Скачать книгу

bygekom nie.”

      “Waarom sou iemand dit wil doen?” Hy stap om die toonbank en kom maak homself op een van die gemakstoele tuis. Nick gaan sit oorkant hom.

      “Cut die bullshit. Weet jy hoeveel keer was jou sekuriteitskameras en alarm die afgelope maand af?”

      “Nee, ek weet nie, maar waarom moet ek vir ander mense cheap thrills gee?”

      “Ek gee nie om dat jy die kameras afskakel as jy privaatheid wil hê nie, maar sit die bliksemse goed later net weer aan, verkieslik voor jy gaan slaap. Veral dié op die trappe en stoep, én die alarm.”

      “Soms gaan ek nie slaap nie. En soms is ek lus vir thrills op die stoep.”

      “Sit hulle dan aan wanneer die thrills klaar is.”

      Nick voel hoe sy nekspiere al stywer trek. Dan gaan die hyser se deur oop en Gabriella stap in. Sy dra ’n nousluitende somerrok en haar donker hare hang los oor haar skouers. Hy kan nie help om ’n oomblik lank stil te bly nie. Dis duidelik dat sy net ’n klein deurtrekker dra, en geen bra nie. Haar soel vel gloei rosig. Hy het nie gedink dis al so warm nie, maar sy steur haar blykbaar ook nie aan die weer nie.

      “Hallo, my darlings.” Sy kyk na Nick, buk oor hom en soen hom op die wang. Sy vermoede dat sy net die nodigste onderklere dra, word bevestig. “En die frons?”

      “Jy is laat.” Hy beduie na die stoel langs Enzio. “Sit, sodat ek met jou ook kan praat.”

      Sy maak haar oë groot. “Is ek in die moeilikheid?”

      “Hy kla oor ons die kameras en alarms in die huise afsit.”

      Sy lag met ’n wye mond vir Nick. “My skat, ek gee nie om dat jý sien wat ek alles in my huis doen nie, maar dis nie vir almal se oë nie.”

      “Ek kan nie my werk doen as julle nie self verantwoordelikheid vir julle veiligheid wil dra nie. Julle kan ook nie meer so alleen rondry nie.”

      “Ken is nie lus vir stertjies nie.”

      “Ek werk vir jou pa, nie vir Ken nie. Ek is seker hy kan na homself kyk. My verantwoordelikheid is om julle twee veilig en uit die moeilikheid te hou.”

      Gabriella staan op, stap om die kroegtoonbank en kom met drie glase en ’n bottel Krug Grande Cuvée terug. “Al hierdie ernstige praatjies maak my dors.” Sy skink drie glase vol. Enzio neem ’n groot sluk van syne, kyk dan na Nick.

      “Drink die bliksemse goed, ek het duisende daarvoor betaal en sal nie vir my pa sê jy het aan diens gedrink nie. Jy kan so anal wees as jy tyd het.”

      Nick ignoreer hom. “Ons moet ook praat oor die skietery by Barkov se huis. Ek het met van ons mense in Johannesburg gesels. Jou naam is op Barkov se radar, en dit kan net beteken hy reken jy was op ’n manier betrokke.”

      “Waarom sal hy die Rus se huis uitmekaar wil skiet?” Gabriella kyk na haar broer. Hy skink sy glas weer vol.

      “Ek het jou al gesê dit was nie ek nie.”

      “Ek het nooit gedink jy het dit persoonlik gedoen nie. Maar het jy die opdrag gegee?” Nick sit effens vorentoe op sy stoel.

      “Ek het nie nodig om my besigheid met enigeen van julle te bespreek nie.”

      “Ek dink nie jy verstaan nie, en ek gaan dit nog een keer stadig vir jou probeer verduidelik. Jy wíl nie op Barkov se radar wees nie. Hy is nie bekend daarvoor dat hy onderhandel nie. Verstaan jy dit?”

      “Hy is ’n dom thug, en ek kan nie glo jy wil hê ek moet agteroor sit en toelaat dat hy maak asof die Kaap aan hóm behoort nie.”

      “As jy dan Superman is, waarom moes ek en Ken Kaap toe trek? Jy weet jy is nie ’n match vir die Russe nie,” val Gabriella hulle in die rede.

      “Is dit wat jou man sê?”

      “Ék sê so.”

