Аннотация

In Die wingerd sal weer bot bly Juliétte aan as wynmaker nadat sy van die plaaseienaar se onstandvastige seun Bertus geskei het. Ná ’n paar jaar keer Bertus se broer, Conrad, terug van oorsee om die bestuur van die plaas oor te neem. Daar ís ’n romantiese vonk tussen haar en Conrad, al ontken sy dit ook, maar daar is gerugte dat Conrad met die geitjie van ’n Susan gaan trou . . . In Liefde is ’n kleur sukkel Emma lank ná haar egskeiding steeds om haar lewe in orde te kry. ’n Vakansie in die Alpe bring egter nie rus vir haar siel nie, want daar loop sy haar vas in nie minder nie as drié mans wat almal haar hartsnare roer. Hoe gaan sy dié keuse maak? En in Brug van woorde is Magriet ’n aantreklike vrou wat alles het waarvan sy kan droom. Maar pleks van tevrede te wees, is sy sielsongelukkig, want haar huwelik ly onder haar man se sukses. Sy begin navorsing doen vir ’n artikel oor Afrikaanse internet-kletskamers, en ontmoet ’n baie gawe kletsmaat, ’n man wat haar só goed verstaan . . .

Аннотация

In ’n Heildronk op die liefde keer Nicolene terug uit Londen, en ontmoet weer haar jeugvriend Jacques. Hy het nog altyd maklik verveeld geraak met sy meisies en kort voor lank nuwe weivelde gaan soek; daarom wou Nicolene nog nooit ’n verhouding met hom aanknoop nie. Maar toe hy haar een aand onverwags soen, is die gort gaar . . .In Serenade vir ’n nagtegaal is sang Ann se hele bestaan, en haar sangdosent, Carl, is die liefde in haar lewe. Maar dan verbreek hy hul verhouding net wanneer sy op vertrek staan na Europa. En nou verskyn daar ’n donkerkop-man op die toneel wat haar letterlik oor haar eie voete laat val én geen deernis toon vir haar gekneusde ego nie…En in Hande wat heelmaak keer Libby terug na haar tuisdorp om as fisioterapeut te begin werk. Daar maak sy kennis met haar jong pasiënt, Nikolai, wie se ouers verongeluk het. Sy oom Andrew, ’n ortopeed, moet vir hom sorg. As tiener was Libby verlief op dié man… maar nou het hy so stug en afgetrokke geword. En tog, soms kan ou gevoelens teen die verwagting in herleef.

Аннотация

Ellie McKenna likes her new, quiet life in the countryside. She has time to reflect on the death of her dad, that fateful night at the police roadblock, and to recover from her physical and psychological scars – the result of her last mission. Here in her safe haven she even finds time to help out as church organist. But when they finally – inevitably – track her down, she knows that she'll need to find out who is looking for her, and why. The keenly anticipated sequel to Blindside.

Аннотация

South Africa has a rich and varied criminal community. The Italians with their mafia connections, the Chinese triads, the Nigerians, the Russians, Koreans, Indians . . . not to mention all the homegrown felons. Still grieving following the death of her dad, her guiding light and an honest cop if ever there was one, Ellie McKenna accepts a mission to infiltrate Cape Town’s dark criminal underbelly. She knows full well that in her line of work the brave often end up dead . . . blindsided by a faceless enemy. Wilna Adriaanse’s Blindside is the first of her novels to be translated into English, soon to be followed by its sequel, Endgame.

