Скачать книгу

snikke uit.

      Eshel Naidoo kyk verbouereerd na haar asof sy die wrak van ’n skip is wat op sy lessenaar uitgespoel het. “Do you have some tissues, Adesha?” vra hy en ry op sy wieletjiestoel na sy buurwerker. Hy beduie met gespanne oë dat Adesha eerder die situasie moet hanteer.

      Adesha Nazeer is ’n tingerige jong vrou met lang arms en lang bene en raafswart hare. Haar geheimsinnige donker oë neem die grootste deel van haar gesig in beslag. Dit lyk of sy Eshel se suster kan wees. Adesha kruip met spinnekopbewegings uit haar stoel en begin dan met die erns van ’n noodhulpwerker in haar laai rondgrawe.

      “I don’t have any tissues, but this should do.” Sy bring twee Wimpy-­­servette te voorskyn en sit dit voor Selma neer. “Can I bring you some tea with sugar? It will calm you down.”

      “Thank you. I’m so sorry,” sê Selma en droog haar oë af. “I hardly ever cry . . . specially in a public place.” Sy snuit haar neus hard in die servet.

      “No problem. Sometimes a good cry is like good medicine – a fresh river that cleans the soul,” sê Adesha.

      “Okay, I will take over again,” sê Eshel. “Looks like she has stopped crying.”

      Adesha gee Eshel ’n betekenisvolle kyk en dan ’n speelse stampie. “You can’t book the lady a ticket when she is in this state, Eshel. You first have to look at her heart before you choose a destination. Move to my seat. Let me handle this.”

      Eshel sluip weg met sy stert tussen sy bene en groet die paartjie wat voor Adesha se lessenaar sit.

      “How can I assist you?”

      “Ons wil Perth toe gaan,” sê die man en vrou gelyk. Albei het ’n underbite en matching Trafalgar-keppies, merk Selma.

      “Could you repeat that in English, please?” vra Eshel. “I don’t follow Afrikaans.” Hy roep iets in ’n onverstaanbare taal na Adesha wat hom terugantwoord.

      “Ai tog,” sê die man deur ’n gleufie in sy baard in Selma se rigting. “Al hoe minder mense wat jou in Afrikaans kan help in jou eie land.”

      Adesha sit ’n koppie tee en ’n Lemon Cream voor Selma neer. “I added three sugars,” sê sy vriendelik. “So how can I be of help? Where would you like to go? Europe, Asia, North America? Eastern Europe?”

      Selma staar verwilderd na die tee en Lemon Cream. So baie lande op een aardbol. Sy begin die maskara onder haar oë afvee met die tweede Wimpy-servet. “I really don’t know.”

      “Maybe China . . . or Japan? An exotic island destination like the Seychelles?” vra Adesha hoopvol.

      “I don’t know.”

      “Are you in trauma?” Adesha se steenkool oë delf diep in hare asof sy brokkies inligting probeer uitgrawe. “Did you lose someone close to your heart?”

      “Yes.” Selma byt aan die Lemon Cream. “But I lost more than that. I lost something I believed in. I lost my faith in the goodness of man­kind.” Sy kou die Lemon Cream met vinnige bewegings.

      “That is very bad,” sê Adesha. “I have also been there . . .”

      “So which destination would you recommend to one who has been completely disillusioned? Which journey will restore the soul that has been betrayed, raped and beaten up by somebody posing as a lover and a friend in Christ?”

      Die underbites draai onthuts om toe hulle die woorde “raped” en “Christ” hoor. Adesha maak ’n simpatieke klikgeluid met haar tong.

      “Nie almal van ons is so nie,” sê die man en druk aan sy Trafalgar-­kep. “Ons is nog ouskool.”

      Selma glimlag floutjies. Sy haat dit om in die openbaar so ’n melo­dramatiese spektakel van haarself te maak. Sy hoop maar hulle emi­greer na Perth.

      Hoe moet Adesha voel om in haar twee droewige grys oë sonder geloof of hoop te staar? Hoe pateties kan een vrou wees?

