Скачать книгу

noem . . . as ek dit

       reg verstaan . . .

       as dit meen dat die

       oortreder die man

       wat Christopher

       Piet vermoor het as

       dit meen dat hy weer

       menslik word hierdie

       man sodat ek, sodat

       almal van ons ons

       menslikheid kan

       terugkry . . . dan

       stem ek saam dan

       ondersteun ek

       dit

      eksposisie: mnr Barnard het sy menslikheid verloor hy

      kon moor omdat hy nie langer menslik was nie

      om hom te vergewe open die moontlikheid vir hom

      om volkome te verander en sy menslikheid te herbekom

      om haar seun te ontbeer het vanselfsprekend

      ook haar eie menslikheid geaffekteer

      indien die moordenaar ontbrand deur vergifnis begin

      om te verander en sy mede-menslikheid te herwin

      open dit vir ons almal die moontlikheid

      om te begin uitreik na ons eie volle menslikheid

      maw ek vergewe jou sodat jy kan

      verander hier heel word hier

      sodat ek my eie interverweefdheid-tot-samehang kan

      herstel om my volle mensheid reeds op aarde te vier

      teen-eksposisie: mnr Barnard verstaan nie vergifnis so nie

      hy glo aan die individu en dat net Jesus hom kan vergewe

      met ’n vergifnis wat hom ’n nuwe mens in die hiernamaals maak

      amnestie is bloot ’n wetlike proses want moor was ’n opdragsaak

      met dieselfde verbystering wat hy ongevraagd vergifnis ontvang

      het ontvang hy nou die woede en wrok van mense wat sien

      dat hy nie verander nie dat hy nooit sal verander nie

      omdat hy nie verbonde aan hulle voel nie en hulle besef

      hulle het vergeefs interverbondenheid probeer inweef in

      die concrete bunker wat in mnr Barnard se witheid leef

      mirakel

      ek behoort aan hierdie land

      dit het my gemaak

      ek het geen ander land

      as dié land nie

      mateloos is my liefde vir die land

      verwikkeld gehard en onomwonde

      ek glo nie aan wonders nie maar

      die vreedsame vrymaking van my land

      was ’n wonder – onkant en lighoofdig bly

      dit my by die weergaloosheid bly my by

      ek weet die land wat nou in proteste brand is

      eenmalig gefabriseer uit hoop – dit bly my by

      selfs terwyl alles skrompel te kort skiet in

      duie stort sneuwel ’n bespotting word – soos

      sand sif die oomblik wat as pendant vir wraak

      ons eenmaal gegun is tussen ons vingers weg

      ek behoort aan hierdie land

      dit het my gemaak

      ek het geen ander land

      as dié land nie

      prikkelbaar beledigd vermors ons mekaar

      en vergiet strafloos mekaar se lewens

      ons wou ’n toeverlaat skep vir die armes die gewones

      die helde die lieflikes die talentvolles die verminktes

      maar ons begraafplase slik van infeksie-geïgnoreerdes

      vermoordes verkragtes hartgebrokenes

      ek weet my land is eenmalig

      gefabriseer uit hoop – dit bly my by

      terwyl ons luister na die waaiergeluide

      van ons leiers gortdor van niksheid

      mateloos is my liefde vir die land

      verwikkeld gehard en onomwonde

      ons is besig om die prooi van onsself te word

      vasgevang in hebsug en ’n onvermoë tot visie

      ons het geen benul meer van hoe om anders te wees as

      gewelddadig en angstig, as brutaal teenoor mekaar nie

      ek behoort aan hierdie land

      dit het my gemaak

      ek het geen ander land

      as dié land nie

      mateloos is my liefde vir die land

      verwikkeld gehard en onomwonde

      ek glo nie aan wonders nie maar

      die vreedsame vrymaking van my land

      was ’n wonder – onkant en lighoofdig bly

      dit my by die weergaloosheid daarvan

      bly my by

      (na David Grossman)

      Vrou Justitia geblinddoek

      1.

      die broek is oopgezip, die ereksie du

      Vrou Justitia lê op die vloer – deur mans

      gepen wat verbete in die slordige leem

      van hul gewetes rondgrawe om

      te verbaliseer dat sy gesoek het

      daarvoor, sy tart mos:

      belusting stu dus regverdiglik

      deur die President se dubbelkiel-

      kulkop. maar ágter die tablo is natuurlik

      ’n ander: een voet vas op goud, die ander

      dwars op grond terwyl die een

      hand vat, die ander klou, bengel by

      die wolbroek se oopknoopspou Heer

      Edelagbare Boerpiel, Hoogwelgebore

      Soutpiel en hul mater Welgestrenge Akkerpiel

      op dié tablo het die ergste reeds gebeur: bloed vlek

      onder die dye van Vrou Geregtigheid haar oë glasig

      niemand help haar op nie – tussen Vrou Geregtigheid

      se swye hier op die vloer en Vrou Geregtigheid se

      blindheid sloer meer as die onreg van drie eeue

      en die resep werk só:

      2.

      mens weet nie wie jy is nie mens

      voel in ’n voortdurende toestand

      van onrus van senustoring mens

      voel gedurig geweeg en te lig bevind

      mens voel te min waard om iets

      werd te wees die rede sien mens nie

      dus voel mens hoe nog minder mens-

Скачать книгу