Скачать книгу

ion>

      

      SIRKUS

      Irma Venter

      Human & Rousseau

Hierdie een is vir Nina, Jacques en Katherine

      Hoofkarakters in dié roman, in alfabetiese volgorde:

Adriana de Klerk is die eienaar van die restaurant Crow’s Feet in Sandton, Johannesburg. Saam met haar vennoot, Zenani, bestuur sy ook verskeie skuilplekke vir vroue in nood.

      When I lock eyes with a stranger on Johannesburg’s streets, there is a flicker, a flash of communication, so fast it is invisible, yet so laden that no words might describe it. This stranger may be a man in a coat and tie, or a woman who wears the cotton uniform of a maid, or a construction worker stripped to the waist. Whoever he is, he clocks me as I pass, and reads me and my parents and my grandparents; and I, too, conjure, in an instant, the past from which he came. As we brush shoulders the world we share rumbles around us, its echoes resounding through generations. He may look at me with resentment, or longing, or with the twistedness that comes with hating; he may catch me smiling to myself and grin. I am left with a feeling, both sweet and sore, that I am not in control of who I am. I am defined by the eyes that see me on the street. I cannot escape them. I cannot change what they see. We may one day fight one another or even kill one another, yet our souls are entwined because we have made another. I cannot get that on Port Meadow. I can take in the washed-out light and the expanse of green and I can feel melancholy or light or get lost in private thoughts. But the people who pass are wafer thin. I cannot imagine who they are. It doesn’t matter enough. There is too little at stake. I am in essence alone.

      – “Why I’m Moving Back To South Africa”, BuzzFeed, Jonny Steinberg, 18 Februarie 2015

      ADRIANA

      1

      Londen, April 2001

      “Jy’s laat.” Ek skuif my handsak na my voete sodat Boris op die stoel langs my kan sit.

      “Jammer. Die bobbies loop dik buite. Daar’s een of ander bar fight hier naby.”

      Sy Oos-Europese aksent sny stomp deur die Afrikaans, maak die sinne grof en stadig. Hy maak sy serp los en gee dit saam met sy swart jas vir die vrou wat hom van die jazzklub se voordeur af gevolg het.

      My oë soek na syne in die gedempte lig. Het hy goeie nuus?

      Hy vee sy kuif uit sy gesig en trek sy skouers op asof hy koud kry. Fyn druppels blink in sy swart hare en op sy massiewe hande. Dit reën seker buite; dis moeilik om te sê in Ronnie Scott’s se klankdigte stilte.

      Die vaas met die enkele rooi roos wankel toe sy knie teen die tafel stamp. “Wie’s vanaand op die verhoog?”

      “Louis Hayes en die Bobby Wellins-kwartet.”

      “Ken hulle nie. Wens dit was Ella.”

      Soos altyd gebruik hy min voornaamwoorde. Seker verstaanbaar as Afrikaans jou derde taal is en jy dit haat om foute te maak.

      “Jy was vier jaar oud toe sy hier gesing het, in 1974,” sê ek.

      Hy haal ’n koevert uit sy baadjiesak en sit dit op die tafel neer.

      Ek beduie vir die kelnerin om te wag. Ek het al genoeg wyn gedrink.

      My hand huiwer op die bruin papier. Ek is skielik bang om te weet.

      Hy probeer my gerusstel. “Ek’s omtrent seker dis sy.”

      Ek stry teen die emosie wat in my opstoot, onderdruk die begeerte om oor die litteken op my wang te vee. Speel eerder met die naaldekoker wat silwerblink om my nek hang. Wag tot ek kan opkyk sonder om te wys hoe ek voel.

      “Hóé seker is jy?” Alles in die lewe is relatief. ’n Wetenskap van min of meer, van miskien en dalk. Dis omtrent al wat ouer word mens leer.

      Boris weet nie hoe om vals beloftes te maak nie. “Negentig persent.”

      Dis beter as wat ek verwag het. Negentig persent is baie. Tien persent soms ook.

      “Waar is sy?”