      Dalk moet sy maar die pad na haar finale bestemming oorweeg, eerder as om ’n enkelkaartjie na nêrens te koop. Baie minder geld en moeite. Dalk moet sy haarself sommer net skiet en klaarkry, dink sy terwyl sy aan die suurlemoenversiersel tussen die twee beskuitjies lek. Probleem is net: sy besit geen wapen nie en sy gril vir bloed.

      Dan maar eerder van ’n gebou afspring – maar sy ly aan hoog­te­vrees en ken ook nie baie hoë geboue sonder sekuriteitshekke nie. Om na die Ponte-toring buite Hillbrow te ry is ’n hoë risiko in vandag se politieke klimaat. Sy mag dalk beroof of vermoor word op pad daarheen.

      Beste opsie is seker maar om ’n hand vol slaappille af te sluk met ’n dubbel-gin en tonic. Maar sy besit niks sterkers as Disprins in haar noodhulpkassie nie. Haar kalmeerpille is feitlik op. Sy sal eers weer ’n voorskrif iewers moet aanvra . . . En wat as sy daarna steeds wakker word? Volgens navorsing is die drink van ’n oordosis slaap­pille meer ’n noodkreet as om werklik koebaai te wil sê vir die lewe. Dit sal haar tot die dood toe verneder as sy dit moet oorleef.

      “Sorry for wasting your time.” Selma snuit weer haar neus en from­mel die servet op. “Thank you for the tea. And the Lemon Cream.” Sy pak die inhoud van haar handsak terug asof sy haar verlore varkies probeer terugpak in haar skedel.

      “Baai,” sê sy en knik vir Eshel. “Geniet Perth,” sê sy vir die Trafalgar-­keppies terwyl sy uitstap.

      “Kon die klomp hier jou darem verwys na ’n mooi plek wat jou ’n bietjie kan opbeur?” vra die vrou. Haar underbite is vol afwagting.

      “Watter bestemming sou jý aanbeveel vir ’n Afrikaanse vrou wat totaal ontnugter is?” vra Selma.

      “Ag, Mauritius kan dalk lekker wees. Daar is gelukkig baie Suid-­Afrikaners om jou geselskap te hou as jy dalk lonely raak.”

      “Nee, ek soek nie geselskap nie. Juis nie. Ek het ’n alleenreis nodig.” Selma trek haar skouers terug en stap deur die glasskuifdeur van Flight Centre.

      “Ons geniet jou op TV!” roep die vrou. “Dit is mos jy, nè?”

      “Nee,” lieg Selma. “Baie mense verwar my met haar.”

      ’n Dun seekat-arm trek haar terug in die Flight Centre-kantoor. “Wait!” sê Adesha. “I have the right destination for you. One that will change you forever. One that will restore what has been lost.”

      “Where is this destination?”

      “India.”

      “India? You want to send me to a country of chaos to restore order in my soul?”

      “Yes.”

      “All by myself?”

      Selma sien in haar verbeelding hoe sy in die bloedige hitte haar pad probeer oopveg deur ’n veelkleurige see van mense, bokke, beeste, olifante en ape in die oorbevolkte strate van Indië sonder om ’n woord Hindi of Marathi te verstaan. Mauritius klink ewe skielik glad nie na so ’n slegte keuse nie. En dis net vier ure per vliegtuig.

      “I will organise a special guide for you. My very own cousin, Mohamed Singh. Very respected man.”

      “Mohamed Singh?” vra Selma. Die naam lui ’n dowwe klokkie iewers in haar geheue.

      “Yes, Mohamed Singh. He takes only very small, selected groups into the heart of India. Let me speak to him and I will give you a call later.”

      * * *

      Selma sit geskok haar selfoon op die marmerkoffietafel neer. Sy stap op en af deur haar luuks gemeubileerde sitkamer in Saxonwold. Sy skink ’n glas pinotage en gaan sit op die sagte roomkleurige bank om tot verhaal te kom. Haar twee beagles, Boelie en Bella, kom lê by haar voete. Sy het albei se onverdeelde aandag.

      “Ek dink ek het hom reeds ontmoet . . . die toergids wat Adesha aan­beveel

Скачать книгу