ТОП просматриваемых книг сайта:
Kleur kom nooit alleen nie. Antjie Krog
Читать онлайн.Название Kleur kom nooit alleen nie
Год выпуска 0
isbn 9780795707797
Автор произведения Antjie Krog
Жанр Зарубежные стихи
Издательство Ingram
soos jy my rugstring afknabbel
hoe bring ek jou hier lief
tot langs die groot rivier
dat ons die later jaar se brak en bitter
weer tot liefde sedimenteer?’
die bokke kom huis toe
kort wolwit watervalle stort uit die bome
teen die laatmiddagstof
lammertjies en staning en bokbaarde
straaltjies pis en kantige kutteltjies
soos diamante het ook die drolle vorm hier
twee tepeltjies, deurgeknielde knieë
waar hulle gewei het laat hulle poep vannag
die horinkies soos verhoringde vlerkies
wat sou kon wees die ene engel
buitendeur loop Joseph en preek
doer op die kop staan hy en arms waai
sy stem kom in tekste na ons aangewaai
Joseph preek vir die klippe die klowe
vir die rivier gaan sing hy
vir die bokke die nag bid hy
‘die kind steek my so in die skanne,’ sê oom Jakobus
‘’n kleur kom nooit alleen nie,’ sê sy
toe die rante teen skemer losraak en wegval in blou kantvalle
die plooiings omsit in vuur
en amber
die rivier verstil tot weerkaatsing
dit raak voeltyd en voëltyd
deur die geweld van kleur en riet
vlieg ’n reier stil die vallei af
bontrokkies kuifkoppies sysies
bondel in tossels op die grasbank langs my tent
die berg bêre sy klip in die water
jong oker en goud en rooi wat opdryf uit die nagkoelte
daar’s ’n trilling van klip en rivierwilgers en riet
’n duif in die krans val verskrik in klank
die lug raak skulp
agter die nagdonker berge is die son raakgesny
en begin die wit lug deurbloei
ek slaap op die wal van Die Rivier
die hele nag vloei dit stil en breed by my verby soos bloed
uit ’n wond – bokant lê die gruis van sterre
maak die nag haarself oop –
dadelik is kleur die oerkluts kwyt
II
WONDWEEFSEL
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.