Скачать книгу

bly steeds stil. Hy betaal vir elke part. Het selfs in Februarie ’n medical trial gedoen om sy inkomste aan te vul. En dis net in sy eie tyd wat hy aan Beauty werk.

      Die kind loop om die kar met sy vinger teen die deure, soos ’n skollie wat die klank geniet van sleutel wat verf afkrap.

      “No, I was just thinking. If you can’t deliver on the Skandinawië-deal. These wheels could be a backup,” sê Wakinyan.

      Dick lag. Hoe maklik maak die kind dit nie.

      “Ek’s ’n man van my woord. As ek gesê het ek sal probeer om jou en jou meisie op die Skandinawië-program te kry, sal ek. Maar moenie jou eie asshole plug nie. Ek’s nie een van jou groupies nie. Ek het vir jou verblyf by die kliniek op Kylemor gereël. Wat sal jou groupies daarvan dink? Just deliver, soos enige goeie Meconite sou,” antwoord Dick.

      “I’m not a Meconite. We’re just …” Die kind se kaak maak twee hoeke onder sy ore.

      Dick verslap. Slegte move van sy kant af. Hy was van die begin af teen die Human Genome Project, en nou het die jonger man die regte kaart gespeel.

      “Gaan jy Atrem parties toe?” vra Dick.

      Wakinyan lig sy skouers. “Yes.”

      “Kom jou outfit van die Issue rails af?”

      “No.”

      “Wel, kom ek sê jou: Elke liewe tiener in die skierland sal ’n maand lank skyt om na daai parties te gaan. En jy gáán. In ’n moerse duur Revempire outfit. You’re as Meconite as ‘not-Meconite’ can be.”

      Dick maak die Ford se boot oop en uit ’n klein koelhouer grawe hy twee bottels uit klam grond. Hy vee dit teen sy gholfhemp af, draai die doppies af en gee een vir Wakinyan. Naaste aan good cop wat hy kan kom.

      “Dié kry mens nie in Meconium nie. Net die Hardekralers kan só brou.”

      Wakinyan ruik en vat ’n sluk. “Kylemor had stuff that came close,” sê hy.

      “O?” Hy draai sodat hy die jong man in sy oë kan kyk. “Wat het jy nog daar ontdek?”

      Wakinyan haal ’n koevert onder sy hemp uit, skud dit naby Dick se oor, en gee dit aan.

      “Is dit …?”

      Wakinyan knik.

      Die donnerse skroewedraaier bewe effens voordat Dick die punt by die kant van die koevert ingestoot kry. Versigtig skeur hy een kant oop. Ses of sewe sade. Verskillendes. Hy rol dit rond om te kyk of hy van die saad kan identifiseer.

      “Koljander,” sê hy. Die reuk van braaivleis kom lê in sy ore: sy neefs wat hom jaag met watergewere gevul met pie; sy ouma wat roep dat hulle die vetplante moet spaar; sy oupa wat die speserye oor die tjops maal. Hoe koljander gesmaak het, ontgaan hom.

      Dick maak die koevert toe. Hy moet fokus.

      “Waar kry jy dit?”

      “Took some detective work. Woman who worked at the clinic took a liking to me.” Hy lig sy wenkbroue. “Just had to do her a few favours, and she sourced it from the tentedorp.”

      “Waar kom die detective work in?”

      “Had to find the right candidate to charm.” Hy lag.

      Hy lieg. Dick ken jeug. Hy wil brag oor detective work, maar hy wil nie die volle storie vertel nie. Plaas hy speel net dom.

      “Wat’s haar naam?”

      ’n Pouse.

      “Wia. She’s the dust curber.”

      Dick vra nie verder nie. Hy hou van valse leidrade. Hy het ’n audio clip van voor die veertig dae in die boendoes waarin hy vir Wakinyan sê dat hy wat Dick is sy veertig dae kan vergemaklik; dat Wakinyan in Kylemor moet uitluister vir enigiemand wat ’n woord sê oor saad of plante. Nevermaaind die Specimen officials; die idee om sy fans so in die steek te laat, sal die seun laat praat as dit daarop neerkom. Maar vir nou is die leidraad ’n uitdaging. Hy vat die leë bottel by die seun.

      “Thanks,” sê Dick. “Ek sal opvolg, oor dié Wia. Dalk moet jy weer Kylemor toe gaan.”

