voice note.

      “Maar: Ek het van die begin af vertroue in jou gehad.” Dit moet Obees wees. “En toe jy die langste wegbly … Ek is opgewonde om jou vonds te sien.”

      “Blood transfusion before Specimen of the Year and perfume …”

      “En?”

      “When I’m over my prime, you help me get away. Me and my girl want to go to Skandinawië.”

      “Dan sal dit baie van die regte goed moet wees,” sê Obees.

      “Couis.” Dis ’n derde stem. Obees se crony? “Die late-night screening begin oor ’n halfuur en ek wil goeie seats kry. Sound of Music is altyd chockablock.”

      ’n Asem word skerp ingetrek.

      “Langerhans!” sê Obees. “Langerhans, dis die kapsules!”

      “Halleluja!” Langerhans se stem styg, maar hy klink nie regtig opgewonde nie. Hy klink ongeduldig.

      “Die vorige keer wat die saad in hierdie kapsules gekom het? Dit was soos ’n wonderwerk …” Obees se stemtoon verander. “Waar het jy dit gekry?” vra hy.

      “Place named Kiefmor slash Kylemor,” sê Wakinyan.

      “Is daar nog?”

      “I’ve got more. First the deal.”

      “Dis nie ’n blanko transaksie nie. Ek laat die saad eers ondersoek.”

      “For this packet: blood transfusion before Sunday’s event and a bottle of your finest perfume for my lady. If you’re happy with the result – we can make a deal for the rest.”

      “Dis dieselfde? Al die koeverte?”

      “My friend thinks so.”

      “Goed,” sê Obees. “Langerhans sal jou môre kontak.”

      ’n Stoel skuif. Foos wil begin beweeg, maar dan hoor hy weer Wakinyan se stem.

      “This is useless to me, but I thought you might appreciate it more than that Dick Jones. It’s not a cookbook, but it might look good on your shelf.”

      “Kyk nou net, Langerhans …”

      Voetstappe.

      Foos hardloop om die hoek en duik by ’n Cleanbot-kas in. Hy kyk op sy Pulse. Die late-night screenings begin gewoonlik 21:30. Dit beteken hy sal nog so vyftien minute moet wag om veilig te wees.

      Hy pulsepost vir Dick. Dick laat weet terug:

      Sit jou Pulse op discreet automatic answering en hou by jou oor.

      ’n Paar sekondes later kom Dick se stem gedemp deur.

      “As jy my hoor, blaas op jou Pulse se mikrofoon.”

      Foos blaas.

      “Jy is in die verkeerde Cleanbot-kas, maar ek gaan jou deur die steps praat en dan kan jy beweeg. Ek sal later verduidelik hoe dit so gekom … Anyway, daar’s ’n smart board wat nie heeltemal in die muur gesink is nie. Min of meer ooghoogte. Voel vir ’n knop op die boonste

Скачать книгу