Аннотация

Ellie gewaar hulle in die truspieëltjie langs die orrel, die oomblik toe hulle die kerk binnekom. Sy herken hulle sonder dat sy hulle al ooit gesien het. ’n Oomblik lank is dit asof haar lyf ontspan. Onbewustelik het sy dalk tog verwag dat iemand haar in ’n stadium sal kom soek. Sy kyk hoe albei jong mans hul sonbrille teen hul voorkoppe opskuif, rondkyk en dan in die agterste bank gaan sit. Die dag toe Ellie McKenna haar huis in die Kaap verhuur het, haar motor gepak en begin ry het, het sy nie ’n plan gehad nie. Al wat sy geweet het, is dat sy eers moet wegkom. Sedert die aand toe haar pa by ’n padblokkade doodgeskiet is, was daar nog nie tyd om terug te staan en behoorlik oor alles te dink nie. Daar was werk om te doen. Sy wou aanvanklik uit die polisiediens bedank, maar op die ou end het sy ingewillig om eers net vir ses maande met mediese verlof te gaan. Nou is dit amper vyf maande later en sy stel die besluit daagliks uit. Sy hou van haar nuwe lewe op die platteland; die huis wat sy op die plaas huur, pas haar. Sy het ’n leidam waarin sy swem en twee groot bome waar sy ’n hangmat gespan het. Sommige aande help sy in een van die plaaslike kuierplekke en nou en dan tel sy haar kitaar op en sing laataand vir die vasbyters. Tot haar eie verbasing help sy ook nog sommer hier en daar op ’n Sondag uit as die kerk se orrelis nie kan speel nie. Daar is ’n verleidelike eenvoud aan haar lewe hier agter die Langeberge. Sy vul haar dae en die meeste aande met alledaagse dinge. Dis net wanneer sy nie kan slaap nie dat sy in die spaarkamer gaan sit, daar waar haar kaarte, diagramme en lyste teen die mure opgeplak is. Van name, datums, verbintenisse. Êrens in die web is die naam van haar pa se moordenaar. Sy moet net hard genoeg soek. Dit is die enigste kontak wat sy met haar vorige wêreld het. Die lyste en die rugsak met klere wat sy in die ou murasie weggesteek het. Sy is nie seker waarom sy dit gedoen het nie, maar sy weet sy het daarna effe rustiger geslaap. Terwyl sy hulle in die truspieëltjie langs die orrel dophou, weet sy dit was vir hierdie dag. En sy weet ook sy sal moet gaan uitvind wie haar soek, en waarom.

Аннотация

Hulle is almal in die land. Die Italianers met hulle Mafia-verbintenisse, die Chinese triades, die Nigeriërs, die Russe, Koreane, Indiërs, die hele lot, en dan natuurlik nog die plaaslike ouens ook. Niemand is hier vir die land en die Kaap se natuurskoon nie. Hulle het nie sentiment oor ’n politieke bestel of ’n reënboognasie nie. Geld is die enigste god wat aanbid word.
Toe Ellie McKenna instem om hierdie wêreld te infiltreer, het sy gedink sy weet waarvoor sy haar inlaat. Maar soos haar pa altyd gesê het, die duiwel deel nie visitekaartjies uit nie.
En nou is haar pa nie meer daar nie, en moet sy self besluit wie sy kan vertrou, en waartoe sy in staat is. Haar pa het ook gesê dis ’n job waaruit iemand dikwels nie lewend wegstap nie.
Wilna Adriaanse se Dubbelspel is die eerste opwindende deel van ’n beplande tweeluik.

Аннотация

Toe Kristina een aand nie huis toe kom nadat sy gaan draf het nie, bel haar twee huismaats die polisie. Hulle kry haar in die vroeë oggendure onder ’n bos teen die berg. Sy is by haar bewussyn, maar kan glad nie onthou wat met haar gebeur het nie. Daar is ook geen logiese verklaring vir die drastiese persoonlikheidsverandering wat sy sedertdien ondergaan het nie, en ten einde raad word die hulp van ’n psigiater ingeroep.
Ben Krige het ’n praktyk en kliniek op Stellenbosch, en wanneer Kristina oorkant hom plaasneem, is sy vir hom soos ’n labirint – vreemd en onbekend. Al wat hulle het, is woorde. Maar geleidelik breek woorde alle grense af, en uiteindelik bring die pad hulle by ’n bestemming uit – al lyk ’n bestemming soms anders as wat ’n mens jou dit voorgestel het . . .

