Скачать книгу

      Dankie dat U steeds my Herder bly

      wat my uiteindelik veilig deur die pyn en swaarkry sal lei

      tot by die Vaderhuis.

      Amen

      Jou reddingsgordel

      I pushed against the pain

      the terrible sadness

      the dreaded despair.

      I said,

      “This is no way to live.

      Life is too short.

      To be victorious

      I will rise above the pain.”

      But loss said:

      “This is no way to live.

      Life is too short

      to pretend it doesn’t hurt.

      To be victorious,

      go through the pain

      toward the promise.”

      Susan Lenzkes – When life takes what matters

      7

      Swaarkry is onlosmaaklik deel van die lewe

      Geliefdes, moenie verbaas wees oor

      die vuurproef waaraan julle onderwerp word

      nie. Dit is nie iets vreemds wat met julle gebeur

      nie. Wees liewer bly hoe meer julle in die lyding

      van Christus deel, want dan sal julle ook oorloop

      van vreugde by sy wederkoms in heerlikheid.

      1 Petrus 4:12-13

      Dat daar vir jou lyding en swaarkry in die lewe voorlê, is ’n feit wat jy nie kan wegredeneer nie. Niemand kan deur die lewe gaan sonder om die een of ander tyd swaar te kry nie. Die mens is vir swaarkry gebore, en sy lewe is kortstondig soos ’n vonk wat opskiet, sê Job (5:7). Ook Jesus het onomwonde vir sy dissipels gesê: In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin (Joh 16:33).

      Tog maak hierdie swaarkry telkens dat ons God beter leer ken. Meer as een Bybelfiguur getuig ná die swaarkry dat die lyding vir hulle goed was. Dit was vir my goed om soveel te ly; U het my lief, U het my uit die dood gered; U het al my sondes vergewe, getuig Hiskia ná sy siekte (Jes 38:17). Ook die psalmdigter bely in Psalm 119:71: Dit is vir my goed dat ek swaargekry het, want daardeur het ek u voorskrifte geleer.

      Om in Christus te glo is nooit ’n versekeringspolis teen verpletterde drome of versplinterde verwagtings nie. Teleurstelling is onlosmaaklik deel van élke mens se lewe. Ek glo nie een oomblik dat God dit so gewil het toe Hy die mens gemaak het nie, maar die sondeval is ’n werklikheid. Die mens het sy eie kop gevolg, ondanks God se waarskuwing. En van daardie dag af tot nou toe was daar teleurstellings om te verwerk, krisisse om te hanteer. Tog mag ons God se liefde nooit meet aan die seerkry en swaarkry, aan die teleurstellings en terugslae in ons lewe nie. Sy liefde kan alleen gemeet word aan wat ons weet van Jesus, God se Seun wat sy lewe aan ’n kruis gegee het, wat van God verlate was, sodat óns nooit weer sonder Hom hoef te wees nie.

      Swaarkry is dikwels God se manier om sy kinders te laat “eksamen skryf”, sodat Hy kan sien hoe ver ons gevorder het op die pad van heiligmaking. Swaarkry laat ons God sien. Selwyn Hughes stel dit pragtig in Stemme van geloof: When life hits a Christian on the chin, it tilts his face upwards to look on the face of God.

      Sodra jy besef dat jou lyding die bewys is dat jy eendag sal deel in Jesus se heerlikheid laat dit jou met ander oë na die seerkry in jou lewe kyk. Want dit is ’n feit dat ons nooit só groei in geloof as juis wanneer ons swaar kry nie. Ons bid baie meer as gewoonlik. Ons erken ons afhanklikheid van God. Ons weet vir seker dat net Hy ons in ons swaarkry kan help.

      God sal en wil jóú ook help en bystaan wanneer dit vandag baie moeilik met jou gaan. Hou gerus vas aan sy beloftes: Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou … Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand, Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie, Ék help jou (Jes 41:10, 13).

      Here,

      dis vir my moeilik om te verstaan

      dat swaarkry onvermydelik deel van my lewe uitmaak.

      Dat U self sê dat ek nie verbaas daaroor moet wees nie,

      maar dat dit vir my ’n vreugde behoort te wees

      om in u lyding te deel juis omdat ek dan sal oorloop van blydskap

      wanneer U weer kom.

      Maar, Here, dis nie maklik om bly te wees oor krisisse nie.

      Hierdie swaarkry is besig om my onder te kry.

      Dit voel vir my asof ek nooit

      die swaarkry-eksamen gaan slaag nie.

      Dankie vir u belofte dat U by my is wanneer dit moeilik gaan:

      dat ek nie hoef bang te wees nie,

      dat U my sal versterk en help,

      dat U my sal leer hoe om te ly,

      dat U self my hand sal vat

      en my sal red soos U al so baiekeer in die verlede gedoen het.

      Doen dit nou vir my, asseblief.

      Amen

      Jou reddingsgordel

      Skoolgaan eindig nie wanneer die laaste eksamen geslaag is nie. Iewers op ons lewenspad verskyn daar leermeesters wat hierdie woorde op die skryfbord van die lewe skryf: “Leer hoe om te ly, want dit is die belangrikste van alle lewenslesse.”

      Francois Fénelon, in Maretha Maartens – ’n Geskenk van vertroosting

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RSuRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAkAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAlodpAAQAAAABAAAArAAAANgALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENDIDIwMTUgKE1hY2ludG9zaCkAMjAxNjowNTox MCAwODoxODoxMgAAAAADoAEAAwAAAAH//wAAoAIABAAAAAEAAAZAoAMABAAAAAEAAAoAAAAAAAAA AAYBAwADAAAAAQAGAAABGgAFAAAAAQAAASYBGwAFAAAAAQAAAS4BKAADAAAAAQACAAACAQAEAAAA AQAAATYCAgAEAAAAAQAAE3AAAAAAAAAASAAAAAEAAABIAAAAAf/Y/+0ADEFkb2JlX0NNAAH/7gAO QWRvYmUAZIAAAAAB/9sAhAAMCAgICQgMCQkMEQsKCxEVDwwMDxUYExMVExMYEQwMDAwMDBEMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMAQ0LCw0ODRAODhAUDg4OFBQODg4OFBEMDAwMDBERDAwM DAwMEQwMDAwM

Скачать книгу