      Allegretti se oë vernou terwyl hy na sy suster kyk. “As ek jy is, tel ek my woorde.”

      “Waarom is Ken skielik noorde toe?” vra Nick.

      Gabriella skud haar kop. “Ek vra hom nie al sy besigheid nie.”

      Nick sit weer agteroor. “Om terug te kom na julle sekuriteitsreëlings. Van nou af word daar nooit alleen gery nie, die kameras in die huise bly aan en indien dit moet afgesit word, word dit binne ’n uur weer aangesit. Ek is seker julle kan binne ’n uur doen wat julle wil doen. Die sekuriteit by die klub moet versterk word, en jy,” hy kyk na Enzio, “doen niks voor jy met my daaroor gepraat het nie.”

      “Van wanneer af werk ek vir jou? Jy is die hired hand wat moet sorg dat ek veilig is. Doen jou job, en ek sal myne doen.”

      “Dit is so, maar ek kan nie my job doen as jy op jou eie ’n oorlog ontketen en my nie daarvan sê nie.”

      “Ek het jou nie nodig om my dinge uit te sorteer nie. As jy jouself nuttig wil maak, sorg eerder dat Clara hier kom. Praat met Williams, of doen iets, maar sorg dat sy kan intrek.”

      “Nou is nie ’n goeie tyd nie. Kan jy nie ’n maand of drie wag sodat ons net eers kyk wat aan die gang is nie?”

      “Nee, ek gaan nie wag nie, en moenie eers probeer om weer met my hieroor te praat nie.”

      “Sê dan vir haar oom ons het alles onder beheer, en sal na haar kyk.”

      “Ek het daai een probeer, maar hy sê dis sy voorwaarde, anders kan sy nie kom nie.”

      “Ek het nie nou tyd vir vreemde mense onder my voete nie.”

      Gabriella staan op en kom sit op Nick se skoot. “Kom ons gaan doen iets lekkers. Ek het nie meer lus vir hom en julle boring praatjies nie.”

      Nick tel haar af, staan op en gaan haal vir hom ’n bottel water in die yskas agter die kroegtoonbank. Hy sluk die inhoud byna met een sluk weg. “Moenie moeilik wees nie.”

      Enzio staan ook op. “Ek moet gaan. Ek kry Clara by haar shoot.”

      “Jy ry nie alleen nie.”

      “Jy weet ek kan doen wat ek wil, maar omdat ek weet jy gaan stories by die ou man aandra, sal ek jou humour en toelaat dat Fritz bestuur, but don’t push your luck too far.”

      “Ek soek ten alle tye minstens twee mense by jou in die voertuig.”

      Toe hy uit is, stap Gabriella op die stoep uit, en Nick sien hoe sy haar rok oor haar kop trek en net met die deurtrekker in die swembad duik.

      Sy ereksie is so onmiddellik dat hy ’n oomblik lank lighoofdig voel.

      “Kom hou my geselskap,” roep sy toe sy aan die ander kant haar kop uit die water lig. “Ek sal nie byt nie.”

      “Ek moet ry. Daar is nog ’n paar mense wat ek moet gaan sien.”

      Sy klim uit die swembad en stap nader. Hy sukkel om nie na haar lyf te kyk nie.

      “My broer is besig om shit te stir.” Sy staan voor hom en skud haar hare agtertoe. Van die druppels spat op hom en hy verbeel hom hy hoor ’n sisgeluid.

      “Dan moet jy met hom praat, want hy is nie opgewasse vir Barkov en kie nie.”

      “Hy luister nie na my nie.”

      Die druppels blink op haar vel. Hy gaan haal nog ’n bottel water uit die yskas, en sluk dit ook weg.

      “Gabi, ek gaan nie in jou huwelik inmeng nie, maar jy moet dalk jou man ook waarsku om hom nie in dinge te begewe waarvoor hy nie opgewasse is nie.”

      “Ek gee nie regtig om wat hy doen nie.”

      “Hoe dit ook al sy … hy gaan moeilikheid optel, en dit gaan julle almal affekteer.”

      Sy gaan lê met haar klam lyf uitgestrek op een van die banke, en Nick wil byna hardop lag toe hy skielik aan sy ma dink. Hy kan nie besluit wat vir haar die ergste sou wees nie, die kaal

Скачать книгу