      “No,” sê Wakinyan, maar sy stem is dun en sy oë is groot.

      Dick wonder of Wakinyan ook die gevaar gesmaak het? Want wat hy nie vir die kind gesê het nie, is dat die vorige saadspioen iewers rondom Kylemor van die radar af verdwyn het. En hy was ’n properse recce wat geken het van die dood sidestep.

      Dick kyk op sy Pulse: 18.20. Hy pulse vir Foos.

      “Ek het jou hulp nodig,” sê hy. “Is jy al by die Atrem parties?”

      “Nee. Ek gaan nie …”

      “Waar’s jy?”

      “By MaJo’s,” sê Foos.

      “Begin solank beweeg. Jy moet ’n ou spoor. Hy’s op pad uit die Herwinaanleg. Sy naam is Wakinyan. Laasjaar se Specimen of the Year-wenner. Soel vel, dik swart hare tot op sy skouers, vanaand in ’n ponytail. Dra Revempire jeans met camo patches. Backpack op sy rug. Ek stuur vir jou ’n foto en ’n voice clip.”

      “Waarheen is hy op pad?”

      “Hy gaan na die parties, maar ek wil weet wat hy voor of na die tyd maak. Dis seed related.”

      Foos reageer nie dadelik nie.

      “Sal jy my updated hou?” vra Dick.

      “Ja. Ek is nou naby die hoek tussen die Temp se kwartiere en Gai-flats.”

      Toe Dick die Pulse dooddruk, onthou hy van die intelingsaak. Dis hoekom Foos nie lekker klink nie. Die uitslag was ’n fokop en Foos se vriendin is twee uur se stoffasie opgelê. Hy bring sy Pulse nader – moet hy eerder die seun afgee? Maar wie vra hy dan? As hy ’n MecSec kry, moet hy later aan die Sec Centre verslag doen.

      Hy tik ’n pulsepost vir Salt: Leidraad gekry. Sal teen 20:00 op kantoor wees as jy update wil hê.

      Salt se pulsepost kom binne sekondes deur: Dogter verjaar. Praat môre. Smal het niks uit Jafta-vrou gekry nie.

      “Daai Jaftas,” brom Dick.

      Sy pad het in die laat 30’s met Momberg Jafta s’n gekruis, net voor hy Dick Jones geword het. Dis hoekom hy nooit self Kylemor toe gegaan het nie. Nou is Momberg Jafta dood en Dick uitgetree. En die Jafta-vrou is net so toehand en toebors soos haar man was.

      * * *

      Foos is binne ses minute ná Dick se pulse by die hoek van Food Sciences. Tussen hom en die Herwinaanleg is daar geen beweging nie; net die stof – twintig persent digtheid volgens sy Pulse. Dit het afgeneem sedert die middag. Parties word op die Inner Atrem line gehost, wat beteken dat Wakinyan op een van vyf Atrems kan wees, elk met vyf waens.

      Die ligte teen die geboue en Atrem lines gaan aan. 18:30. Hy begin drentel na die KhayaGaia-stasie. Toe hy onder die trem-line deurloop, snel ’n Atrem tien meter bo sy kop verby. Dit gee hom tien minute voor die volgende trem.

      Daar is rondom twintig jongons op die platform. ’n Hele paar dra kostuums – hoede en maskers – maar die meeste het weathergear aan. ’n Ou op sy hurke vat ’n diep teug lug deur sy neus en sê: “Weather trumps fashion.” Hy klamp sy mond toe en vat weer ’n teug deur sy neus.

      Foos glimlag en knik. Hy leun terug teen die muur en begin die mense deurkyk. Nege maande gelede sou hy voor hom op die grond gestaar het met sy oorfone in. Toe kom sy tydblok by Saadbeskerming en sy internskap by Dick Jones. En die man oortuig hom om saans Complex Systems: Survival, Intel and Data by die Fort te doen. Die fynere goed het Dick Jones hom self geleer. Hoe om met al jou sintuie te kyk. Hoe dit soms later belangrik kan wees dat jy weet dat die ou met die beertjie-backpack een of ander substance aan die meisie met die pienk boots verkoop het, al wag jy vir ’n Wakinyan wat op die oog af niks daarmee te doen het nie.

      Die geraas van die volgende

Скачать книгу