      Die skerp adamsappel, gevang tussen die lang, gespierde lyne van sy nek, beweeg onrustig. Alles aan hom is fiks, waaksaam en gefokus, soos dit ’n te maer bokser betaam. Een wat die houe vat tot sy opponent moeg in die kryt rondtrap en hy ’n linkerhaakhou gee wat veel groter mans op hul knieë laat neersak.

      Ek het dit al sien gebeur, ook die keer toe sy tydsberekening uit was. Dis waar sy skewe neus vandaan kom.

      “Sy’s waar jy gedink het sy sal wees.” Hy beduie met sy ken na die koevert. “Dis als daarin.”

      “Dankie.” Ek sit die koevert in my handsak en wink die kelnerin nader. “Wat skuld ek jou?”

      “Niks nie.”

      “Ek sal R30 000 na jou rekening oorplaas.”

      Hy knik net. Ons al twee weet hy sou dit verniet gedoen het.

      “Weet iemand van jou navrae? Weet sy? Hy?”

      “Sy vermoed niks. En hy’s nog steeds waar hy hoort, so as iemand stories aandra, sal dit niks help nie. Maar ek moes ’n paar rekords aanvra, ek kon nie anders nie.”

      My hand skiet op na die naaldekoker. Ek keer myself betyds, knoop dit vas met my ander hand. Toets hom weer. “Hoe seker is jy sy weet niks nie?”

      “Nege-en-negentig persent.”

      Ek wonder oor die gewig van een persent.

      Hy staan op, asof hy weet ek wil alleen wees. Sit sy hande vlugtig in sy sakke om te kyk of hy alles het: beursie, sleutels, foon.

      Ek het vir sy duur pak betaal, maar die skoene is sy eie. Diksoolstaalpuntstewels, blink gepolitoer. Hy maak hulle elke aand skoon, kruisbeen op die mat van sy hotelkamer in die minder respektabele deel van Soho. Hy wil niks weet van my duur hotel in Suid-Kensington nie.

      Skoene is ’n goeie wapen. Inligting is die beste wapen.

      Hy bly huiwer by die tafel. “Wat gaan jy maak? Noudat jy weet waar sy is?”

      “Ek gaan seker maak dis sy. Dat sy veilig is.”

      “En dan?”

      “Is dit nie genoeg nie?”

      RANNA

      1

      Kaapstad, vandag

      “Dis ’n kleinerige huis, maar die kombuis is lekker groot. Die vrou wat die huis laat bou het, is mal oor bak.”

      Die eiendomsagent beduie by die voordeur in. Haar lang ligbruin hare wip met elke woord. Klipharde kuite onder ’n dowwe geel rok verklap dat sy gereeld fietsry, of met die honde, die kin­ders en ’n pedometer gaan stap.

      “Die erf is ook lekker groot.” Sy glimlag vir Alex, moeg om by my reaksie te soek. “Die huis het dalk bietjie werk nodig, maar dis hoekom die prys so redelik is, veral vir Durbanville. Die eienaar is haastig weg Kanada toe en was nie nog lus vir opknap­werk nie.”

      Alex haak sy sonbril voor by sy hemp in, beduie ek moet eerste stap. Hy stamp die stof van sy stewels af voor hy my volg.

      “Hierdie is die laaste een,” fluister ek. Wie kon dink huis koop is so moeilik?

      “Ek dink Hayley is ewe moedeloos,” kap hy terug, sy groen oë onleesbaar.

      Ek wil in die middestad bly. Ek hou van die geraas, die verkeer, die naglewe. Die léwe, in hemelsnaam. Die hartklop, die altyd-besig, die gedrang, die gesels in elke taal denkbaar. Hierdie plek laat my keel toetrek. Rye strate. Rye huise. Rye motorhuise. Tuine met grasperke en mak gesnoeide roosbome.

      Hoekom wil Alex hiér bly? Ek sal soveel makliker in die Kaapse middestad kan verdwyn as hier waar die bure net dalk koffie vir nuwe intrekkers aandra.

      Nice mense is moeilikheid. Nice mense is altyd nuuskierig.

      En hierdie huis is te groot. Wat maak mens met

Скачать книгу