Аннотация

Op vyf en twintig is Rebecca Fagan in besit van 'n regsgraad, 'n rugsak, 'n groot mond en baie guts. Sy het twee jaar lank druiwe gepluk in Frankryk, in Italië op 'n olyfplaas gewerk en in Duitsland was sy 'n kelner. Maar nou is sy terug in Suid Afrika en sy soek 'n “regte” werk. Verkieslik een wat opwindend is en 'n groot salaris betaal. Toe sy hoor dat Julian Hoffman, derde geslag erfgenaam van ‘n multibiljoenrand-maatskappy, op soek is na 'n persoonlike assistent, besluit sy om aansoek te doen. Maak nie saak dat die pos nooit in ‘n koerant geadverteer is nie. Wie nie waag nie, sal nie wen nie, is haar leuse. Rebecca wag hom dus een middag in in die maatskappy se parkeergarage. En stel haarself voor aan hom met die woorde: «Ek kan uitstekend organiseer en ek steel nie papier of skuifspelde nie.» En op haar T-hemp staan geskryf, I think therefore I am single. Vir 'n oomblik dink Julian dis die eerste April, maar hy leer baie gou dat Rebecca nie iemand is wat maklik moed opgee nie, en dat sy áltyd blatant eerlik is. Ná die tyd kan hy haar aanstelling nie eens aan homself regverdig nie. En Rebeccca? Rebecca kan nie begryp waarom sy jammer voel vir ‘n man wat dan alles het wat sy hart begeer nie . . .

Аннотация

Die fassinerende verhaal van ’n vrou wat in die laat vyftigerjare in Suid-Afrika gebore is. Gebeure soos die oproer van die sewentiger- en tagtigerjare en die ingrypende sosio-politieke veranderinge in die land dra by tot haar politieke bewuswording en belewenisse en laat haar dikwels vrae vra oor haar identiteit en plek binne die samelewing. Sy is ’n vrou wat vasgevang is binne die beperkings van ’n stelsel, maar met ’n versigtige blik op dinge soos die “tuislandbeleid”, die “expat”-generasie, moederskap, die lewe in Afrika en vele ander betekenisvolle aangeleenthede. Hierdie uiteenlopende invloede word deurlopend teen die agtergrond van haar witheid beleef. Die titel van hierdie fyn genuanseerde roman dui op ’n bewustheid dat haar storie maar net een van vele in hierdie land en op hierdie kontinent is.

Аннотация

As politieke fotojoernalis het Ester Green al met baie verskillende fasette van die lewe in aanraking gekom, en het sy in ‘n huis grootgeword waar sy geleer het die pen is ‘n magtige wapen. Sy is die dogter van Leon Green, ‘n Jood wat as jong man Suid Afrika toe gekom het en later een van die suksesvolste redakteurs van ‘n dagblad in die land geword het. Alles wat sy geleer het en alles waarin sy geglo het, word egter in een aand omvergewerp toe haar ouers buite hulle huis doodgeskiet word deur lede wat ‘n sindikaat wat deur Leon se koerant ondersoek is. Ester pak na die begrafnis haar tasse en trek Londen toe waar sy ‘n vryskut mode-fotograaf word. Sy verander haar klere, haar haarstyl en haar leefwyse en beplan om nie weer haar voete op die Afrika kontinent te sit nie. Twee jaar nadat sy die land verlaat het, bevind sy haar egter terug in Suid-Afrika vir ‘n mode-artikel wat in die Laeveld geskiet word. Hier ontmoet sy vir Samuel McGreggor, ‘n veearts van beroep, maar ook betrokke by ‘n verskeidenheid bewaringsorganisasies. Hy is ‘n gewilde spreker by kongresse en is raadgewer vir heelwat regerings- en nie-organisasies oor die onderwerp van bewaring. Hy is uitgesproke teen groot korporasies wat ekologies en humanitêr stompsinnig is en net na die balansstaat van hulle maatskappye kyk en regeringsamptenare wat hulle self verryk deur te maak of hulle nie bewus is van sekere vergrype wat aan die gang is nie. Samuel is onlosmaaklik deel van die kontinent en glo dat daar genoeg mense is wat ‘n verskil wil maak. Wanneer Ester hom leer ken, beskuldig sy hom daarvan dat hy naïef is en nie wil sien dat hy met ‘n hopelose poging besig is nie. Terselfdertyd fassineer sy geloof in die proses waarmee hy besig is haar en kan sy nie help om haar eie verbondenheid met hierdie land en sy mense te evalueer nie. Haar Joodse herkoms herken en verstaan die onlosmaaklike verbondenheid aan ‘n landstreek wat hard op sy inwoners is. Die pad wat sy moet loop om by aanvaarding uit te kom, is nie so maklik nie en in die proses verklaar sy eers oorlog teen ‘n kontinent en sy mense, haar ouers en broer en teen ‘n man wat nie wil aanvaar dat hy met ‘n verlore saak besig is nie. Maar Afrika is rooi grond word ook nie maklik uit ‘n mens se skoene geskud nie.